Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
1 Joh 4: 7 - Nagmaalsdiens Blom – Breek blare 1 vir 1 af. God het my lief. God het my nie lief. Hy het my lief. Hy het my nie lief nie. Al ooit so gemaak? Nie? Is God dan nie die groot liefde in jou lewe nie? Eintlik is ons meer gesofistikeerd! Ons sê God het ons lief. En as iemand naby ons seerkry dan bevraagteken ons God. Waar was God toe dit gebeur het? Hoekom het God nie ingegryp nie? Of in gewone afrikaans: God het my nie lief nie? Dan gaan dit weer goed: God het my lief. Maar net more of so dan laat ons dit weer hoor: God stel nie belang in ons nie. Hy het ons seker nie lief nie. Omdat God vir ons lief is ... beteken dit dan nou dat Hy vir ons alles moet gee wat ons wil hê? Is wat ons doen dan nie te vergelyk met die “tantrums” gooi van 'n 3jarige nie? Kom ons dink na so in kort oor 'n paar dinge: 1. God het die mens 'n vrye wil gegee. Jy kan kies om te maak soos jy wil of jy kan jou lewe vir Hom gee dat Hy in jou kan woon en jou lewe regeer ... met liefde. 2. Dis soos die sprokie – koning wil trou – maar hoe sal hy weet, of, is die meisie lief vir hom vir wie hy is ... of oor hy die koning is. Is jy lief vir God vir Wie Hy is of is mense lief vir God omdat Hy mooi dinge gee? As God ons steeds nie ons sin gee nie – bv steeds nie sekere mense met weerlig uit die hemel verdelg nie ... gaan jy Hom nog onvoorwaardelik liefhê? 3. Slegte dinge gebeur in alle mense se lewens. Baie is die gevolg van ander mense se keuses – dikwels ook jou eie selfsugtige of onbedagsame keuses. Jy wil nie inmenging hê van Bo as jy jou keuses uitoefen nie – as jy jou vryheid misbruik en kies en leef asof jy nie aan God behoort nie. So – God meng nie in as jy maak wat jy wil nie – dikwels ook nie in as ander mense se lelike keuses op ons toesak nie. 4. Het God ons lief? Kom ons los die ou blommetjie metode en ons kyk na wat Hy doen. Ons kyk verby die mooi woordjies .... Ons kyk verby al die 90% van dae waarop Hy ons veilig hou ... en al die kos op ons tafels ... (Vat die beker) ... en ons ruik die brood en wyn .... ... en kom ons besef ons weet nie wat liefhê is nie. Johannes sê dit duidelik in vers 10: 10 Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes. God fluister nie net mooi woordjies nie in jou oor om iets uit jou te kry nie. God gee Sy lewe vir jou ... aan die kruis sterf Jesus , Seun van God, God self (3 eenheid) in jou plek sodat God jou nie hoef te straf nie en jy kan bly lewe. Rebelle leier in Suid-Amerika. Baie streng gewees. Veral oor diefstal. Kos was min. Iemand steel. Beveel moet die dief vang en 30 houe gee. Die dief is gevang. Dit was sy bejaarde ma. Geweet sy is te oud en sal nie die straf oorleef nie. Hy hou toe die hofsaak. Vind haar skuldig en vonnis haar 30 houe. En hy's reg. Dis die wet. Toe staan hy op en vat haar plek want hy's lief vir haar. Ware verhaal of net 'n storie? Ek weet nie. Weet net: God het dit vir my gedoen ... vir jou! “Die brood wat ons breek is .... Dankbaarheid na nagmaal: 1 Joh 4:19 19 Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het. 1 John 4:19 Kom ons gaan doen ons Vader na. Kom ons gaan wees lief deur onsself te gee selfs vir ons vyande soos Jesus ons Verlosser Homself vir ons gegee het ... onvoorwaardelik .... onselfsugtig. Die nagmaal waarsku ons vanaand: 1 Joh 4: 20 – 21 20 As iemand sê: “Ek het God lief,” en hy haat sy broer, is hy 'n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie. 21 En hierdie gebod het ons van Hom gekry: Wie vir God liefhet, moet ook sy broer liefhê. 1 John 4:20-21 Gebed Slotlied Flam 144 God is liefde Vra Joh 21: 15 Het jy my lief? (3x) Gaan sorg vir my skape. Seën