Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
Matteus 6: 1 – 4 Matteus 6: 1 – 4 is deel van 1 – 18 Vers 1 is die opskrif vir die hele deel. En daarna gee Jesus drie voorbeelde as verduideliking: • As jy armes help • As jy bid. • As jy vas. Jesus veronderstel dat sy dissipels soos die Joodse gebruik was, die armes help, dat hulle bid en dat hulle vas. Jesus het dit nie teen hierdie aksies nie. Ons moet terug kyk na 5: 20 “As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as die van die skrifgeleerdes en fariseërs nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemel ingaan nie.” Ons is besig met dit wat meer moet wees as wat die skrifgeleerdes van daardie tyd bedryf het. Kom ons lees: MATTEUS 6: 1 – 4 Ek wil ‘n voorbeeld gee. Eintlik wonder ek wat Jesus hieroor sou sê? Daarmee bedoel ek ek verstaan dit word so aangepak om die nuwe generasie jongmense betrokke te kry maar .... die selfie generasie. Dit werk so. Jy neem ‘n foto van ‘n deel in jou area wat erg rommel bestrooi is. Dan ruim jy dit op. En jy neem ‘n tweede foto van jou en die vol sakke rommel wat jy opgeruim het, met die nou skoongemaakte omgewing agter dit. Jy hashtag dit en sit dit op instagram of twitter of facebook of waar ookal. Ongelukkig in vandag se wêreld is dit hoe jy mense betrokke kry. Hoe raak dit ons teks? Met die kinderhuis het ‘n dame haar werk betrek. Hulle was opgewonde om betrokke te raak. Sy moes net vir hulle sê hoe hul betrokkenheid hulle BBEEE Ratings bevorder en of hulle dit van belasting kan terugeis. Ons gaan vandag moet mooi dink oor hierdie deel. Vanfag see wêreld is totaal anders, en die wêreld waarin ek en jy groot geword het bestaan nie meer nie. So, hoe “vertaal” ons die deel in ons lewens in op ‘n manier wat vir God werk? Ek gaan die deel verduidelik en die verdere toepassing vir ons elkeen los as dit kom by groter projekte en hoe dit daar moet uitspeel. In die gewone hulpverlening sal ek mooi uitspel hoe dit werk. Dit tref ‘n mens dadelik dat Jesus twee dinge hier aanraak: Die eerste is dat Jesus nie bedoel dat ons ons goeie dade moet probeer wegsteek nie. Jy doen dit stil stil en jy vertel vir niemand nie. Dit is egter nie heeltemal waaroor dit hier gaan nie. Jesus kyk dieper. Hy kyk na jou hart. Kom ek verduidelik: ‘n Mens kan stil stil mense help maar jy doen dit met die doel om op ‘n manier iets hieruit terug te kry. Dalk is dit om beter oor jouself te voel of om vir jouself te kan sê kyk hoe oulik is ek. Of dalk doen jy dinge so dat mense kan sê dis darem ‘n goeie mens daardie. Wat jy terug kry is ‘n stuk bewondering of respek of erkenning. Jesus sê in daardie geval het jy al klaar jou beloning weg. Die mense het jou al reeds bewonder. So God hoef niks vir jou te doen nie. Die positiewe kant sou wees om goed te doen sonder om iets terug te verwag. Jy doen dit bloot omdat jy kan en omdat jy weet Jesus verwag dit. Kom ons haal dit bietjie meer uitmekaar uit: Vra jouself: Doen ek my goeie dade of ek gesien word of nie, of, ek doen goeie dade sodat ek gesien kan word. Die skrifgeleerdes en fariseers het dit openlik gedoen sodat die mense hulle kan bewonder. Moenie so wees nie, sê Jesus. Moenie dit oor jouself maak nie. As ek mense help met die hoop om erkenning van mense te kry, dan is ek soos ‘n skrifgeleerde of ‘n fariseër. As jy vra “Wat is hierin vir my?” dan is jy nie besig met koninkrykswerk nie. Dalk met beeldpoets en jouself te laat goed lyk. Maar jy het die koninkryk van die hemel se werkswyses gelos. In die koninkryk van die hemel, waarin ek en jy die voorreg het om te leef, doen ons goeie dinge uit die hart uit vir ander met die doel om God te weerspieël en te verheerlik. Dit gaan nooit oor ons nie. Ons doen nie dinge om te ontvang nie. Ons wil God net God se liefde uitleef. Dit gaan net oor ons wanneer God ons die ontvanger van goeie dinge maak. Soos Sy genade en Sy liefde. Paulus skryf in Kol 3: 17 – 24 17 En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom. En in vers 23 en 24 as hy oor slawe en diensknegte skryf dan is dit dieselfde. Jy werk asof vir die Here. 23 Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, 24 omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan. Doen alles in jou lewe asof vir die Here. En in Matteus 25 gaan ons leer help mense in nood asof hulle die Here self is vir Wie jy hulp gee. Ek klaar net ‘n laaste losgedagte of twee op wat belangrik is vir ons verstaan van die deel. • Loon. Regdeur hierdie dele word gepraat van loon. Jesus gryp terug na die Joodse gedagte waar as jy meer doen as wat die wet vereis sal God jou beloon. In hierdie deel gebruik Jesus om te wys hierdie mense doen dinge omdat hulle deur God beloon wil word maar eintlik maak hulle ‘n groot fout want hulle het klaar hulle loon weg. Die mense het hulle klaar bewonder en geprys vir hul goeie daad. • Die linkerhand wat nie moet weet wat die regterhand doen nie is ook interessant. Sommiges verklaar dit dat linkerhand bedoel soos ‘n vriend. Nie eers jou beste vriend moet weet wat jy doen nie. Of jy glip iets met een hand in iemand anders se hand om hulle te help en nie met al twee hande tegelyk nie want dan sou mense dit makliker kon raaksien. Die betekenis is eintlik maar net dat God die enigste getuie moet wees van die mooi wat jy gedoen het. Iewers het ek gelees van dat iemand sou gesê het die persoon doen dinge voor ‘n gehoor van Een. An audience of one. Wat ons nie moet mis nie, is dat ons ongevraagd, net omdat God ons in so ‘n posisie geplaas het, mense moet help soveel ons kan. God seën jou en my. Nou kan ons ander seën in hul nood.