Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
God se wil – Maandag Efes 5:15-20 1. Ons het gister begin gesels oor die wil van God. Ons het genoem dat God se wil en sy plan met die wereld in Jesus gestalte gekry het. En dat Jesus self aan die woord was toe Hy gese het dat die wil van sy Vader is dat almal gered sal word. Maar as ons dink aan God se wil dan dink ons ook aan hoe raak dit my besluitneming elke dag. Hoe moet ek besluite neem en wat is die riglyn daarvoor. 2. Gary Friezen verwys in een van sy boeke met die naam Decision Making and the will of God dat daar 3 maniere is om te praat oor God se wil. Hy praat van God se soewereine wil, sy morele wil en sy individuele wil. Dit klink dalk bietjie ingewikkeld maar dit is nie regtig nie. 3. God se soewereine wil verwys daarna dat daar dinge is wat net God weet. Wanneer die wederkoms gaan plaasvind, wie almal gered word ens. Nou daaroor se die Bybel nie veel nie. Die Skrif se wel dat God ‘n soewereine wil het en dat Hy soewerein is en dat daar dinge is wat net God verstaan. Maar dit is omtrent dit. 4. Maar dan noem Friezen God se morele wil. Dis die deel van God se wil waarvan ons die meeste in die Bybel vind. Dis God se wil oor hoe ons gered word, hoe ons moet leef, hoe ons moet glo, hoe ons karakter moet ontwikkel, getuies wees ens. En Friesen noem dat die Bybel primer gaan oor God se morele wil. 5. En dan kom ons by God se individuele wil. Die een wat ons as mense so graag gebruik. God se wil vir MY. Wel, ons het reeds genoem dat die Skrif nie se dat God ‘n spesiale bloudruk plan vir my en vir elkeen van ons uitgedink het nie. Maar wat die Skrif wel se rondom God se individuele wil is dat elke individu vind sy weg elke dag en beweeg elke dag binne die morele wil van God soos Hy dit in die Skrif openbaar. 6. Kom ons neem bv Matt 7:21 : “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. Ons word opgeroep om God se wil uit te voer. Maar ons het gister verwys daarna as ek God se wil in ‘n individuele plan spesiaal vir MY gevorm gaan soek, hoe gaan ek dit uitvoer as ek op 55 nog nie weet wat dit is nie? 7. In Efesiers 5:17-19 se Paulus ons moet alles doen om uit te vind wat God se wil is. En dan se hy vir ons wat dit is. Ons moet ons nie aan drank te buite gaan nie maar ons moet toelaat dat die HG ons vervul. Sing lofliedere en word opgebou in die Here. Plaas jouself onder die heerskappy van die HG want die Gees is die Een wat ons lei tot uitvoering van God se wil. 8. Hierdie is alles tekste oor God se morele wil. MAW oor hoe ons hier en nou moet leef. En hierdie tekste gaan beslis nie daaroor dat God se wil en sy plan iets misterieus is wat ons nie weet hoe om dit te leef nie. Soveel so dat ons elke dag moet bid dat God sy wil aan ons sal openbaar nie. 9. Nee, dis nie hoe God se plan werk nie. Dis nie noodwendig ‘n slegte gebed om te bid nie, maar dit beteken nie dat daar nog iets is wat die Here aan jou gaan openbaar wat jy nie reeds weet nie. Binne die grense wat God in sy woord gestel het kan ons ons daaglikse lewe leef en ons besluite neem. 10. Roedolf Botha gebruik 2 metafore om dit vir die minder slimmes soos ek te verduidelik. Eerstens noem hy dat God se wil nie soos ‘n tightrope is nie. Jy loop op hierdie styf gespande kabel en God se wil is die kabel en jy moet baie mooi en versigtig loop om nie af te val nie anders is jy buite God se wil en dan moet jy weer sukkel om op te kom. Dis nie hoe die Bybel God se wil beskryf nie. 11. Tweedens gebruik Botha die metafoor van landsgrense. Hierbo sien u ‘n kaart van die Nasionale Kruger Wildtuin. Die grense is uitgele maar binne is dit besig. Die verskillende kampe word aangedui, paaie word aangedui ens. Die Ou en Nuwe Testament beskryf God se wil eerder as landsgrense of soos ‘n wildtuin se grense wat gestel is. God wil he ons moet daarbinne bly. Binne sy algemene morele wil bly, maar waarbinne ons ‘n vryheid het waar ons ons besluite elke dag kan neem. Waarbinne ons keuses kan maak. Waarbinne ons besig kan wees deur keuses te maak, besluite te neem ens. 12. MAW as ek God se morele wil nakom, as ek Hom met my hele wese liefhet, as ek my naaste liefhet, en so leef om God se morele wil na te kom, dan kan ek elke dag my eie keuses maak terwyl ek binne God se wil leef. 13. Maar hoe lei die Here ons dan in ons daaglikse besluitneming? Want die HG lei ons tog in hierdie besluitnemings, en ons leef in biddende afhanklikheid van die Gees en ons vra God tog elke dag om ons te lei in ons besluite. Dis ‘n baie belangrike ding. Die feit dat God vir ons ‘n wye morele wil gegee het waarbinne ons kan rondbeweeg beteken nie dat ons nie van sy leiding afhanklik is nie. 14. Ek dink die manier waarop God ons lei vind ons mooi uiteengesit in Jak 1. Jakobus se dat as ons wysheid kortkom kan ons dit van God bid en Hy gee dit sonder voorbehoud. Maar wat beteken wysheid. Ons moet een ding duidelik verstaan vanaand. Wysheid verwys nie na ‘n klomp besluite wat God reeds namens ons geneem het en nou moet ons net uitvind wat dit is en dit net uitvoer nie. 15. Nee, wysheid beteken dat binne God se wil wat Hy reeds in die Skrif aan ons geopenbaar het, binne hierdie landsgrense waarin ons leef, moet ons deur ervaring en gebed en afhanklikheid en probeer en mislukking en weer probeer en val en weer probeer en dan sukses, oefen ons daagliks deur ervaring om goeie besluite te kan neem. En selfs wanneer ons foute maak is dit God se genade wat ons optel om verder te leer om deur wysheid die regte keuses te maak. Klink dit nie nader aan die tipe lewe wat u en ek elke dag leef nie? 16. Spreuke is ‘n wonderlike boek wat God vir ons binne die landsgrense gegee het om te lees en deel te maak van ons daaglikse lewe en besluitneming. Wonderlike riglyne wat God ons gegee het om in gedagte te hou wanneer ons besluite neem. 17. God se wil is Jesus, en dit vind uiting in Christus. Daaroor is die Skrif baie duidelik. En dan is dit sy wil dat ons binne die grense wat Hy gestel het sal beweeg. 18. Nie op ‘n tightrope nie. Dis te gevaarlik. God is nie so onregverdig om ons aan ‘n tightrope lewe oor te laat nie. Nee. Maar binne die wye grense wat God gestel het deur die bepalings in sy woord laat Hy ons keuses maak, het Hy vir ons ‘n vrye wil gegee. En so bring die HG ons tot die vryheid wat ons elke dag in Jesus, binne hierdie plan van God met die wereld, kan ervaar. 19. En so kan ons deel wees van God se plan vir hierdie wereld, om deel te wees van sy plan en sy wil dat almal gered sal word. Hoe wonderlik om te weet dat ons deel vorm van die plan wat ‘n lewende God met hierdie wereld het. AMEN