Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
Filippense 2: 12 – 18 Ek begin met ‘n beeld. Die storie van ‘n borduurstuk. En daarom gebruik ek die vroulike vorm. Daar is hierdie persoon wie jy ken. Sy het al soveel mooi in jou lewe in gebring. Sy het aan jou nog net goed gedoen. Sy het haar self tweede gestel om jou onthalwe. Sy het jou lief gehad self toe ander jou vermy het en jy self jou sommige dae nie self kon liefhê nie. Sy het jou ondersteun deur dik en dun. Elke keer wat jy haar te na gekom het het sy ‘n manier gevind om jou te vergewe. Dit alles ten spyte daarvan dat perfeksie ononderhandelbaar is in haar lewe. Selfs in al haar deerns en omgee is sy iemand wat die beste verwag van die mense om haar. Jy het vir haar net die aller grootst respek en ontsag. Eerbied ook. Jy het haar leer liefkry. En nou wil jy so graag vir haar iets persoonliks gee. ‘n Geskenk. En jy onthou hoe sy al gepraat het hoe sy sal hou van ‘n tappeserie, ‘n borduurstuk. ‘n Prent van haar seun. En jy weet: dit is wat ek gaan doen. Ek gaan vir haar die mooiste tappiserie van haar seun maak. In ‘n boek kry jy die regte patroon. Die patroon word vir jou gedruk. Die uitbeelding van haar seun is klaar op die materiaal. En nou begin jy en jy werk hierdie prent met gepaste gare en naald uit in volle kleur. Sê my, gaan jy slordig werk? Gaan jy dit on nadenkend aframmel? Of gaan jy moeite doen en elke steek deurdagt en met presiesie uitwerk op die materiaal? Laaste vragie vir nou: Gaan dit vir jou ‘n straf wees om dit te doen? Nee. Dit is ‘n liefdestaak. Iets waarop jy trots is. Iets wat jy so graag vir daardie wonderlike persoon wil doen en gee. Dit is wat Paulus hier skryf. Hy begin hierdie deel van sy brief, hoofstuk 2, met aangesien. Iets het gebeur, en nou, omdat dit gebeur het, kom vra hy ‘n paar dinge van die gelowiges. “ Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees, die innige meegevoel en meelewing – maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe. Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.” En dan gee hy vir ons ‘n voorbeeld van presies hoe hierdie dinge in aksie lyk. Hy gee ons ‘n prentjie wat ons kan uitborduur. ‘n Tappiserie van die Seun van God. En ek en jy, ons lewens, is die materiaal waarop die Seun se foto gedruk is. En nou is dit vir ons elkeen om in detail en presies uit te werk in ons lewens. Wat Paulus vir die gemeente in Galate geskryf het is mooi van toepassing hier: “My kinders, ek verkeer van voor af weer in geboortepyne oor julle totdat Christus in julle gestalte kry. (Gal 4:19)” Let asb op die laaste deel. “totdat Christus in julle gestalte kry.” In terme van ons beeld vanoggend: Paulus sou bekommerd gebly het todat ons borduurstuk al redelik ver gevorder het. Die punt bereik het waar jy duidelik kan sien dit is die beeld van Jesus wat ons in ons uitwerk. En jy moet jouself afvra: Hoe vorder ek met die beeld van Christus in my? Laat ons nie begaan wees oor iemand anders se pogings nie. Fokus op jou eie. Die wonderlike is dat God self die patroon in ons geplaas het. Vers 13: “... want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer.” Alles begin by God. God het die genade geskep en gegee. God gee in ons die liefde vir Hom. God skep in ons alles wat ons nodig het om mee heilig en onberispelik te lewe. Ons borduur op dit, die patroon, wat God in ons gegee het en ons doen dit met die “gare en borduurnaald” wat God gegee het. En nou, dit is belangrik, juis omdat dit God is wat dit in ons gegee het, kan ons nie anders om in die uitwerk, die borduurwerk, te doen met erns, ontsag en eerbied vir God. Alles wat jy leef, elke woord, elke gedagte of gesindheid wat jy uitstraal is ‘n borduursteek op die tapeserie wat jy as geskenk aan God in jou uitwerk. As jy dit besef, besef jy ook jy kan nie ligtelik leef nie. Jy moet “uitwerk” wat God in Sy genade in jou “ingewerk” het. Dit word sigbaar, die vordering van jou tapiserie word sigbaar as jou lewe bo alle verdenking staan en jy opreg bly. ‘n Onberispelike kind van God. Vers 15 beskryf die wêreld om ons raak. Niks het verander in die laaste 2000 jaar nie. Die wêreld is nogsteeds ontaard en korrup. En ons moet nogsteeds optreë as ligdraers tussen hulle. En jy doen dit deur die evangelie van Christus uit te dra. En as dit nodig is, dan sit jy woorde by. Eers wys jy Christus vir hulle deur die Christus in jou sigbaar te laat word in alles wat jy doen en is, en dan, as hulle die liefde van Christus en Sy vergifnis beleef het, vertel jy hulle meer van hierdie Jesus wat Sy lewe ook vir jou en vir hulle gegee het. Paulus skryf dat ons ons gehoorsaamheid aan God nog ‘n kerf of drie moet lig. Vers 12. Ons moet selfs nog meer gehoorsaam aan God se wil lewe. Selfs nog meer doen wat ons leer in die Bybel. En ons moet ons toelê daarop om met eerbied en ontsag as verloste mense te lewe. ‘n Paar woorde. Eerbied en ontsag. Die Grieks lees letterlik: met vrees en bewing (meta fobou kai tropou). Maw jou respek en ontsag vir God is net so groot dat jy dit beskou as ‘n saak van lewe en dood. Dit word vir jou maak en breek om so vir God te leef. Die uitleef van dit wat God in jou uitgewerk het is so belangrik dat jy dit ten alle koste met presiesheid vir God wil uitwerk. Dink aan die tapeserie beeld. Toelê. Ek het weer na die oorspronklike gaan kyk. In Engels: the desire.In Grieks: thelein. Letterlik vertaal staan daar “dit is God wat in julle die begeerte om te hê of te ervaar (thelow),geskep het. Of, die gewilligheid en bekwaamheid, in jo ugeskep het. ‘n Derde verstaan moontlikhied is: God het in jou die vermoë geskep om Sy wil uit te voer. Om Sy wil uit te voer. Hoe jy ookal daarna kyk. Jy kan. Jy kan God se wil doen. God het dit reeds moontlik gemaak vir jou en in jou. Doen dit net. Vat die spreekwoordelike “naald en gare” en begin om noukeurig die patroon te volg wat God in jou gegee het. Moet my asb nie vra wat is God se wil vir jou nie. Jesus het dit baie mooi uitgespel in twee kort sinne. En jy weet dit reeds. Jy moet God liefhê met alles wat jy is. En ek wil byvoeg met alles wat ek het ook. En jy moet wie ookal God oor jou pad stuur liefhê. As ek laasgenoemde moet uitspel dan gebruik ek Jesus se woorde in Matteus 7 en ek sit net die woord liefde vooraan: Liefde is om aan ‘n ander te doen wat jy graag aan jouself gedoen wil hê. Liefde is ook meer. Maar dit is die begin punt. Die prakties maak van liefde vir alle mense. Doen goed. Weet u wat is vir my so mooi hier? God werk in my. God werk in jou. Wat meer wil ons hê. Gaan doen nou die borduurwerk. Volg die patroon wat God jou gegee het.