Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
Johannes 15:9-17 1. Op 9 Julie van hierdie jaar is die sesjarige Bridger Walker en sy 4 jarige suster deur ‘n uiters traumatiese oomblik. Hulle het saam met hul ouers by familie gekuier toe die familie se 1 jarige Duitse Herdershond kruising die kinders alleen in die erf gewaar het. Skielik het die hond op Bridger en sy suster afgestorm. Die 6 jarige Bridger het tussen sy suster en die hond bly inbeweeg en sodoende gekeer dat die omgekrapte hond by sy suster uitkom. Bridger het 90 steke gekry as gevolg van die wonde wat hy opgedoen het. 2. Die Wereld Boks Vereniging het Bridger amptelik gekroon as die WBA se swaargewig kampioen van die wereld vir een dag. Dit is ook so in die anale van die WBA opgeteken. Hy het selfs sy replika ontvang van die titelgordel. Bridger se dade is bewonderenswaardig. ‘n 6 jarige seun wat soveel mannemoed openbaar om sy suster teen ‘n potensiele dood te beskerm. Maar daar het iets anders in hierdie situasie gebeur wat vir my nog meer aangrypend is. Toe Bridger gevra is hoekom hy dit gedoen het, was sy antwoord soos volg: 'If someone had to die, I thought it should be me,' " 3. Ek wil weer vers 13 van Johannes 15 lees. Ek weet nie of hierdie jongman en sy gesin kinders van die Here is nie. Maar hierdie 6 jarige het iets verstaan van Jesus se woorde wat op verskeie plekke in die Skrif weerklink. Toe hy in ‘n situasie was waar omstandighede dit potensieel vereis het, was hy bereid om sy lewe vir sy suster af te le. 4. En alhoewel hierdie ‘n aangrypende verhaal is wat homself afgespeel het, word u en ek opgeroep tot iets groters as dit. Want om jou lewe af te le vir iemand waarvoor jy lief is en wat vir jou belangrik is, is moontlik. Ek is bereid om my lewe af te le vir my vrou en kinders. Maar Jesus se opdrag is nie om jou lewe vir jou vrou en kinders af te le nie. Nee, die grootste liefde is om jou lewe vir jou vriende af te le. 5. En dis hier waar Jesus se woorde moeilik begin raak. Let wel, Jesus praat hier nie eens van ons liefde wat ons vir ons vyande moet he nie. Dit raak Hy wel aan in Matt 5. Maar hier is Jesus net besig met liefde vir vriende. Hier is Hy nie besig om liefde vir die vyand en liefde vir vriende met mekaar te vergelyk nie. Nee, Hy is in die midde van vriende en Hy is besig om met vriende te praat. En dis belangrik dat ons begryp dat Hy nie liefde vir vriende hier hoër plaas as liefde vir die vyand nie. 6. Wat hier bedoel word is dat Jesus se hele aardse bediening, insluitend sy verheerliking aan die kruis, opgesom word as ‘n liefdesdiens aan hulle wat verlos is. Daarom is elke verloste dieselfde liefde aan ander verskuldig. Hoor u die geweldige roeping en verantwoordelikheid wat op elkeen van ons se skouers rus? 7. Het u opgelet dat Jesus in vers 10 twee keer na “opdragte” in die meervoud verwys? Maar nou, in vers 12, verwys Hy na opdrag in die enkelvoud. Die rede hiervoor is dat hierdie opdrag om mekaar lief te he alle ander opdragte insluit en omsluit. Liefde is hier as’t ware die gom waarmee ons band met die Vader en die Seun en ons naaste saamgebind word. 8. Ons vind hier by Johannes nie die gebruiklike uiteensetting van wette en voorslkrifte soos byvoorbeeld by Matteus nie. In Matteus vind ons die bergrede met ‘n hele aantal moets en moenies wat hier nie te vinde is nie. Die rede hiervoor is dat Johannes ‘n ander doel met sy evangelie het as Matteus. Ten tweede moet ons verstaan dat die opdrag tot liefde alle ander moets en moenie insluit. Die persoon wat werklik liefhet het nie ‘n opdrag nodig om nie te steel, egbreuk te pleeg nie ens nie want hy sal bloot nie hierdie dinge doen nie. Dit was Augustine wat gese het LOVE AND DO WHAT YOU WANT! 9. Kom ons stel net een ding reg voordat ons verder gaan. Mense het al vir my gese dit voel soms asof Jesus onmoontlike opdragte gegee het en dan op die kant gaan sit en kyk of sy volgelinge dit kan uitvoer. Wanneer ons egter mooi kyk na ons gelese gedeelte vind ons die volgende en ek gaan dit in eenvoudige Afrikaans probeer verduidelik. 10. Jesus se vir sy volgelinge die volgende: Julle is mekaar se vriende, en as julle mekaar vriende noem moet julle mekaar liefhe. En die uiterste, die toppunt waarin hierdie liefde kan reflekteer is dat ons mekaar so lief sal he dat ons bereid sal wees om ons lewens vir mekaar te gee. Maar dan gaan Jesus verder. Hy se vir sy volgelinge dat hulle nie meer ondergeskiktes is nie, maar dat Hy hulle beskou as sy vriende. Volgens sy eie standaard wat Hy sopas gestel het moet Jesus dan mos bereid wees om vir hierdie groep mense wat saam met Hom is sy lewe te gee. Is dit nie so nie? 11. Wel, ons almal weet dat dit is wat Hy dan ‘n paar dae later doen. Jesus het nie net die onmoontlike van sy volgelinge verwag en aan wal gaan staan om te sien hoe hulle voort sukkel nie. Wanneer hy sy volgelinge beveel het om mekaar tot die dood toe lief te he, stel Hy die voorbeeld. Hy maak self die opoffering. 12. Al die opdragte van Christus word saamgevat in hierdie een opdrag: Dat ons mekaar so lief moet he dat ons ons lewens vir mekaar sal opoffer. En hierdie opdrag het nie net uiting gevind in wat Jesus gese het nie, maar meer nog in wat Hy later gedoen het. 13. Maar as ons hier gaan stop, die gelese gedeelte vanoggend hier gaan los, gaan ons baie armer wees as voorheen. Vers 14, die baie belangrike vers 14, is tog deel van die perikoop wat ons gelees het. Nou almal van ons het vriende. En vriendskappe hang ten nouste daarmee saam dat ons en ons vriende ‘n gemeenskaplike uitkyk op die lewe het. Jy het gewoonlik baie dieselfde doelwitte in die lewe as jou vriende. En dis waarom julle vriende is. Jesus se daar is ‘n voorwaarde aan sy vriendskapsverhouding met ons. Ons kan slegs sy vriende genoem word as ons doen wat Hy ons beveel het. 14. Soos so baie plekke in die Skrif vind ons hier ook die baie belangrike beginsel: Ware dissipelskap word net aan een maatstaf getoets: GEHOORSAAMHEID! Die vriende van Jesus is hulle wie se gewoonte en natuur dit is om Hom te gehoorsaam. Dit het populer geword om op Facebook prentjies te deel wat handel oor Jesus en liefde. Maar nooit word melding gemaak daarvan dat ons gehoorsaam moet wees aan sy opdragte nie. Die gelese gedeelte word voorafgegaan deur die gedeelte van die wingerdstok. In hierdie gedeelte noem Jesus 5 keer in 4 verse dat ons “in Hom moet bly”. Dit word gevolg deur vers 10 wat se dat indien ons sy opdragte uitvoer ons in sy liefde sal bly. 15. Maar Jesus gaan verder deur te se dat sy blydskap in ons kan wees en ons blydskap volkome kan wees. Waarom sal Jesus hier, terwyl Hy besig is om vir ons te leer dat ons in Hom moet bly, sy opdragte uitvoer, ons lewens vir ons vriende afle en gehoorsaam wees aan Hom skielik melding maak van blydskap? Want volkome blydskap is die gevolg van gehoorsaamheid. In eenvoudige Afrikaans se Jesus vir ons die volgende: Bly in my liefde, voer my opdragte uit, he mekaar lief en julle sal blydskap beleef wat meer volmaak is as enigiets anders. Sien, geen opdrag van Jesus kom sonder ‘n belofte nie. Wat ‘n wonderlike God om te dien?!?! 16. En dan spreek Jesus die woorde in vers 14 wat se dat ons sy vriende is wanneer ons doen wat Hy ons beveel. Met ander woorde daar is geen verskil in die beginsel om “in Christus te bly” en om aan Hom gehoorsaam te wees nie. Hoe bly ons in Christus? Ons bly aan Hom gehoorsaam. En hierdie beginsel word oomblikke later deur Jesus bevestig wanneer Hy in vers 16 noem dat Hy hulle uitgekies en aangestel het om te gaan vrug dra. Bly in my se Jesus, en doen dit deur in gehoorsaamheid te gaan vrug dra. In ons kerke vandag le ons geweldig klem op die genade van God. Maar ons gaan hulle teleurstel wat op ons steun vir geestelike wysheid indien ons nie ook die belangrikheid van gehoorsaamheid benadruk nie. 17. Ons het reeds genoem dat die gedeelte voor ons skriflesing handel oor die bekende verhaal van die wingerdstok. Dis hier waar Christus male sonder tal gese het dat ons in Hom moet bly. Die gedeelte wat op ons skrifteks volg handel oor die feit dat ons in ‘n wereld ingestuur word wat ons gaan haat. En in die middel van hierdie twee dele vind Johannes dit belangrik om te noem dat ons mekaar moet liefhe, soveel so dat ons bereid sal wees om ons lewens vir mekaar te offer. Hoekom in hierdie volgorde? Dis eenvoudig: Want vir ons om mekaar tot hierdie uiterste toe lief te he, moet ons in Christus wees. Aan Hom gehoorsaam wees. So vol van sy liefde wees dat ons nie sal huiwer om hierdie groot opoffering vir ons vriende te maak nie. En dan, eers dan, as my liefde vir ander tot hierdie uiterste toe strek, sal ons hierdie wereld se haat teenoor ons kan verdra. 18. Die einste Johannes het in sy eerste brief aan ‘n paar gemeentes die volgende geskryf: Hieraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgele. Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te le. Ons kan nie die liefde wat Jesus na die kruis laat gaan het werklik weerspieel nie. Maar hier is die punt: Hierdie selfde liefde kan en moet ons dring om so ver te gaan as menslik moontlik in ons verhoudings met ander. Dis Paulus wat in 2 Kor gese het dat dit die liefde van Christus is wat ons dring om aan die evangelie gehoorsaam te wees. En die evangelie is ‘n evangelie van liefde. Jesus verwag liefde van ons, maar hierdie is, soos die engels se, a tall order. Hierdie is nie ‘n gewone liefde nie, maar die grootste. Wees bereid om jou lewe af te le vir jou vriende. Dit, se Christus, is die soort liefde wat Hy van elkeen van ons verwag.