Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
Sondag 25 Augustus 2019 Votum Seëngroet Aanbiddingsliedere Lied 163 (2x) Soos ‘n wildsbok FLAM 62 (2x) U’s vir my FLAM 318 Nader tot die Here Ons begin hierdie diens met ‘n storie. Ds Barrie van Wyk vertel dat as hy by geleentheid sy vrou se gesig in sy hande vat en vir haar sê: Jy is die mooiste vrou in die wêreld. Jou lyf is perfek. Jou innerlike is so mooi. Net om te sien hoe sy uitbreek in lag en sê iets soos ‘ja rerig?” Want as sy in die spieel kyk dan sien sy dinge duidelik nie so nie. Daar is baie dae wat ek wonder oor hoe kan God iemand soos ek lief het? Hoe meer ek bid en hoe meer ek my instel op God en op God se teenwoordig wees in my lewe, des hoe meer voel dit vir my dat al wat opduik is my sonde. Ek wat dinge verkeerd doen, verkeerd voel oor mense. Hoe oop-er ek voor God is, hoe minder voel ek ek is okay, ek is nie werd dat God in my lewe kan wees nie. Wie voel nog so? Paulus steek ook vanoggend sy hand op. Romeine 7 Gebed om genade. In vandag se diens wil God ons verseker dat wat ons in die spieel van sy Woord sien, nie is wat Hy sien nie. God sien die offer van Jesus. God sien hoe vir ons sondes volledig betaal is. En daarom kyk en reageer God met soveel liefde teenoor jou en my. God wil vandag vir jou opnuut ‘n teken gee dat jou sonde afgewas is en Hy jou al jou sondes vergewe het. Sy doop. God het geweet ons gaan sukkel. Dat ons iewers gaan twyfel, of die duiwel of mense ons so gaan uitwys dat ons die grootste misukking uit sal voel. Daarom het God vir ons die doop gegee. Die doop wil ons herinner dat God ‘n ooreenkoms met ons gesluit het en ons Syne gemaak het. God wil hê ons moet onthou dat Hy ons God is. Ook in donkertye. Ook as spanning of angs jou onderkry. In die Ou Testament het God mense deur die besnydenis herinner. Vandag is God se teken die doop. Die teken dat soos water ons reinig God se Seun deur Sy kruisdood en bloed wat vergiet is, ons skoonwas, nie net van ons sondes nie, maar van alle ongeregtigheid. Wil jy nie vanoggend saam met my, in klein Sion se doop, net weer beleef dat God jou skoonwas in Christus en reinig van alles wat nie van God is nie. As jy die water sien val, sien dat met elke druppel God sê: Ek is oneindig lief vir jou! Doop. Sion ingebring: Lied 292: 1 My enigste troos Dit is goed as ons dalk soos Barrie se vrou, dalk wil besef, dat sy is vir haar man, inderdaad die mooiste en dat sy in sy oë absoluut perfek is. Hy wil nie iemand anders hê nie. Vir God is ons mense wat Hy liefhet. Mense wat gereinig is van alles wat verkeerd is aan ons. God self het ons perfek gemaak. Daar is ‘n ou liedjie, Die Clan het dit gesing by vanjaar se konsert, Sproeitjies. En die refrein gaan so: ....as ek maar net deur jou oë myself kon sien ...” As ons maar net deur God se oë onsself kan sien, misien sal ons vry lewe dan. En gefokus teen die sonde in ons lewe en dit nie so maklik vatplek gee nie. Miskien sal ons dan die wêrelds uitroei uit ons innerlike uit en dit vul met God self. En dalk kan ons meer bid, soos Sproeitjies sing: as ek myself maar net deur U oê, o Heer, mag sien. Lied 292: 2 Die doop is die seel dat die Heilige Gees my ‘n kind van God die Vader laat wees ... Skriflesing: 2 Tessalonisense 2: 13 - 17 Boodskap Ek is weer terug by Barry se storie van sy vrou wat nie kan glo dat sy mooi is en perfek gebou is en en nie? Voor God sal sy nou anders met dink oor haarself. In God se oë is sy, ons, nuut en mooi en rein. Aanvaar dit. Leef dit. Anders maak ons Christus se werk, Sy sterwe en opstanding tot niks. In die begin van hoofstuk 2 skryf Paulus oor mense wat regtig lelik is. Nee, nie fisies nie. Hulle was dalk heel gaaf en godsdienstig. Hy noem hulle die wettelose mens. Mense wat met valse leringe mense op hol jaag oor diewederkoms onder andere. Hy skryf van ‘n afvalligheid wat sal kom voor die Here weer kom. Hy skryf van mense wat van geloof in Christus af wegstap, en hy skryf van mense wat geloof verdraai om hulself te pas en dan van mense wat doodgewoon boos is. Maw hy skryf vir mense in ‘n wêreld wat netso vals en leeg is as die een waarin ek en jy leef. Sy boodskap kom na ons tussen al die slim praatjies van mense deur, verdraaide evangelie op Google en baie ander plekke, tussen al die haat wat politic versprei en sekere mense leef. Die boodskap is vir elkeen wat voel die lewe is nie aldag wat dit kan wees nie. Vir ons kom sê Paulus: God het jou lief. God het jou uitverkies. Vers 13: “Ons moet God altyd vir julle dank, broers. Die Here het julle lief, en God het julle uitverkies om van die eerstes te wees wat gered word. Julle is gered deurdat die Gees julle vir Hom afgesonder het en deurdat julle die waarheid glo.” Kom ek sê dit weer: Die Here het jou lief. Daar is nie voorwaardes aan nie. Hy maak nie soos ‘n vriend van my van jare toet wie se vrou vir hom gesê het: ek gee jou tot Januarie. As jy dan nog nie verander het nie dan skei ek jou. God doen dit nie! God het jou eers lief en deur Sy liefde word ek en jy verander. Dit begin by die kruis. God wat sy liefde aan ons bewys toe ons nog sy vyande was (Romeine 5). En soos ons ons vasgedraaide lewens aan God oorgee, maak Hy ons nuut. Wedergebore. God maak jou ‘n nuwe mens. Jou ou mens is weg. Jy is nuut. En God het jou lief. Nou is dit waar dat dit wat God sien as Hy na jou en my kyk, is goed en mooi. Jy is gered. Jy is uitverkies. Jy is deur absolute genade van God af deel van God se huisgesin gemaak (Johannes 1:9). Deel van dit, die dieper verstaan van dit alles is, dat die Gees jou afgesonder het, een kant toe geroep het om vir God te leef. Jy is vir God afgesonder. Afgesonder beteken dat jou fokus, die doel van jou lewe is nie oorlewing nie, nie om in te pas in die wêreld nie, of net om jouself te verryk of te beskerm nie. Maar om vir God te leef. Om God se wil te doen soos die engele in die hemel God se wil doen. En jy kan. Volg net die Heilige Gees. Luister vir Sy sagte stil stem. En leef Hom na. Onthou die Gees werk in jou en die Gees sonder jou af vir dit. Jy is geroep. Tussen al die miljarde mense op aarde, is jy deur die Heilige Gees geroep vir God. Wat ‘n voorreg. Laat God nou deur jou uitstraal. Laat die lewende water waarvan Jesus by die loofhutte fees gepraat het (Johannes 6) nou vrylik uit jou vloei soos God dit wil. Hou op om dit te blokkeer met jou onsekerheid en skuldgevoelens. Wil jy hê dat God jou ‘n teken moet gee? ‘n Teken dat dit ook waar is vir jou. Kyk net na die nagmaal. Die nagmaal is ‘n sigbaar maak van die evangelie. God wat ons deur Jesus se dood ... die brood wat gebreek word .... en die bloed van ons Here ... die beker van danksegging ... vir jou en my so lief het en ons roep tot ons skeppingsdoel: om in Hom en deur Hom en vanuit Hom te lewe. En dit in oorvloed. God se liefde en roeping verander ons. Dit maak dat ons staande kan bly in ‘n wêreld wat uit mekaar uit val. Paulus stel dit as ‘n oproep in vers 15 ... wees dan standvastig en hou vas aan die evangelie. Moet nie goed bylas of met afleidings weghardloop soos so baie doen nie. Bly by die kern dat God deur Jesus jou lief het, jou gered en geroep het om aan Hom toegewei te lewe. En as die woord toegewy jou met vrae laat, kom ons maak ook dit eenvoudig: As deel van God se gesin, gaan wees soos God lief vir ander mense. ‘n Hele klomp kere in hierdie laaste drie weke kon ek na mense sit en kyk en keer op keer kom daar die bewuswording ... kyk in liefde na hulle. Of, Jy moet lief wees vir hulle. Dis wildsvreemde mense in ‘n wildvreemde plek, wat absoluut niks met my uit te maak het, waarvan ek hier praat. Wel, ek moes weer leer, leef liefde. Moenie vra of hulle jou liefde waardig is nie. Gaan hê jy nes God hulle lief. Gaan behandel ander soos jy behandel wil wees. Dit is seker die mees basiese vorm van liefde. Dit is die wil van God. Dit is God se wet. Daar is nie ‘n manier daarom nie behalwe om dit te gehoorsaam. Wel, hoor vandag dat God jou vir dit geroep het en jou afgesonder het om te gaan liefhê. Ek het vir julle belowe dat God vanoggend twee tekens sal gee. Die tekens is die doop en nagmaal. Die doop wat herinner dat ons gereinig is, skoon gewas is en geroep is. Die nagmaal wat sê onthou hoe lief het God jou. Kyk, sien hoe groot die liefde is wat die Seun van God kruis toe laat stap het ... en dit vir jou. Kom ek sit, in die naam van ons Here Jesus, die Christus, nog ‘n laaste vers by: Vers 16 “En mag julle in al die goeie wat julle in woord en daad doen, bemoedig en gesterk word deur ons Here Jesus Christus en God ons Vader. Hy het aan ons sy liefde bewys en aan ons deur sy genade 'n blywende troos en goeie hoop gegee. “ Jy leef dalk reeds vir die Here. Draai jou fokus nog helderder in en leef net vir Hom. Hou aan met die doen van die goeie, selfs aan mense wat die waardeer of verdien nie. Wees steeds lief vir hulle met dade van omgee. En bly draai na Jesus Wie in jou woon. Jesus self prrat ons moed in die swaar en in die goeie tye. Jesus self gee jou krag om te leef wat Hy vra. En onthou Sy voorbeeld: Hy het aan ons sy liefde bewys. En vir ons genade gegee. Gaan doen jy ook nou so. Net af van nagmaalstafel Geloofsbelydenis Brood uit Beker uit Gebed Kollekte Slotlied Seën Amen.