Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
Matteus 14: 22 - 32 Daar is oomblikke in ‘n mens se lewe wat jy ‘n ontdekking maak wat jou hele lewe verander. Oomblikke waar iets wat jy so half geweet het, skielik klok helder vir jou is. Vir die dissipels was hierdie geleentheid presies so ‘n oomblik. Jesus het hulle die skrik van hulle lewens gegee. Hulle het ‘n moeiike tyd op die water gehad. Die golwe was onstuimig en het hullle geteister. Die wind was reg van voor en hulle het swaar geroei (Markus 6:48). Dit het al heelnag so gegaan en hulle het maar net ‘n paar kilometer gevorder. In die swak lig van dagbreek sien hulle ‘n figuur op die water aangestap kom na hulle toe. Markus sê dat Jesus hulle wou verby vat. Hulle het groot geskrik en van pure angs hard begin skreeu. “Dis ‘n spook”. Matteus sê: 27 Maar Jesus het dadelik met hulle gepraat en gesê: “Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie.” Matthew 14:27 Dadelik. Dadelik gerusgestel. Markus sê: 51 Hy het toe by hulle in die skuit geklim, en die wind het gaan lê. Hulle was heeltemal uit die veld geslaan, 52 want hulle het nie werklik verstaan wat die vermeerdering van die brood beteken nie; hulle kon dit nog nie begryp nie. Mark 6:51-52 Die skare het ook nie begryp wat die vermeerdering van die brood beteken nie. Hulle wou net Jesus as Herder en koning hê en wou, volgens Johannes se onthou, Jesus met geweld koning maak. Maar dit was nog nie God se tyd nie en hulle het die verkeerde soort koning in gedagte gehad. Jesus is anders. Jesus is die Koning wat jy in jou lewe wil hê. Nie oor die brood wat Hy meer maak nie. Nie oor Sy vermoë om op water te loop nie. Maar omdat Hy werklik die Seun van God is. Omdat Hy jou so lief het dat Hy eerder Homself as offer in jou plek gee. Hy self eerder jou straf voor God dra. ‘n Jaar of drie later sou ‘n nie-gelowige, ‘n Romeinse offisier en die soldate saam met hom (Matt 27: 54) aan die voet van die kruis staan en opkyk na waar Jesus gekruisig hang en sê: “Hierdie man was werklik die Seun van God.” Jesus klim by hulle in die skuit in en die storm word stil. Sy blote teenwoordigheid verander alles. Hy laat Petrus op die water loop. As Jesus nie daar was nie sou Petrus nie eers daaraan gedink het nie. Maar toe Sy leermeester op die water loop toe wou Petrus ook kan doen wat Sy Rabbie doen. En hy vra, dalk ook om seker te maak dis regtig Jesus: 28 Toe sê Petrus vir Hom: “Here, as dit regtig U is, beveel my om op die water na U toe te kom.” 29 “Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. 30 Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: “Here, red my!” Matthew 14:28-30 Here, as dit regtig U is, beveel my … En Jesus het gesê kom en Petrus het op die water tot naby aan Jesus geloop. Jesus is die Seun van God. En nou verander alles. Kobus Smit in sy eksegese op hierdie deel praat van die boot as metafoor vir die gemeente. Hy kyk na die storm en die wind van voor wat gemeentes deurgaan. Ek meen die laaste klomp jare het baie storms in die kerk laat losbreek. Die media blaas gerugte aan van skeuring. Finansieel trek gemeentes swaar. Lidmate emigreer en sterf uit of verlaat bloot die gemeentes. Covid-19 se impak op gemeentes moet nog bereken word. Mense het hulle werk verloor of bloot verarm. En om ons woed misdaad, korrupsie en wanbestuur van openbare geriewe en fondse. En ‘n groter wordende ongeloof of afvalligheid. Sommiges vermoed ek het hulle uitsig op God verloor omdat God nie dinge hanteer soos hulle dit sou wou gehad het nie. Om te wag op die Here voel vir hulle soos ‘n god wat afwesig is of nie belangstel nie. Die probleem is nie die storm nie. Die probleem is ons sien nie meer Jesus raak nie. Ons kyk teveel elders. Ons kyk vas in ons probleme en ons siekte en in ander se sondes en ons mis die Here wat bly sê: Moenie bang wees nie. Ek is hier. Ons mis die Here wat Sy hand uitsteek en ons optrek soos Jesus Petrus van verdrinking gered het daardie dag. ‘n Week of twee voor die week van gebed het ‘n prentjie in my kop kom sit. Van ons wat op ‘n houtboot ter see is en ons klou aan ‘n mas vas want die storm is erg en die boot wil sink. En Jesus wat sê klim oor die kant van die boot en kom na My. Kom. Spring oor die kant. Laat los daardie goed waaraan jy vasklou. Laat los die goed wat jy dink is sekerhede en vertrou Jesus. Maak die sprong. Ek het gedink maar wat as … en die antwoord is vertrou Jesus. Markus se woorde dat hulle nie verstaan het wat by die vermeerdering van die brood gebeur het nie, vra ons aandag. Dr EP Groenewald reken die dissipels het afgestomp geraak oor al die genesings en ander wonderwerke wat hulle gesien gebeur het en nie meer geraak is deur die Een wat dit gedoen het nie. As ek so kyk dan het hulle by die vermeerdering van die brood Jesus as Seun van God misgekyk. En die skok van Hom wat op die water loop ruk hulle terug na die werklikheid: Jesus is die Seun van God. En nou maak hulle nie somme nie en hierdie keer dink hulle nie in terme van moontlik en onmoontlik nie. Hulle sien Jesus vir Wie Hy is en hulle kniel voor Hom neer. In Matteus 8: 23 tot 27 het ons van nog ‘n storm gelees. Dit was ‘n hewige storm op die see en die golwe het or die skuit geslaan en die dissipels het met al hul ervaring geweet dis sulke tyd: Ons vergaan. Jesus het gelê en slaap en hulle het Hom wakker gemaak met ‘n : “Here red ons!! Ons vergaan.” Jesus het hulle gevra: Waarvoor is julle bang, kleingelowiges? En Hy het opgestaan. Die storm aangespreek en dit het doodstil geword. Toe het die dissipels gewonder: Watter soort mens is Hy dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?” Hierdie keer, toe Hy op die water loop, toe weet hulle en hulle kniel voor Hom. Die vraag vanoggend is: • Is Jesus Wie die dissipels en die Romeinse offisier en sy soldate en vele ander mense sê Hy is? • Is Jesus Wie Hy sê Hy is? Dan moet ook ons voor Hom neersak met ‘n “U is waarlik die Seun van God.” Dit! Dat Jesus die Seun van God is, is maak of breek vir ons lewens. So ek vra weer: Is Jesus die Seun van God, volgens jou? Brian Plachta het ‘n gedig geskryf wat ‘n mens dieper intrek in hierdie deel in. Dit is in Engels. Ek lees dit vir ons: Gedig deur Brian Plachta What if You Were Peter? What if you were peter in the boat with the others tossed and battered wind howling waters raging it’s not just this storm you know it’s every turmoil you’ve endured life has beaten disappointed you hunker down into the hull of a wooden boat that crashes upon the sea as life’s waves slap hope out of you in desperation you stand gaze upon the waters wondering if there’s a break in the storm then you see the One the outstretched hand the loving eyes fixed upon yours you hear the Voice calling your name what if you were peter in that moment in that boat with that choice? the one we all must make do I stay in the pit of fear and despair or take a risk the Divine Hand that stretches toward me is not a ghost not a figment of my imagination? it is real the Creator reaches through the sea of my life to touch and heal to help me walk on water would you take the Hand? would you get out of the boat? would you keep your eyes fixed on the One who loves you? would you push past fear claim your courage and let your heart cry out, “save me”? we are all peter we all have the same choice do we sink? or do we grasp the saving Hand entrust our lives to the Divine to the One who seeks to embrace and guide us? what if you were peter? would you get out of the boat? —-brian j plachta brianplachta.net