Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
Lukas 5: 1 – 11 Wat van as ons die evangelies verkeerd lees? En daarom uit mis op soveel. Die evangelies is die weergawes van dissipels van hul pad saam met Jesus en van Jesus se boodskap en voorbeeld. Jesus het hierdie dissipels geroep om hulle te leer en te vorm om mense te wees wat Hy kan uitstuur na ander. Hulle moes op hulle beurt dissipels gaan maak van mense wat weer op hulle beurt dissipels moes gaan maak. Wat van ons lees die evangelies hierdie keer van uit die oog van onsself as dissipels. Leerlinge. Mense wat in diens-opleiding ondergaan? Sien jou self as ‘n dissipel op hierdie dag. Kyk stip na wat Jesus doen. Wat wil Hy jou leer hier? 1. Daars ‘n honger. Daar is ‘n honger vir God se woord. Die mense druk en stoot om beter te kan hoor. Hulle beur vorentoe om God se woord te hou. Jesus doen iets daar omtrent. Hy leer die mense van God. Lukas vertel nie vir ons wat die mense se reaksie op Jesus se woorde was nie. Hy fast forward na ‘n paar mense se reaksie op wat Jesus doen. Hierdie manne het ook die preek gehoor. Hulle was nie deel van die skare wat vorentoe gebeur het om die woord van God te hoor nie. Hulle was vissermanne, gefrustreerd en moeg na ‘n lang nag waarin hulle net mooi niks gevang het nie. Hulle spoel hulle nette uit. Maw hulle is besig om op te pak om huis toe te gaan. Jesus het in Simon se boot geklim en gevra om dit ‘n entjie uit te stoot. En Jesus preek. En dan begin die drama. Dit is hier waar ons as leerlinge moet regop sit en fokus: Wat wil Jesus vir ons leer uit dit wat nou hier gaan afspeel? Wat wil Hy ons leer oor ons lewens en ons werk vir God? Nie net oor God se vermoeens nie. Maar ook dalk op Wie ons fokus. Dalk moet ons kyk na wat kan gebeur as ons God vertrou? Ek sien ook dat die sg harde werklikheid, die feite, deur God omgeswaai kan word. Ons het hier te maak met die eerste van ‘n hele paar omkeer situasies. Die meer bekendes is dalk die broodjies en vissies se vermeerdering. Toe Jesus die onmoontlik moontlik gemaak het en die skare mense kos gegee het uit net 5 brode uit. Twee geleenthede. Hierdie is die skare nie gevoed met vis nie. Maar Simon en van die ander het God beleef. Gesien hoe die lewe deur God verander kan word in ‘n oogwink. Sien ook raak dat hulle nie welvaart gedink het nie. Dit is nie ‘n voorspoed teks nie. Dit is ‘n teks wat vir dissipels sê kom volg My. Kom wees ‘n dienskneg van die Allerhoogste. Hier is ‘n verskil tussen die skares en Simon en van die wat saam met Simon in die skuite was. Die skare het gehonger na Gods woord en dit het daar by gebly. Simon en die ander het alles net so gelos, van hulle ou lewens af weg gestap en Jesus gevolg. Daar is nog ‘n reaksie by Simon. ‘n Reaksie wat mense oorweldig as hulle besef hulle is in God se teenwoordigheid: Toe Simon Petrus dit sien, val hy voor Jesus se knieë neer en sê: “Gaan weg van my af, Here, want ek is 'n sondige mens.” Ons het self ook baie meer om te bely voor God as wat ons reeds doen. Ons leef in Sy teenwoordigheid, hoe kan ons bewus wees van die verkeerde in ons nie? Hoe is ons so blind, dikwels vir ons liefdeoosheid, of blote self gerigtheid? Ek wonder watter een is ek? Skare of dissipel? Hoorder of doener? Wat is my reaksie op Jesus se en op dit wat Hy ons leer en doen? 2. Gehoorsaamheid. Ek wonder opreg oor Simon en sy span se bereidheid om te doen wat Jesus sê. Sou jy? Sou jy na ‘n lang nag op die water met geen vangs, ondraai, die bote insit, die nette wat jy sopas gewas en weg gepak het, weer ingaan net omdat ‘n rabbi sê “vaar uit na die diep water toe en gooi julle nette uit om te vang.” Simon se reaksie was ““Meneer,” antwoord Simon, “ons het die hele nag deur geswoeg sonder om iets te vang, maar op u woord sal ek die nette uitgooi.” “6 En toe hulle dit doen, het hulle so 'n groot klomp vis gevang dat hulle nette wou skeur. Hulle wink toe vir hulle maats in die ander skuit om te kom help. Hulle het gekom en albei die skuite so vol gemaak dat hulle amper gesink het. Daar is ‘n ou gesegde in Afrikaans “wie nie waag nie wen nie.” Kan ek dit so ‘n bietjie aanpas vanoggend? Wie nie glo nie, sien nie. Of Wie nie gehoorsaam nie ontdek nie. Beleef nie God nie. Dit is interessant maar hierdie deel speel af in die verloop van net nog ‘n dag in Simon hulle se lewens. Hulle is werk toe, deurnag gewerk. Nou maak hulle nette skoon en toe kom Jesus daaraan. In die verloop van net nog ‘n dood gewone dag kom God en Hy doen wonderwerke. Miskien moet ons eerder vra of ons dieselfde Jesus gaan gehoorsaam en self ook uitgaan as Sy dissipels? Moet nou nie vaskyk in hierdie deel nie. Kyk eerder na Matteus 28 en Handelinge 1 en 8. Lg waar hulle orals waar hulle gekom het oor Jesus gepraat het. Ons het oor 400 plus jare ‘n bepaalde manier van kerk wees gevorm. Dit is vir die meeste van ons hoe dit moet wees. Dit is ons maatstaf. Ons is hoorders. Ons luister na die Woord. Ander besoek ons. Ons word gevoed deur die woord wat gebring word. Kom ons keer terug na die bedoeling wat meer as 2000jr oud is. Jesus se bedoeling dat ook ons Sy dissipels sal wees. Kom ons lees soos mense wat opleidings materiaal bestudeer. Met die oog op doen. Nou, as jy die evangelies lees as ‘n leerling, of volgeling van Jesus, besef jy, jy word gevorm, geleer om die Woord aan ander te bring. Die wonderwerke in jou lewe gee vorm aan jou verhouding met God en word deel van die evangelie van Christus wat ek en jy moet gaan leef en oorvertel. Dit word ons getuienis oor Christus. Vanoggend moet luister na die Woord om ‘nnuwe uitkoms te kry. Hierdie keer as luister met die oog om te gaan wees en doen. Om te gaan glo dat as Jesus vir jou iets sê dan sal Hy dit rugsteun / backup met wonders en tekens indien nodig. Kom ek vra jou: As Simon en Jakobus en Johannes, daardie dag langs die meer van Genesaret, instemmende kop geknik het en huis toe gegaan het, sou die wonderlike visvang wonder gebeur het? Wat mis ons uit op oor ons hoorders is wat nie wil volg nie? Hoorders wat nie getuies word nie? Leerlinge wat nooit leermeesters of vakkundiges word nie. 3. Is Jesus legitiem Is Hy wie Hy sê Hy is? Ons sien vanoggend dat Jesus se woorde krag dra. Dat Sy opdragte, al maak hulle dalk op daardie oomblik vir ons nie sin uit nie, ‘n groot vangs lewer. Simon, Jakobus en Johannes, het iets beleef wat hulle absoluut oortuig het dat Jesus die moeite werd is om alles voor te los om Hom te volg. Op daardie oomblik vermoed ek het hulle besef, hier is die skat in die land en hulle maak alles tot niet net om hierdie skat te bekom. Jesus is die kosbare pêrel en hulle offer die vangs van hulle lewens, die massiewe wins wat in hulle nette lê op om Jesus te volg. Vers 11: “En nadat hulle die skuite op die strand getrek het, het hulle alles netso laat lê en sy volgelinge geword.” Die reuse vangs ten spyte. Hulle het alles gelos om Hom te volg.” Hoe gaan jy reageer op Jesus vanoggend?