Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
Deuteronomium 8: 1 - 20 Ek het al vir mense gevra hoe gaan dit en dan antwoord hule: Dit het met my beter gegaan toe my pa nog vir my gesorg het. Het jy al so ‘n antwoord terug gekry? Of self gegee? Miskien is dit juis wat God met ons wil bereik. Die besef dat dit beter met ons gegaan het toe God vir ons gesorg het. Asook die besef, dat dit wat ons het, en dit wat ons vandag is, is net genade. Dit is ‘n geskenk van God. God wag nie op mense nie. God neem die inisiatief. God is ons altyd die spreekwoordelike paar treë voor. God doen dit met Abraham, met Moses, met Israel en vandag nog met jou en my. Al wat ek en jy het om te doen is om God in Christus Jesus te volg. Wat, of Wie, gaan ons die volgende 25 jaar vorentoe neem? Die Here. God wat steeds vir ons sorg. En ons? Wat van ons? Dit het vir my uitgekristaliseer: Vandag moet ek met ons drie dinge deel. Hirdie drie dinge is soos ‘n driehoek se kante vas aan mekaar. En dit spel uit: God sorg beter vir jou en my as wat onsself kan. Dit het beter gegaan toe God vir ons gesorg het. Dit is hoe ons as gemeente saam tot hier gekom het. Dit maak ons toekoms oop. Dit dra ons hier en nou. Hier is die driehoek, of drie dinge. • Gehoorsaamheid. • Onthou. • Nederigheid. Ek kan die drie nie los maak van mekaar nie so ek gaan hulle saam hanteer. Vandag is ‘n onthou dag. En ‘n dag vir nederig wees. En ‘n dag wat ons in trek in groter gehoorsaamheid aan God in. Ons onthou 25 jaar plus se genade. Ek sê plus want die Here het ons gegroei vanaf 245 in 1987 tot ‘n 300 ogv ons gebede. Hy het ons geneem na oor die 400 en nou na ongeveer 365 belydende lidmate. Met ‘n erediensbywoning van 200 plus gemiddeld. Ons het afgestig met ‘n R18000 se deel van die skuld van destyds. Die Here het ons daaruit gehaal. En toe van ‘n sukkelende gemeente geneem na ‘n finansieel sterkerige gemeente. Onthou hou jou dankbaar en op jou kniee voor God. Nederig want jy besef dit is werklik alles net genade. Dit is God wat dinge maak gebeur het selfs teen die tye in. Twee keer in hierdie deel doen Moses ‘n oproep om die wet te gehoorsaam. Israel moet ‘n gemeenskap van gehoorsames wees. Hulle hele toekoms hang af van hul gehoorsaamheid aan God. Baie mense sny op hierdie punt uit. Gehoorsaamheid is iets wat ons ontgroei het toe ons die ouer huis verlaat het. Dit is hartseer. In ‘n land soos hierdie waar elkeen kan maak soos hulle wil en ons almal kla oor die wetteloosheid, is dit erg nodig dat daar ‘n anker kom. Iets wat dinge in plek kan hou. Gehoorsaamheid is daardie anker. Die tipe gehoorsaamheid waartoe Israel opgeroep word, word gedra deur hulle Onthou van die groot dinge wat God gedoen het. Kom ek wys dit: Vers 1 sê: “Jy moet elke gebod wat ek jou vandag gee, gehoorsaam en daarvolgens lewe. Dan sal jy bly lewe ....” Vers 2 sê: “Jy moet onthou hoe die Here jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het....” Ons probleem met gehoorsaamheid is dit word nie deur iets anders gedra nie. Jy kan gehoorsaamheid vir vanoggend met dissipline vervang. Ek weet die twee woorde is nie sinonieme nie. Maar God wil dissipline in ons kweek en die weg daartoe is gehoorsaamheid. Dissipline is tog iets wat ons ons eie kinders inprent. So ook God in ons. 5 “Jy moet diep in jou hart weet: soos 'n man dissipline by sy seun kweek, so het die Here jou God vir jou dissipline geleer.” Ons driehoek vandag, nederigheid, onthou en gehoorsaamheid, is ook dissiplines wat ons daagliks inoefen. Dankgebed by ete. Erkenning dat God vir ons gee. Nederigheid deur die wete dit is genade van Bo. Keuses vir God in gehoorsaamheid gemaak. Dit alles gee balans. Dit bring balans tussen wat ek doen en wat God doen. Sonder om te Onthou word die wet ‘n swaar plig wat op ons gelê word. En gehoorsaamheid word iets wat niemand voor lus is nie. En ons begin droom van vry wees en ons eie ding op ons eie terme weer te kan doen. Onthou gee ons die sleutel. Onthou hou vir ons by die besef dat ek wil uit dankbaarheid met my hele lewe hierdie wonderlike God dien. Hy is so aangrypend en dit wat Hy in my lewe doen so kosbaar dat ek nie anders kan of wil as om my lewe vir Hom te gee nie. Dit is dan wat ons bid “Here, U moet meer word in my lewe en ek minder”. Ons moet onthou dat God beter vir ons kan sorg as onsself. Kom ek wys uit Israel se lewe uit. Toe hulle die eerste keer die beloofde land moes binne trek toe vertrou hulle God glad nie. En Hy jaag hulle terug in die woestyn in vir 40 jaar lank. Tot die laastes van die opstandiges dood is. God neem aanstoot. Maar. In daardie veertig jaar het aangrypende goed gebeur. En dit is van die goed wat hulle moes onthou. Bv Hulle klere het in 40 jaar nie geslyt nie, nie van dungeid geskeur nie. Hulle voete het nie geswel nie. Want God het voorsien. Daar was swaar lesse ook. Maar dit was om dissipline te kweek. Om hulle te leer brood en kos is nie al waarvan ‘n mens leef nie. Jy leef uit God uit. Hulle moes leer dat God vir hulle beter kan versorg. As jy lees alles wat God nog vir hulle sou gee, huise wat hulle nie gebou het nie, wingerde wat hue nie self geplant het nie. Dan besef jy hoe groot God se genade is. Die geskenk wat God hul gee is enorm. God gee oordadig. Maar Deuteronomium 8 weet ook dat saam met voorspoed kom amnesia. Dat voorspoed verdryf dankbaarheid. En dan is nederigheid sommer ook by die deur uit. Want dan word die mens vol van hom of haarself. 17 Jy kan dalk dink: my krag en my sterk hande het vir my hierdie rykdom verwerf. En as jy dit begin dink, wel, as daar dan niemand is om voor dankie te sê nie, dan is daar niemand om te ag nie en ook niemand om te gehoorsaam nie. Jy vergeet van die Here as jy een van die bene van die driehoek laat los: Of gehoorsaamheid; of dankbaarheid of nederigheid. En dan verdwyn die ander bene ook. Sukses, welvaart bring die risiko van amnesia en van onafhanklikheid en hoogmoed teenoor God (vers 14). Ek het gaan dink oor wat die here alles in hierdie gemeente al gedoen het. Ek het onthou van ‘n R18000 tekort in 1998 as ek die jaar reg onthou. En hoe ‘n naweek besoeker sonder om iets te weet van ons penarie, R18000 in betaal het want dit is die bedrag wat die Here hom op die hart gelê het. Ek het rekord basaars onthou, basaars waarin die Here met ‘n onverwags skenking van buite, ons sake omgekeer het. Jare wat dit goed gegaan het. Bywoning was dikwels vêr bo 200 persone per diens. En dat ons die saal moes groter maak om almal te akkomodeer. Ek onthou van ‘n R98000 verwagte tekort en die Here het dit ogv geloof in drie weke uitgewis. En soms beland ons in die woestyn. Dis okay in die woestyn. Die Here is ook daar. Die Here versorg daar. Klere verslyt nie. Voete swel nie. Vandag is okay. Want die Here is vandag hier. Wat nie okay is nie is hoogmoed. Die laaste been van ons driehoek is Nederigheid. Moses is baie duidelik hieroor. God het Israel op ‘n pad gevat om hul nederig te maak. En God het hulle op die proef gestel sodat Hy kan weet wat jy dink en of jy Sy gebooie sal gehoorsaam of nie. Dit was in die woestyn wat God hulle nederig laat word het. En nou voor die nuwe toekoms weet God dat hulle gaan, met alles wat Hy hulle gee, die risiko loop om weer hoogmoedig te word. Daar is net iets aan voorspoed wat jou laat vergeet dat dit eintlik alles net ‘n geskenk is. Dit is die mooi van klein gemeente wees. Jy is afhanklik van God. Elke eresiens, elke dankoffer is ‘n kosbare geskenk van Bo vir jou. Elke basaar, elke erediens laat jou verwonderd oor God. Ons kyk vorentoe na nog 25 plus jare se verwondering in God. Mag Hy ons nog baie mooi dinge saam met Hom gee. Dinge om te onthou. Kom ons onthou: Ons is God s’n. God sorg vir ons.