Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
God se wil 1 Tess 4:1-8 1. Ons is besig met ons reis oor God se wil. Ons het gese God se familie het reels soos enige ander familie. Gisteraand het ons gesien dat dit is God se wil dat ons goed sal doen – 1 Pet 2 – en dat ons teenstand sal vat, dit sal aanvaar – 1 Pet 3. Ons vind nie God se wil vir ons lewens deur ‘n Gideonvelletjie uit te gooi nie. Dis glad nie so ingewikkeld nie. Ons hoef nie by een of ander profeet te gaan sit of hierdie misterie van God se wil uit figure nie. Dis nie ‘n raaisel wat opgelos moet word nie. 2. Vanaand kyk ons verder na hierdie familiereels van God se wil. Ons vind vanaand se eerste reel in 1 Tess 4:1-8. Paulus is besig om oor die huwelik te skryf. En ek wil graag vers 3 herhaal. Kyk waarmee begin Paulus hierdie vers. “Dit is die wil van God….”. Paulus se opdrag is nie “Bid dat jy die regte man of vrou kry nie” of “Bid dat jou kinders die regte man of vrou sal kry nie”. Nee! Paulus se wees Heilig, dan sal jou huwelik reg uitwerk. En dan praat hy oor die huwelik. 3. God se wil is heiligheid. ‘n Lewe van karakter, integriteit. Ons leef in ‘n vreemde wereld. Skole, universiteite en besighede kies mense bloot op grond van talent. Ek het nog nooit gehoor van ‘n skool of Universiteit wat ‘n beurs aanbied vir kinders met ‘n heilige karakter of ‘n beurs vir ‘n kind wat ‘n lewe van integriteit leef nie. Geen werkgewer stel iemand aan bloot omrede hy of sy vaste beginsels het nie. Nee, talent is die vereiste. 4. Selfs in die kerk gebeur dit. Wanneer poste vir predikante geadverteer word is die vereistes hoofsaaklik dat hulle talentvol moet wees. Moet goed kan preek, mooi kan sing, goed met jongmense, oumense, kerkmense, ongekerkdes ens kan werk. En as hy of sy ‘n instrument kan bespeel is dit ‘n bonus. 5. Die kerk is vol talentvolle mense. Inteendeel, die kerk hardloop op die talente van mense. Mense wat kan reel, beplan, uitvoer ens. Wat God soek is mense van karakter, met integriteit, heiliges. En heiligheid het te doen met ‘n manier van lewe. Die vorming van jou karakter deur die HG sodat jy ‘n man of vrou of jongmens kan wees met integriteit. 6. Simson was seker die talentvolste ou in die Bybel. Maar ons lees dat Simson deur die HG sterk gemaak is. maar later verlaat die Gees hom. Hy maak steeds staat op sy krag maar sy karakter omvorm nie. Hy groei nie in karakter nie. Soveel so dat hy later dom dinge begin doen. En ons ken Simson se einde. 7. U sien, talente ontwikkel nie saam met karakter nie. Iewers het elke talent ‘n vervaldatum. Jy kan so mooi sing soos jy wil, of so vinnig hardloop soos jy wil, maar iewers gaan daardie talente vervaag en later afneem of verdwyn. Al wat dan oorbly is jou karakter. ‘n Heilige lewe. 8. ‘n Heilige lewe is ‘n lewe saam met God. Een wat toegewy is aan God. Dit gebeur soos Deuteronomium vir ons se wanneer God se gebooie in my gedagtes bly, wanneer ek daaroor praat as ek by die huis is, as ek op pad is, as ek gaan slaap en as ek opstaan, as dit as ‘n teken aan my hande vasgebind is, ‘n merk op my voorkop en op my deurkosyne geskryf is. Natuurlik is hierdie beeldspraak net om te se dat ons elke dag heeldag met God besig moet wees. 9. Dan vorm ons karakter. Nie een van hoogmoed soos ons so baie by talentvolle mense kry nie. Selfvoldaanheid en arrogansie. Daar is so baie talentvolle mense wat daarvan hou dat alles oor hulle gaan. Die talent is daar, maar die heiligheid, die karakter ontbreek. 10. Karakter, heiligheid is wat God se wil vir ons is. En dan gaan Paulus Voort om te se dat dit dan ook in my huwelik sal goed gaan, ongeag met wie ek getroud is. Dan sal ons die regte huweliksmaat wees want dan stel ons God en sy wil eerste. God se wil vir ons is nie om die regte huweliksmaat te soek nie. Sy wil vir ons is om die regte huweliksmaat te wees. 11. En hoe kan ons dit wees. “Dit is die wil van God dat julle Heilig moet lewe”. Dis God se wil vir ons. Dis die plan wat Hy vir ons het. U het al die gesegde gehoor wat se God stel nie belang in jou gerief nie, Hy stel belang in jou karakter. Want karakter het ewigheidswaarde. Heiligheid gaan saam met ons in die hiernamaals in. 12. Maar dis nie waar God se wil eindig nie. Ek het vroeer genoem dat God nie in raaisels dink en werk nie. Nee, Hy dink in familieterme. En soos ek hopelik nie ‘n raaisel vir my kinders is nie maar maklik verstaanbaar is, so is God se wil nie vir ons ‘n raaisel nie. 13. Paulus se in Rom 8:15 dat ons nie slawe is nie. Ons is kinders van God. En slawe weet nie wat hulle eienaars wil he nie. So as mense se dat hulle nie weet wat God se wil is nie moet hulle dalk net weer Rom 8 gaan lees. Dis net slawe wat nie weet wat hulle eienaars wil he nie. 14. Miskien is die probleem dat ons God se wil tot take verander het. Ons het gesien in die vorige familiereel dat dit God se wil is dat ons Heilig moet wees. Dit gaan vir God oor wie ons is, nie wat ons doen nie. Ons is nie hier om God tevrede te hou deur dinge te doen nie, maar deur wie ons is, hoe ons omvorm word. Hoe ons in verhouding tot Hom staan en Hom toelaat om ons te vorm. 15. Volgende huisreel van God: 1 Tess 5:18 - “Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” Vir diegene wat behep is met die vraag: Wat is God se plan vir my? Kan ek die Boodskap weergawe van die teks vir u lees? “Wees altyd dankbaar teenoor God, wat ookal met julle gebeur. Dan stap julle op die pad wat God vir julle beplan het toe julle in Christus Jesus begin glo het”. Het u gehoor? 16. Paulus sê wil jy weet wat God se plan vir jou is? Wees altyd dankbaar teenoor Hom. Nie so ingewikkeld of misterieus soos ons dink nie ne? Hoekom is dit altyd so lekker vir gelowiges om dinge oor hulself te hoor? Ons gaan na een of ander profeet en hy raak net mooi goed kwyt oor ons. God wil he jy moet hierdie werk doen, of jy moet emigreer, of met hierdie of daardie persoon trou. Paulus se nee. God se plan vir ons is dat ons dankbaar teenoor Hom sal wees. 17. Die woord wat Paulus hier gebruik is die woord Gairis. Dis dieselfde woord wat hy gebruik vir dankbaarheid, blydskap, nagmaal, genade. En nou koppel hy dit aan God se wil. Nou wil ek die vraag vra: Het iemand al ooit vir jou gese dat jy buite God se wil is as jy dikmond rondloop? Ek het dit nog nooit gehoor nie. Maar hier se Paulus dat blydskap en dankbaarheid is God se wil vir ons. Of ek ‘n straatveer of ‘n minister is, of ek in SA bly of NZ toe emigreer, of ek besluit om met Sannie te trou in plaas van Susan, God se wil is dieselfde vir almal. Wees bly en wees dankbaar. 18. As ons in gedagte hou wat God in Christus vir ons gedoen het is die laaste ding wat ons moet wees ondankbaar. Dit gaan teen God se grein in. Kom ons kyk vir ‘n voorbeeld in die Skrif. Ek dink aan Nehemia. Die een dag wat hy teneergedruk voor die koning verskyn wil die koning by hom weet wat is fout. Hoekom vra die koning so iets? Wel, logies omrede hy Nehemia nog nooit teneergedruk gesien het nie. En toe hy dit vir die eerste keer beleef wou hy dadelik by Nehemia weet wat fout is. 19. Hoe wonderlik sal dit nie wees as mense dit van my en jou kan se nie. Dat u stemming nie deur ons omstandighede bepaal word nie. Soos ‘n Paulus wat in die gevangenis sit en dan die blydskapsbrief aan die gemeente in Fillipi skryf. Wees bly, ek herhaal, wees bly!!! En dan se hy verder dat die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan met ons sal wees. Omstandighede bepaal nie ons blydskap nie. Hierdie blydskap is gesetel in dit wat Christus ons kom maak het. Wie ons is in Christus. 20. Maar kom ons wees versigtig. Ons jaag nie dankbaarheid na nie. Ons jaag nie blydskap na nie. Dan kan ons dit so maklik in verkeerde dinge in die wereld gaan soek. Nee, ons jaag Jesus na. En hoe meer ek in Hom te ruste kom, hoe meer gaan my dankbaarheid word. Hoe meer is ek tevrede en hoe minder word my behoeftes en begeertes na vergane dinge. 21. God het ons nie gemaak om met ‘n lang lip en dikmond rond te loop nie. Dis geen getuie vir Hom nie. Nee, ons is geroep om in blydskap vanuit Hom te leef. Dis wat mense aantrek na Hom toe. Gaan dan heen. Wees Heilig en leef dankbaar teenoor God. Om geen ander rede nie as dat dit sy plan en wil vir jou lewe is nie.