Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
Handelinge 2: 14 -36 George Orwell, in sy boek Animal Farm, het geskryf: “All animals are equal, but some animals are more equal than others” In Duits se klasse op skool het ek geleer: Dit is die reël maar op elke reël is daar ‘n uitsondering. Wat my verras in hierdie deel, en dit is ‘n lekker verrassing, is hoe inklusief die boodskap is. Niemand word uitgesluit. Niemand is te wit of te bruin of te swart nie. Niemand is te oud of te jonk nie. Hier is nie uitsonderings op die reël nie. Hier is niemand meer equal as ander nie. Hier is jy in tel. Hoor die mooi woorde: 21 So sal dit dan wees: elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Acts 2:21 Die taalgebruik in hierdie deel is inklusief. Kyk mooi: Dit is Petrus wat saam met die ander opstaan. Die Heilige Gees kom op elkeen. En elkeen wat die Here se Naam aanroep word gered. Sodat al die gelowiges in alle tale vir almal van die groot dade van God kan vertel. Ek en jy is deel van daardie elkeen. En ons is deel van die al die gelowiges en die alle tale. Kan ek dit weer sê: Almal is vervul met die Heilige Gees (2: 3-4). Reg van die begin af lees ons dat die mense is verbaas en uit die veld geslaan. Dit beteken nie dat hierdie verbaasde mense gaan glo nie. Eerder dat hulle nog enige kant toe kan gaan: of in die rigting van ongeloof, en begin spot; of in die rigting van geloof en daarom vra: Wat moet ons doen? En ongeveer 3000 mense vra die vraag: Wat moet ons doen? Net God kan dit doen. Daar is nog iets wat met herhaling deurbreek. Hulle preek onder leiding van die Heilige Gees. As ons Donderdag gehoor het dat Jesus ‘n vennootskap skep met ons, Hy gee die krag en ons getuig. Sien ons dit hier in aksie. Petrus treë op onder leiding van die Heilige Gees; Jesus het die Gees ontvang en uitgestort (2:33) Nog mense ontvang die Heilige Gees (2:38). As die mense dalk nog gedink het God is veraf, hoor hulle nou onder die leiding van die Heilige Gees hoe God besig is, hoe God gee en hoe God doen en hoe God goed bevestig. By voorbeeld: • Vers 16 Hier gebeur wat God deur Sy profeet Joel gesê het; • Vers 17 God stort Sy Gees uit. • Vers 22 God stel Jesus van Nasaret bekend aan die mense met kragtige tekens en wonders. • Vers23 God besluit vooruit en dit het so gebeur. • Vers 24 God wat Jesus van die smarte van die dood verlos en Hom uit die dood laat opstaan. En die hoogtepunt van hierdie deel: Vers36 God het hierdie Jesus, wat julle gekruisig het, Here en Christus gemaak.!” Ons begin hierdie week met die storie van God wat tussen gewone mense werk. Besef jy wat dit beteken? Die evangelie is vir almal. Dit sluit niemand uit nie. Ook nie vir jou en my nie. En ons moet dit nie vir onsself hou nie. Ons word ingesluit in God se nuwe wêreld. Ook ek en jy deel in die genade. Maar ook ek en jy moet leer wyer kyk. Ons moet Orwell se gesegde deurlopend onthou: Die gemeente is nie ekslkusief nie. Dit is vir almal en almal het nodig om die goeie nuus te hoor. Covid-19 het een goeie ding teweeg gebring. Dit het gemeentes, ons in elk geval, terug gebring by die doel van ons bestaan. Om die evangelie so wyd as ons kan te neem. En soveel mense stuur die boodskappies en preke aan en ons bereik mense selfs oor taal grense heen wat ons voorheen nie kon doen nie. Al hoe meer van u neem deel aan die oordra van die goeie nuus. En die goeie nuus is: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Elkeen. Hoe word ons gered? 32 “God het hierdie Jesus uit die dood laat opstaan; daarvan is ons almal getuies. 33 Hy is verhoog aan die regterhand van God en Hy het die Heilige Gees wat belowe is, van die Vader ontvang en uitgestort. Dit is wat julle nou sien en hoor. En so ‘n paar verse verder: 36 “Die hele Israel moet nou vas en seker weet: God het hierdie Jesus, wat julle gekruisig het, Here en Christus gemaak!” Acts 2:32-36 Jesus is ons redding. Elkeen wat tot Jesus roep word gered. Dit is kosbaar om te sien dat na Petrus dit gesê het kom die mense, en ek glo hulle is in hul hart gedring deur die Heilige Gees, en hulle vra: Wat moet ons doen om gered te word? Die Heilige Gees kom keer ‘n hele gemeenskap om. En bring grootskaalse verandering. Ongeveer 3000 mense het op daardie dag tot bekering gekom. Ons sal die punt mis as ons in terme van enkelinge wat tot geloof moet kom dink. Ons moet groot gaan. Go big or go home! Daarmee stel ek voor dat ons groot gaan hierdie week en bid vir die hele Suid Afrika om te bekeer. Om terug te keer na God. Dalk kan ek en jy nie dit sien gebeur nie. Maar God kan. Ons kan dalk nie sien dat al die korruptes kan bekeer nie, Maar Saggeus die tollenaar het bekeer. En het hy nie alles terug gegee wat hy onregmatig geneem het nie. Ons moet nie die Heilige Gees onderskat nie. Ook nie dit wat Hy in ons en deur ons kan doen nie. Sou jy gedink het dat die dissipels met hulle geskiedenis van wegkruip vir die Jode en Jesus in die steek laat en selfs ontken dat hulle Hom ooit geken het voor ‘n skare mense sal kan praat met so ‘n reaksie? Ongeveer 3000 mense tot bekering! Ongeveer 3000 mense wat God se liefde en genade ontdek. Dink aan Paulus se woorde in Efesiërs 1 waar hy bid dat ons tog net sal besef hoe groot die krag van God is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van Sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood uit opgewek het ... Dalk moet ons opnuut leer glo. Dalk is dit juis ons wat moet leer dat geloof nie net oor my gaan nie maar oor almal. Dat God almal wil red. Dat God Sy Gees in alle mense wil sien. Hoe gaan dit gebeur? Kyk na die hoogtepunt van Petrus se toespraak. Hy begin met die eskatologie. Hy gaan haal vir Joël aan. Hy wys dat Joel se profesie op Pinksterdag waar geword het. Daar, reg voor almal se oë, waar geword het. Hy wys vir hulle op dele uit Skrif. En dan sê hy: vers 32 tot 36 32 “God het hierdie Jesus uit die dood laat opstaan; daarvan is ons almal getuies. 33 Hy is verhoog aan die regterhand van God en Hy het die Heilige Gees wat belowe is, van die Vader ontvang en uitgestort. Dit is wat julle nou sien en hoor.” Tussen al daardie mense sou jy self moes hand opsteek en sê ek ook Here! Red ook my! En vandag is dit elkeen van ons wat waar jy ookal is moet bid: Here, hier is ek. Begin by my! Begin my lewe nuut maak. Red ook vir my. Ek het hierdie pragtige illustrasie raakgelees en iewers gebêre en nooit neergeskryf by wie ek dit gekry het nie. Maar die storie help my om iets te illustreer van dit wat ek so pas gesê het. Die persoon sê: “My kind kom kuier uit Kanada uit en sy is baie lief vir die tuin: daarom maak ek nou, terwyl ek haar koms afwag, die tuin so mooi as wat ek kan. Ek sny die gras en plant ekstra blmme want wanneer sy hier is, gaan ons lekker kuier in die tuin en gaan ek met my kleinkinders op die gras speel. Waarmee ek nou besig is het alles te doen met my toekomsverwagtinge . Vers 32 tot 36 verduidelik vir my hoe om nou my tuin mooi te maak. Ek doen dit met hulp. Die Heilige Gees lei my en help my en gee my die krag om die tuin van my lewe mooi te hou. Jou lewe word die Gees se advertensie. Deur jou reik die Heilige Gees na mense in jou kring en in jou omgewing uit. Deur hoe jy is en hoe jy optree onder Sy leiding. En soms ook met woorde. Here, begin by ons. Soos U by die dissipels op Pinksterdag begin het. En bring U die mense van hierdie land tot bekering. ....