Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
Lukas 1: 5 - 24 Hier is iets wat jy nie moet mis kyk nie. Ek wil sover gaan as om te sê: Hierdie iets wat jy nie moet mis kyk nie, is die sleutel wat die deur oopsluit vir wonderlike dinge om in jou lewe te gebeur. Nie altyd maklike dinge nie, maar wel dinge wat die gemeenskap verwonderd laat en oor positief goed laat praat. Van die mense wat deur God gebruik is, Kom ons noem hulle die bevoorregtes. Of die getroues, as jy wil. Daar is een ding wat jy van almal kan sê: want dit staan uit: Hulle was getrou aan God. En daarmee bedoel ek dat hulle getrou alles in die wet gedoen en geleef het. Nee hulle was nie sonder sonde nie. Hulle was nie eers prominente mense gewees nie. Selfs Sagaria was maar ‘n priester in ‘n diensgrooep, die diensgroep van Abia. Hulle was net mense wat hul bes probeer het om te leef op maniere wat God van hou. Hulle was toegewei aan die wet van God, en dus aan God self. Kom ek wys jou: Sagaria en Elizabeth: 6 Hulle was albei getrou aan die wet van God en het onberispelik al die gebooie en voorskrifte van die Here onderhou. Luke 1:6 Josef: Matteus 1: 19 19 Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was … Matthew 1:19 Simeon. Lulas 2:25 25 Daar het destyds 'n man met die naam Simeon in Jerusalem gewoon. Hy was getrou aan die wet en vroom, en het uitgesien na die koms van die Verlosser van Israel. Die Heilige Gees was op Simeon Luke 2:25 Anna: 36 Daar was ook 'n profetes, Anna, 'n dogter van Fanuel uit die stam Aser. ….. Sy was nou al vier en tagtig jaar oud. Sy het nie van die tempel af weggebly nie en het God dag en nag gedien deur te vas en te bid. Luke 2:36-37 Josef en Maria: 39 Toe Josef-hulle alles nagekom het wat die wet van die Here voorskryf, het hulle na Galilea toe teruggegaan, na hulle eie dorp, Nasaret. Luke 2:39 41 Jesus se ouers het elke jaar vir die paasfees Jerusalem toe gegaan Luke 2:41 Hulle het vir God geleef! Gewone mense wat vir God lewe. Ons keuses maak saak. Ons keuses maak deure oop. Nie net in ons eie lewe nie maar ook in die groter prentjie van die redding van die mensdom. Al is ons op ‘n heel ander punt in God se reddingsplan van die mensdom, is ek en jy vandag die gewone mense wat so kan leef met God dat Hy ons wil gebruik. Wees getrou aan Hom. Sagaria en Elizabeth se doodgewone lewe, het ‘n hoogtepunt gehad wat net God kan bewerk. Nie alle priesters het die kans gekry om die wierookoffer in die tempel te brand nie. Soms was dit die hoëpriester se voorreg soos in Eksodus 30; 7. Maar as ‘n reël het ‘n priester die wierook gaan brand. Maar met die groot hoeveelheid priesters, het die meeste priesters nooit in hul lewe die kans gekry om dit te doen nie. ‘n Priester is uit al die priesters in sy dagafdeling, deur die lot aangewys om die wierookoffer te gaan brand. Die lot het daardie keer vir Sagaria uitgewys. So ‘n bevoorregte priester het dan met sy groot hartewens in sy gedagtes die offer gaan bring, biddend dat die Here hom dit sal gun. Dit is baie moontlik dat Sagaria die tempel in is met die hartsgebed: Here ons wil kinders kan hê. Die groot seer in sy en Elizabeth se lewe was kinderloosheid. Dit was, kom ons sê, die doring in hul vlees. Sien jy God aan die werk? Niks is toevallig nie. Niks is buite God se vermoeëns nie. Niks is vir God onmoontlik nie. Sagaria is vir my baie soos baie van ons. Dalk wil jy sê, ook maar mens. Ons bid maar ons glo nie. Of sal ek sê ons bid maar ons verwag nie ‘n wonderwerk nie. Ons hoop dit gebeur maar ons nie juis seker in ons hoop nie. Vers 13 10 Terwyl die wierookoffer gebring is, was die hele volksmenigte buite besig om te bid. 11 Toe verskyn daar aan die regterkant van die wierookaltaar 'n engel van die Here aan hom. 12 Sagaria het geskrik toe hy hom daar sien staan en hy het baie bang geword, 13 maar die engel sê vir hom: “Moenie bang wees nie, Sagaria, want jou gebed is verhoor. Jou vrou, Elisabet, sal aan jou 'n seun skenk, en jy moet hom Johannes noem. Luke 1:10-13 Kyk die oomblik. Terwyl die wierook offer gebring is. Kyk na wat die engel van die Here sê. Sagaria, jou gebed is verhoor. Watse gebed? Jou gebed, Sagaria. Jou vrou Elisabet, sy gaan geboorte gee aan ‘n seun. Onthou jy wat ek vroeer gesê het van die hartsgebed: daars dit. En die eerste kans wat Sagaria kry om iets te sê, sê hy ek en my vrou is al te oud daarvoor. So, hoe sal ek weet? Stom geslaan. Met stomheid geslaan omdat hy nie die woorde van die engel geglo het nie. Selfs die mees getroue mense aan God, sukkel ook om in God se krag te glo. So, moenie uit voel nie. Hou net op om God te probeer beperk binne jou vermoeëns of binne wat jy dink is moontlik en wat nie. Buite is Elisabet deel van die volk wat bid. En buite is sy bekommerd oor haar man wat nie uit die tempel kom nie. Buite het hulle gewonder hoekom hy dan so lank binne bly. Kan ek dalk net sê, in ander tye sou Elisabet ‘n priester kon gewees het. Sy was uit die stam van Aaron. Die feit dat priesterdiens nie vir vroue beskore was nie, het haar nie afgesit om God getrou te dien nie.En God gebruik haar op ‘n wyse wat geen priester, behalwe Sagaria, die eer sou hê nie nl om die voorloper, die wegbereider vir die Messias se ouers te wees. En die kind? Hulle moes hom Johannes noem. Die mense wou hom na sy pa vernoem en Elisabet het gekeer en dit is eers toe Sagaria op ‘n bordjie, Johannes skryf, Johannes is sy naam, eers toe kom Sagaria se spraak terug. Almal wat om hulle gewoon het is met ontsag vervul en in die hele bergstreek van Judea het die mense oor hierdie dinge gepraat. En Sagaria se eerste reaksie toe sy spraak terug kom, was om God te loof en prys. Tog eindig alles nie hier nie. Die engel het groot verwagtings geskets rondom hierdie kindjie. Hy sou ‘n bron van blydskap en vreugde wees. Baie sal bly wees oor hom. Hy sou vaders en hul kinders versoen. Hy sou met die Heilige Gees gevul wees en met dieselfde gees en krag as Elia, voor die Here uitgaan. Ongehoorsames sou terug keer op die regte pad. En so sou hy vir die koms van die Here, ‘n volk voorberei. Sien raak dat God nie mense soos wil-lose pionne hier gebruik nie. God sit sy plan in werking met Sagaria en Elisabet se lewens, maar terselfter tyd gee God hulle hul grootste hartsbegeerte. En Elisabet kan sê: Die Here het dit vir my gedoen. Nou het Hy na my omgesien om my smaad onder die mense weg te neem. Moet nie bang wees om deur God gebruik te word nie. Bou jou geloof en glo God. En weet dat God te midde van Sy plan vir die mensdom ook aan jou lewe en jou hartswense aandag gee. Elisabet het swanger geword en haar vyf maande lank afgesonder. Ons staan voor die tweede koms, die wederkoms van die Here. Kom ons kry vir Hom ‘n volk gereed. Kom ons begin nou. Hierdie kerstyd is ‘n goeie tyd om getrou te wees en te praat oor die Here.