Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
Matteus 5: 38 - 42 Ons het begin by Matteus 4:19. Jesus wat sê kom volg My! Ek maak julle vissers van mense. Ons eindpunt is 28: 19 waar Jesus die dissipels uitstuur om dissipels te gaan maak. Wat tussen die twee dele lê is wat ek en jy moet leer. Ons is besig om te beweeg van die punt waar Jesus ons roep na die punt waar Hy ons so vernuwe het dat Hy ons kan uitstuur. Iemand het die volgende gesê: “Maybe the journey isn’t so much about becoming anything. Maybe it’s about unbecoming everything that isn’t really you, so you can be who you were meant to be in the first place. Ons begin dikwels dink by die sondeval. Ons sien onsself as sondaars. Wat deur Jesus uit die mag van sonde bevry is. Maar wat van as ek vir jou sê dat die mens iets anders was voor dit? Wat van as ek jou sê dat God besig is om ons terug te vat na ons factory settings toe. As my selfoon streke uithaal en nie meer reg werk nie, dan vat ek die foon terug na sy “factory settings” sodat dit weer kan werk soos dit bedoel was. God wil ons herskep na Sy Adams en Evas in Sy tuin van Eden. En God wil ons herstel tot Sy verteenwoordigers. Hy wil Sy beeld weer in ons uitbring. En dit is waarmee Jesus in ons besig is. Jesus is nie hier besig om ons uiterlike gedrag te verander deur nuwe reëls op te stel nie. Hy is besig om ons harte te vernuwe. En om ons van ons hart af uit te herbou. Is jy oop vir dit? Bid dan elke dag vir die Here om jou so te herskep. 1. Die koninkryk is anders. Wat ek dadelik opmerk is dinge werk anders by God as hier tussen mense. • Mense sê jy mag nie moord pleeg nie. God sê jy mag nie iemand anders uitskel as ‘n idioot of ‘n gek nie. • Die mense sê jy mag nie egbreuk pleeg nie. God sê ons moet liewers nie eers met die doel om hom of haar te begeer, na iemand anders kyk nie. • Die mense sê jy mag nie jou eed verbreek nie. God sê ‘n eed moet nie eers nodig wees nie want jou ja moet altyd jou ja wees. Ek hoop dat ons dit weer en weer oorlees en die Here vra om dit alles kenmerkend van ons te maak. Want die goed bou op mekaar. En vandag pak ons wat sekerlik een van die moeilikste veranderings is, aan. “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘n Oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand. Maar Ek sê vir julle ...” En dan kom Jesus met hierdie massiewe skuif in ons ingesteldheid. En alles wat ons as kinders geleer het oor moenie ‘n vloermat wees nie, moenie laat mense oor jou loop nie, moenie op jou laat trap nie. Handhaaf jouself. Dit alles en meer, trek Jesus ‘n streep deur. Hy kom leer ons ‘n ander manier van reageer op seerkry, vernedering, as jy te na gekom word. En ja, jy het my reg gehoor. God se kinders breek die siklus. God se kinders vat vernedering op die ken. En God se kinders is bereid om meer te doen as wat op ons afgedwing word. Ons sal die spreekwoordelike ekstra myl loop selfs vir ‘n vyand. En as dit vir ons moeilik raak dan kyk ons net na ons Here Jesus en ons kry weer krag. Is Hy nie self ook verneder nie? Het ook Hy dan nie onreg gely en steeds nie gesondig nie? Ons sien in Jesus net iets anders. 2. ‘n Harts verandering. Daar is duidelik meer aan hierdie deel as wat ‘n mens so met die eerste lees raaksien. Wat jy wel nie kan doen is om hierdie ‘n wet te maak nie. Die oomblik wat jy ‘n “moet” hieraan sit het jy Jesus klaar misverstaan. Leer om so met Jesus te leef dat jy reageer soos die Heilige Gees jou dring. In die Ou Testament mag jy iemand terug kry. Maar jy mag nie meer aan hom doen as wat hy aan jou gedoen het nie. En dan moet dit stop. Maar waar is die liefde daarin? Waar is die vergifnis? En as ek dieper sny, waar is die wedergeboorte daarin? Ons moet afleer wat ons geleer is want in die konninkryk van God is dinge anders. Doen ons dinge anders. Is ons anders. Onthou asb: Jesus is besig om ons stuk vir stuk her op te bou na koninkryksmense. Hy leer ons stap vir stap hoe om soos Hy te leef. Wat ons vandag leer is om nie ons lewens te verskraal as ons seer kry nie. Ons laat dood gewoon, ons nie intrek in ons vernederings of persoonlike seerkry in nie. Ons laat dit gaan. Ons maak dit nie ons wêreld nie. Party mense is al so met haat gevul dat dit al is wat by hulle uitkom. Christene nie. Ons moet meer wees as wat met ons gebeur. Ons is mense wat deur God lief gehê word. So lief dat niks anders saak maak as wat God dink oor my nie. As ons werklik tuiskom in God se liefde vir ons, dan maak die wêreld se opinies nnie meer saak nie. Ek kan dit laat gaan. Jesus praat hier oor wat om te doen as ‘n kwaadwillige mens jou aanvat. Die Grieks vir kwaadwillig is iets in die lyn van ‘n moreel korrupte persoon. Boos. Kwaadwillig. Dis die woorde wat in vertalings gebruik word. As so ‘n mens oor jou pad kom, dan sak jy nie af na sy of haar vlak nie, jy default terug na Jesus toe. Dan gee Jesus drie voorbeelde: Al drie gaan oor iets wat as vernederend beskou is. ‘n Klap. ‘n Soldaat wat jou dwing om sy sak te dra. Iemand wat ‘n saak in die hof teen jou voer. Die vierde voorbeeld gaan oor hulpvaardigheid. Ek hoef u nie te sê hoe mense vandag reageer opseerkry en aanvalle – kyk net op FB en whatsapp groepe.... Dit is nie koninkryksgedrag nie. Dit is nie Jesus se manier nie. As jy dink hierdie pil is moeilik om te sluk, hierdie les is swaar, die volgende een bou hierop. Ons moet hierdie onder die knie kry. En dit begin in jou hart. Jou hart moet soos God s’n word. Bid elke dag dat God jou leer om anders te reageer. Bid dat God jou so met Sy liefde vul dat jou reaksies anders kan wees op seerkry en vernedering. Die sondebok agter alles is jou ego. Jou eie-ek. Laat dit gaan. Ook dit vra aanhoudende gebed. Die onderliggende storie in al die gevalle is, koninkryksmense beantwoord seerkry en die lelike met goedheid. Om die ander wang te draai. Dit beteken dat dit nie die geleentheid is om vermakerig te wees nie of vir die persoon te probeer wys jy is moreel beter as hy of sy nie. Dit is eerder ‘n opregte ‘n begeerte om nie self die ander persoon terug seer te maak nie. Jy is besig om die geweld te stop. Persoonlik dink ek dat in ons tyd gaan dit verder as net ‘n klap. Dit geld ook vir woorde of ander gedrag soos as iemand jou koue skouer of ignoreer of watter ander manier van verneder of ander aksie wat ten doel het om jou seer te maak of te verneder. Die bokleed en onder kleed storie wys ook op ‘n ander ingesteldheid. Iemand vat jou hof toe. En sê nou maar die hof beslis teen jou. As daardie mens steeds nood beleef, dan help jy daardie mens. Jy vat nie die houding van ... jy het my hof toe gesleep nie so ek sal jou terug kry of jou spite of my verlekker in jou swaarkry nie. Wie van ons geniet nie die stok ou storie van die man wat vies was oor sy belasting aanslag en toe die geld met sente gaan betaal het, kruiwaens vol sente? Wel, dit werk nie vir God so nie. Jy antwoord met die goeie. Soos God met jou en my doen. En as daardie Romeinse soldaat jou dwing soos hy die reg gehad het om dit te doen, om sy sak te dra vir die myl wat die wet toegelaat het, dan, as jy die tyd en die geleentheid het, dan dra jy dit vir nog so ‘n myl want jy het ‘n hart soos Jesus s’n wat omgee en help. Dallas Willard wys daarop, dis belangrik om elke situasie op sy eie te meet en jouself af te vra wat vra die Here van my in hierdie situasie. Situasies verskil. As dit gesinsgeweld is, moet jy jouself uit die gevaar uit verwyder. As dit iemand anders se lewe in gevaar stel, bv jou gesin in ‘n huisbraak, dan is dit anders. Dan verdedig jy. 3. Jesus en Paulus as voorbeeld. Ek wil wys op Jesus en op Paulus. By Jesus se verhoor, toe die wag Hom geklap het, wat was Jesus se reaksie? Hy het nie die ander wang gedraai nie, maar Hy het Sy reg gehandhaaf en gevra: (Joh 18: 23)“As wat Ek gesê het, verkeerd was, sê dan wat was verkeerd; maar as dit reg was, waarom slaan jy My?” En onder eed het Hy geantwoord Hy is die Christus (Matt 26: 64). En Paulus, toe die Romeine hom wou gesel om die skare tevrede te stel, toe het hy daardie keer dit nie maar net gevat nie, hy het die kaptein gevra “mag jy ‘n Romeinse burger so behandel? Hy het op sy regte gestaan. En in Filippi in die tronk, toe hulle hom en Silas wel geslaan het, en God hulle boeie gebreek het en die tronk deure laat oopgaan het. Het Paulus gesê nee, (Hand 16: 37)“Maar Paulus sê vir die polisie: “Ons is sonder verhoor in die openbaar geslaan en in die tronk gestop, ons wat Romeinse burgers is. En nou wil hulle ons stilletjies hier wegkry. O nee! Laat hulle self kom en ons uitlei.”. Elke situasie is uniek. Leer om so na God te luister in jou lewe dat jy weet hoe om te reageer. Maar nêrens in hierdie deel gee Jesus ons die reg om lelik te raak of soos die bose self te reageer nie. Ons moet anders wees. Mag die Here ons help hiermee.