Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
Hebreërs 5: 11 – 6: 3 Wie hier bou legkaarte? Kan ons kyk wie het al die heel grootste legkaart gebou? 5 stuk? 100? 1000? 10 000? Groter? Wie bou huidiglik aan ‘n legkaart? As ek dan die ander kan vra wat dit geniet om legkaarte te bou: Hoekom bou jy nie huidiglik nie? Nie tyd nie? Doen dit net in vakansies as daar nie ander belangriker dinge is wat gedoen moet word nie? Wat ons eintlik sê is: Dit is nie belangrik genoeg nie daarom skep ons nie tyd om legkaart te bou nie. Ander dinge is belangriker en die bietjie tyd wat ons het gaan na daardie ander dinge toe. Pas dit toe op jou verhouding met God en jou diens aan God. Vervang self die woordjie “legkaart” met “gehoorsaamheid aan God”. Het ons werklik nie genoeg tyd nie of is dit net nie belangrik genoeg nie. Glo ons nie dat God ons kan help nie? Die vraag wat die skrywer van die Hebreër brief vra is: Hoekom is ons gehoorsaamheid aan God, dws ons oorgawe aan God so elementêr? U het tyd om oor dit te dink terwyl ek met die kinders gesels. Wie van jule kan legkaarte bou? Ek soek so drie wat vir my kan kom help bou. Wie van julle het al op jul eie ‘n 1000 stuk legkaart gebou? Hoekom nie? Nog nie probeer nie? Dalk gedink dis te groot ek sal dit nooit regkry nie toe los jy dit? Of dit vat te lank? Ek wil dit vinnig vinnig kan klaar bou, ek het nie lus vir iets wat my weke gaan vat nie. Het julle al gesien dat mense wat lief is vir legkaart bou dit soms raam en teen die muut opsit? En ander sal ‘n kleiner moeilike legkaart vat en ‘n skinkbord van dit maak. Wie het al so ‘n skinkbord gesien? En een teen die muur gesien? Waar? Kom ons bou: (Kind 1 en 2: Legkaart wat te maklik is en dus eerste klaar is. Kyk ook vir samewerking.) (Kind 3 en 4: 12 stuk maar twee stukke is weg.) Vra vir kinders 3 en 4 hoekom is hulle nie klaar nie? Kan ‘n mens so ‘n legkaart raam? Nee. Dis onvolledig. Kom ek gee julle die regte stukke. (Swart geverfde karton) Nie reg nie? Ek stem saam: niemand wil ‘n puzzle hê waar die belangrike deel weg is of swart is en die prentjie bederf. So is dit ook met die Here. As ek lelik met my ma is, as ek jok, as ek stories aandra of skinder, vloek of steel of ander sonde doen dan is daar swart kolle in die prentjie van jou lewe en dan wil God dit nie hê nie. As daar stukke weg is, veral een belangrike deel wat die prentjie maak, en dit is Jesus dan wil God ook nie die prentjie van jou lewe hê nie. Ek wou vir julle elkeen ‘n sjokolade gekoop het maar ek het gevoel ek moet nie: Want ons doen dinge vir ander sonder om iets terug te wil hê. Ons help mense omdat ons Jesus lief het en nie om iets te kry nie. So ek wil ook nie hoor dat jou ma of pa jou moet betaal om jou bed op te maak of jou kamer netjies te hou nie. Dis jou werk. Doen dit en doen dit goed sonder dat jou ma eers moet baklei. Dankie dat julle my gehelp het. Ek het vroeer gevra. Die Here sê “wees heilig want Ek is heilig.”(1 Petrus 1: ). Hoekom moet God ons eers straf of toelaat dat dit sleg gaan met ons voor ons begin luister? Hoekom leef ons nie van die begin af 100% vir God nie? Die skrywer van Hebreërs sukkel om te verstaan hoekom die gemeente nog vashaak by die mees basiese dinge van geloof. Daar is twee redes hoekom hy sukkel om te verstaan: Rede 1: voorbeeld. Ons het die voorbeeld van Jesus. Regdeur die brief hou hy Jesus voor as die perfekte voorbeeld van gehoorsaamheid en oorgegee wees aan God se wil. Jesus as Seun van God, kies uit vry wil, vrywillig om oor ons sondes mens te word en kruis te dra en te sterf en so die straf op ons sondes te dra. Die manier wat die skrywer dit skryf is om te sê dis inspirerend. Jesus se voorbeeld moet ons inspireer om soos Hy onsself ook so volledig oor te gee aan God en dit wat God wil. My suster het van dat sy uit die huis uit is vir ons twee boeties briewe geskryf. En jy moes terug skryf. So op ‘n stadium as tiener in die koshuis het ek ‘n oog op hierdie meisie gehad. So ek vra my suster in ‘n brief watter kant van haar moet ek nou stap as ek haar huis toe vat. En sy antwoord. So ook in ‘n verdere brief: aan die kant wat gevaarlik sou wees. En toe ek weer vra (ook nie geweet wat om te skryf nie) toe antwoord sy nie. Hoekom nie? Want klein boet, jy het die antwoord. Gaan vra haar uit en gaan doen soos ek jou gesê het. Hou op praat en vrae vra en inligting soek. Gaan vra haar net. Gaan doen net. Die Here het ons nuut gemaak. God woon in ons. Sy Heilige Gees wil ons lei en krag gee. Die Here het ons Self geleer / gewys hoe om lief te hê en ons laat voel wat dit is om vergewe te word. Die Here het ons gewys hoe ‘n mens God kan gehoorsaam. Dat dit nie te groot of te swaar is nie (nie ‘n te groot moeilike puzzle is nie). Nou moet ons dit net doen. Bou die legkaart van jou lewe wat God jou gee. Nie die maklike een wat jy so van hou nie. Daardie een se blokkies is nie almal daar nie. So wat nou? Gaan ons aanhou vrae vra soos toe ek tiener was of gaan ons begin doen wat God sê: Begin mense help in hulle swaarkry. Begin om God lief te hê met alles wat ons is en het. Begin om alle mense liefte hê.En ophou vra of hulle goed genoeg is dat ons hulle kan help of kan liefhê. Gaan ons nou begin vergewe? Gaan ons nou begin nee sê vir ons sondes en vir in-wees by ons pelle of die wêreld? Soos nee sê vir teveel drink ... nee ons kuier nie hard nie ... ons drink teveel, wees eerlik. En ophou vloek. Jou kind leer dit by jou. Kom ons hou op om vir onsself te lewe. Het jy iewers gesien dat Jesus net vir Homself lewe? Nee. Hy het vir God gelewe. Hy het Sy lewe opgeoffer vir jou en my. En weet jy: Hy het ‘n vreugde en innerlike vrede gehad wat mense na God getrek het. Gaan ons nou oor en oor kies om soos Jesus vir God te lewe in alles? Orals. Dan gaan ons ontdek hoe God ons mee neem op Sy triomftog en ons ‘n legkaart word wat Hy wil “raam” en altyd by Hom wil hê. Rede 2: Meegevoer Die woordjie wat ons gebruik as musiek ons raak en ons saam vat in hierdie wonderlike ervaring in. Of as ‘n stroom water te diep en te sterk is en dit sleur jou mee met die stroom. Dit vat jou saam met die stroom. Die skrywer sê dit wat Jesus gedoen het en dit wat God in ons lewens doen is bedoel om ons saam te vat in die stroom van geloof en oorgawe aan God. In ons vertaling staan daar in 6 vers 1: Laat ons nie stilstaan by die eerste dinge wat aangaande Christus verkondig word nie, maar verder gaan na die volle inhoud van die boodskap. Die Griekse woord wat hier gebruik word dra die betekenis van meegevoer of meegesleur. Dis nie jou krag nie, dis jou oorgawe. Begin om elke stukkie van jou lewe onder God se wil te plaas. En kyk hoe God jou meevoer en jou laat groei en jou lewe omskep in iets nog mooiers, nog kosbaarder. Laat God jou legkaart bou in jou. Ten slotte: As ons na die teks kyk sê dit ook dat ons moet groei in ons geloof. Ons kan nie altyd by ‘n 9 stuk legkaart bly nie. Vir ‘n 3of 4 jarige kleuter is dit baie goed om ‘n 9 stuk legkaart te bou maar vir ‘n 20 jarige is dit niks. Iewers gaan die ouers sê: Nee man. Dis tyd vir iets groters, moeilikers. Iewers moet die kind groei na iemand wat ‘n kleiner boetie of sussie kan help legkaart bou. Jy kan dit hier sien: Die Hebreerbrief skrywer is vies vir die gelowiges aan wie Hy skryf. Hulle bly vra soos ek my suster bly vra het na die eenvoudige goed. Vertel ons weer van bekering dominie. Nee, dominie, daardie is te moeilik, hou dit eenvoudig. Of daardie is te moeilik, los dit eerder. Ons kan nie klein bly nie. Nie geloof kleutertjies nie. Ons moet groei. Ons moet saam met God die groter moeilike legkaarte bou. Kom ons los die geloof-purity en ons eet die vaste kos van dit wat God gee. Kom ons begin dissipels maak, soos Jesus se opdrag aan ons was. Neem die besluit. Dat jou liefde vir God jou dryf. Laat God jou meevoer in Sy groot genade en liefde in.