Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
Lukas 15:11-19 1. Hierdie is seker een van die bekendste verhale in die Skrif. Dis al oor en oor gepredik, vanuit die oogpunt van die Vader, die verlore seun en ook die oudste seun. En alhoewel hierdie gedeelte, wanneer dit in die konteks van die hele hoofstuk 15 gelees en interpreteer word, eintlik handel oor die oudste seun, is al hierdie boodskappe wat gepredik word oor die verlore seun en die vader baie waar en Skriftuurlik. 2. Maar vandag gaan ons fokus op ‘n gedeelte in hierdie verhaal wat ek nie dink baie oor gepraat word nie. Die jong seun noem terloops iets wat soms by mens verbygaan, maar ek dink wat dit die moeite werd maak om oor te gesels. Want baie mense eggo hierdie woorde vandag nog. Kommerwekkend is dat selfs baie jongmense hierdie woorde sonder skroom gebruik, iets wat in ons tyd ondenkbaar was. 3. Hierdie woorde lei baie keer tot ‘n swak selfbeeld, depressie, en in sommige uiterste gevalle, tot selfdood. Veral diegene at gemoeid is met berading sal vir jou se dat hulle gereeld mense sien wat so voel. Wat is hierdie woorde? KLIEK SLIDE!!!!! 4. Ek is nie meer werd nie!!!!! Het u dit al gehoor? Meer kommerwekkend is dat sommige mense nooit tot die uiterste gaan om dit te se met woorde nie, maar hulle lewe getuig daarvan. Ek is nie meer werd nie!! Nie werd om ‘n ma of pa vir ons kinders te wees nie, nie meer werd om ‘n vrou of man vir my huweliksmaat te wees nie, nie meer goed genoeg om my werk te doen nie, en so kan ons aangaan. 5. Volgens Sielkundiges het onlangse navorsing getoon dat dit een van die mees prominentste geestessiektes van ons tyd geword het. Mense wat se: EK IS NIE MEER DIE MOEITE WERD NIE! Of EK IS NIE MEER GOED GENOEG NIE! ‘n Swak selfbeeld het so deel geword van ons samelewing dat dit eintlik vreemd is om iemand tee te kom met ‘n goeie selfbeeld. Ons moet verstaan dat ons selfbeeld, of dan hoe ons onsself sien, reeds van kleintyd af gevorm word. 6. Die sosiale groep waarin ons grootword, die mense wat ons ons lewe lank omring, die omstandighede waarin ek grootword, die wyse waarop mense my van kleins af behandel het, vriende, familie ens. het alles op een of ander wyse 'n invloed op die wyse waarop ons onsself later beskou. Later, die wyse waarop kollegas en veral die wyse waarop my huweliksmaat my behandel, speel ‘n geweldige belangrike rol in die manier waarop ek myself sien en waarop my selfbeeld ontwikkel. 7. Maar hoe dan gemaak? As dit is hoe ek voel, wat doen ek dan met hierdie gevoel dat ek minderwaardig is, dat ek nie aan mense se standaard voldoen nie en dat ek voel dat ek nie aan die verwagte vereistes van hierdie samelewing voldoen nie? Miskien voel ek so want ek het met die harde kant van die lewe te doen gekry. Miskien voel ek so want ek is vasgevang in ‘n verhouding waarin my maat my afkraak, jaloers is en my beskuldig van dinge wat ek nie aan skuldig is nie. 8. Miskien is ek in ‘n verhouding waar ek emosioneel en fisies mishandel word en waar my selfbeeld elke dag afgebreek word. My kinders is dalk rebels, ek kom nie die mas op by die werk nie of wat ookal die rede. U sit dalk met hierdie gevoel van minderwaardigheid wat oor jare in u posgevat het en bly groei het soos ‘n kanker en u wil dit uitskree: WAT DOEN EK HIERMEE!!! 9. R200!!!! U sien, selfs nadat die R200 noot rof behandel is, was daar steeds van u wat hom wou he. Hoekom? Want hierdie noot het steeds sy waarde behou, ten spyte van dit waardeur hy is! Dit wat met hom gebeur het, bepaal nie sy waarde nie. Maak nie saak of jy met ‘n motor oor hom ry nie, hy bly twee honderd rand werd. 10. Die omstandighede waarin hy is en dit wat met hom gebeur verander nie sy waarde nie. Dit maak die noot nie nou skielik net R20 werd nie. Dit bly nog net so waardevol soos altyd. Dawid het iets hiervan gesnap en toe het hy Psalm 139 neergepen. Sommige mense sal dink hy was verwaand, maar Dawid dink aan homself as mens met verwondering. Luister hoe stel hy dit: Ps 139:14. Hy meld dat God hom aanmekaar geweef het in sy moederskoot. Die OV noem dat dit iets is wat “kunstig” gebeur het. 11. Dawid gaan verder en se dat God net wonderlike gedagtes oor u koester. In Ps 40:6 noem hy dat God deurentyd aan u dink. Hoor u dit: Die God van hemel en aarde, wat alles geskape het en alles onderhou, dink deurentyd aan u. Jesaja verseker u dat God u voor u geboorte reeds op u naam genoem het (49:1). Sou hierdie onbeskryflike groot God dit alles vir u gedoen het as u niks werd was nie? As u werklik minderwaardig was? 12. U moet verstaan dat u waarde het, en ons gaan later kyk hoekom dit so is. Maar vir nou is dit belangrik om te verstaan dat ten spyte van u omstandighede, wat u ookal in u verhoudings, as kind of waar ookal moes deurmaak, dat u waarde het. En dit wat u moes deurgaan, miskien selfs nou deurgaan, verander niks aan u waarde in God se oe nie. In Sef 3:17 se God van sy volk die volgende: LEES TEKS!!! En Hy se vandag dieselfde van u en my. 13. God noem u deel van ‘n uitverkore volk, ‘n koninklike priesterdom, afgesonder vir God, ons is sy eiendomsvolk, ‘n mens aan wie Hy sy wonderdade toevertrou het om verkondig te word vir almal. Klink dit of Hy dit aan nikswerd mense sou toevertrou het? Paulus se in 2 Kor 5 dat God ons heeltemal nuut gemaak het. U is nie net ‘n verbetering op die ou mens nie. U is ‘n nuwe mens gemaak. Ver verwyderd van alles wat negatiewe gedagtes in u hart saai, ver verwyderd van die negatiewe dinge wat die wereld en ander mense graag wil he u van uself moet glo. 14. Ek het vanoggend ‘n verrassing vir iemand saamgebring. Die een wat eerste hulle hand opsteek kan hierdie HEERLIKE BEEF pizza kry! Maar hierdie houer het geen waarde as dit leeg is nie. Die houer se waarde le in die inhoud daarvan. Die pizza. 15. U sien, in onsself het ons geen waarde nie. As ek op myself staatmaak om waardevol te wees, gaan ek misluk. Net soos ‘n houer in homself nie waarde het nie, so het ons dit ook nie. Die houer het slegs waarde wanneer die pizza daarin is. wanneer dit leeg is verloor dit alle waarde. Ons het waarde, want God het ons waarde gegee in Christus. Wanneer die Skrif by soveel geleenthede noem dat ons “In Christus” is, verwys dit onder andere na die waarde wat God ons gee deur sy Seun. Ons is waardevol, onbeskryflik baie waardevol vir God, nie omrede ons so mooi, slim, getrou ens. Is nie, maar omdat ons waardevol gemaak is deur God. Ons waarde le in Hom. 16. Net soos dit die pizza is wat die houer waarde gee, so is Christus die Een wat ons waardevol maak. En die rede hiervoor: Johannes stel dit die mooiste wanneer hy se dat God sy mense in die wereld liefgehad het, dat Hy hulle tot die uiterste toe liefgehad het. U sien my broer en suster, God het vir jou, en vir jou, en vir jou so lief dat Hy sy Seun sou opgeoffer het al was u die enigste persoon op aarde. 17. God se in Jes 43:1 dat Hy jou op jou naam geroep het. En wanneer God jou op jou naam noem, dan weet jy jy is iemand met waarde. En drie verse later gee Hy die rede daarvoor: “Omdat jy vir my kosbaar is, omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet”. As dit is wat die skepper van die heelal van u en my dink, as dit is hoe Hy oor u voel, hoe durf ons dit waag om minderwaardig in onsself te voel? Dan maak ons Hom mos tot leuenaar. 18. Eleanor Roosevelt het gese niemand kan jou minderwaardig laat voel sonder jou toestemming nie. Het jy so iemand in jou lewe? Dalk ‘n kind wat afgedwaal het, dalk ‘n baas of kollega by die werk wat jou afkraak, dalk ‘n huweliksmaat. Onthou dan dat daardie persoon dit nie kan doen sonder jou toestemming nie. Deur sy Seun maak God ons meer waardevol as wat enige dieet, oefening, plastiese snykunde of enige selfhelp seminaar ooit kan doen. 19. Dit is menslik dat u iewers in u lewe op ‘n punt gaan kom dat u nie meer oor uself voel soos altyd nie. Meneer, die spiere is nie meer so styf en soepel nie. Die maag begin soos gerysde deeg lyk en elke dag verminder die hare op jou voorkop vinniger as die geld in jou bankrekening. Mevrou, teen middel 40 begin daar ‘n paar ongewenste elemente om u heupe vorm wat skielik nie so gretig is om te verdwyn nie. Dit raak nou ‘n elke dag se inspanning om grys haartjies te verbloem en die plooitjies met onderlaag te bedek. 20. As u hiermee saam nog ‘n huweliksmaat het wat u gereeld hieraan herinner, maak dit selfaanvaarding soveel moeiliker. Onthou dan die volgende: • Die God wat hemel en aarde geskape het en dit elke dag onderhou, het jou tot die uiterste toe lief. • Jy het nie nodig om iets te doen om sy goedkeuring en liefde te verdien nie. • Hy ken jou by die naam, nog voordat jy gebore is. • Hy is die Een wat jou waardevol maak, wat aan jou waarde gee. • Jy het geen erkenning en goedkeuring van enige mens nodig as jy dit alreeds van die Koning van alle konings gekry het nie En vir al hierdie dinge is dit die moeite werd om te onthou dat ons meer as oorwinnaars is. Dat ons meer as oorwinnaars gemaak is deur ‘n God wat ons so liefhet dat Hy bereid was om alles agter te laat en die helse smart te kom beleef om u en my ook waardevol te kom maak. Leef hieruit, en onthou dat u nie hier is om die guns van enige mens te moet verdien nie. Ons is geskape om God te verheerlik, en al die ander dinge sal vir ons bygevoeg word. 21. Kom ons staak om die woorde EK IS NIE MEER WERD NIE of EK IS NIE GOED GENOEG NIE te gebruik. Kom ons gebruik die woorde EK IS MEER AS OORWINNAAR IN XTUS of EK IS TOT ALLES IN STAAT DEUR HOM… Dan gaan ons elke dag meer en meer vanuit hierdie waarde wat God ons gegee het leef, daarvolgens leef, en op so 'n wyse ook meer effektiewer getuies vir hierdie waardevolle God van ons wees.