Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
1 Korinthiërs 13 Ek is gevra om vandag oor die huwelik te praat. Ek het net besef ek kan nie oor die liefde in die huwelik praat voor ons nie eers iets oor die liefde deeglik besef nie. Ons moet by God se liefde begin. Van God se liefde weet ons God het die wêreld lief en God is liefde. Dit strek verder as die afstand tussen hemel en aarde, dus oneindig vêr. Van Jesuss eliefde word gesê Hy het ons tot die uiterste toe liefgehad (Joh 13:1). En in Romeine dat Hy Sy liefde bewys het selfs toe ons nog Sy vyande was – sondaars was. Romeine 5. 1 Korinthiërs 13 is ten eerste ‘n deel oor gawes. Oor die plek en funksie wat God vir ons almal in Sy koninkryk en gemeentes het. Dit is vir ons om uit te leef en na te streef op alle terreine. Kom ek verduidelik. Vanoggend is ons kerk van Christus. Ons is saam in Sy Naam. Alles draai vanoggend vir ons om Jesus. More by die werk is ons steeds Christus se kerk net ons is Sy kerk in die wêreld. More draai dit steeds net om Jesus. Ons is Sy getuies. Ons is God se advertensies in die wêreld. Hierdie deel begin by 12: 31 “Lê julle toe op die beste genadegawe.” En dan begin die volgende vers en hoofstul met “Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is ....” En dan beskryf Paulus die lewe sonder liefde en die lewe met liefde. Die uitstaan gawe, die oogvang gawe, die ek moet nou ten alle koste dit ook net hê verkoopspunt vir die koninkryk van God, is die liefde. Ek lees hierdie week op Twitter ... Jy kan jou belydenis weerspreek maar jy kan nooit weerspreek dit wat jy ten diepste glo nie (Dallas Willard). Bring nou Dallas Willard se tweet na 1 Korinthiers 13 toe. Jy kan dalk jou Al jou geloofsdinge kan weerspreek word deur jou lewe maar God se liefde in jou nooit. As jy kyk na die eerste deel, verse 1 tot 7, dan kan tref die leegheid van mense se lewens jou. Hulle lewens kan skouspelagtig wees. Mense kan hul bewonder vir wat hul leef. En tog bly so baie van hulle se lewens leeg. Die rede is eenvoudig: God se liefde in hulle ontbreek. Sonder liefde is ek en jy niks. Paulus dig dan verder oor die liefde vanaf vers 4. Hy noem ‘n klomp goed wat die liefde is. Hy skryf asof liefde iemand is. God is liefde. Jesus het God se liefde geleef. So ek kan met oortuiging sê Jesus is liefde. En ons ken Jesus se hart: Hy wil hê ons moet mekaar liefhê. Nou vra ek jou om jou naam hierin te voeg: jou naam is geduldig; jou naam is vriendelik; jy is nie afgunstig nie ... en so kan ek aangaan. Maw Paulus gee hier vir ons, wat ‘n beskrywing van jou en my lewe is / of moet wees. As ons nie ons naam daar kan inskryf nie omdat dit ‘n weerspreking sou wees van wat ons eintlik leef, dan moet ons op ons kniee gaan en God om vergifnis smeek. Dan moet ons ons lewens oorgee in God se mag sodat die Heilige Gees ons met hierdie gawe tot oorlopens toe kan vul. God wil hê dat ons hierdie gawe so sal leef dat dit mense orals laat regop sit en kennis neem van God en van God se liefde. Daar is nie ‘n terrein waarop ek en jy nie hierdie gawe hoef te leef nie. Moet asb nie onder ‘n wanindruk verkeer nie. Ten eerste dit is God se wil. Liefde is nie omsioneel nie. Dit is wie Christene is. Tweedens: Die blote beskrywing van wat liefde is sê tog duidelik dat dit moeilik is. Dat mense goed gaan aanvang, of situasies gaan ontstaan, wat jou geduld tot die uiterste toe gaan beproef. Wees steeds geduldig want die liefde, jy, is geduldig. Jy gaan dinge bereik, suksesse behaal, oorwinnings. Weerstaan die versoekinng om jou “in your face heupswaaiende victory dans” te doen, want die liefde is nie verwaand of grootpraterig nie. Wees jy liefde. Wees jy nederig. Mense gaan jou knoppies druk ... jy weet mos daardie knoppies wat as hulle bv dit sê dan wip jy jou. Moenie. Jy is liefde. Wees nederig, geduldig, nie liggeraak nie. Doen die eend ding: skud dit af. Laat dit gaan. Jy kan, want jou waarde is in God en in wat God sê en nie in mense en hul opinies nie. Ons is ongelooflik vaardig. Dit is eintlik aangrypend hoe goed en deeglik ons kan boek hou van waar ons dink jy ons te nagekom het of seer gemaak het. Die hartseerste van dit is ons doen dit met ons huweliksmaats ook. Ons hou boek van hulle dinge maar hulle ons word vies as hulle boekhou van ons misstappe. Kosbaar nê? Moet asb nie. Die mense om jou sal nie God in jou kan sien nie. Hulle sal nie kan sien God is liefde nie. Ek is gevra om vanoggend oor die huwelik te praat. (Nee ek gaan nie van voor af oor begin nie). ‘n Jong man het op ‘n dag sy pa se toestemming gevra om te mag trou. Dit was nog in ‘n tyd toe ons waardes anders was. So ‘n bietjie meer as 40 jaar gelede. Die pa het gevra of die outjie nou dink hy is nou al volwasse genoeg vir so ‘n groot stap. Waarop die jong man geantwoord het: Pa, sê jy my. Jy het my groot gemaak. Is ek volwasse genoeg? Die pa het so ‘n ruk lank stilgebly. En toe gesê: Kan jy vir haar sorg. Kan jy vir haar beter gee as wat sy nou in haar ouer huis geniet? Die pa het gepraat van die liefde en omgee en deernis wat sy in haar ouerhuis beleef het. Nie net finansieel nie. Maar ook in liefde en op die hande dra. “Ja pa, ek kan.” Het die jong man geantwoord. Die storie het my aan die dink gesit. Ek weet nie hoe die meisie se pa of ma was nie. Ek weet sy het boeties en ek is nou nie seker van sussies nie. Ekskuus maar ek het bietjie vergeet. Kom ons aanvaar hulle was ‘n hegte gesin en hulle het mekaar beskerm. En hulle was gelukkig saam. Kan jy dit vir haar gee en selfs meer? Ek het in +-2000/2001 in die Family Therapy and networker gelees hoe ‘n sielkundige vir mense met huweliksprobleme vra: As julle huwelik ‘n kind was hoe erg mishandeld sal die kind nou wees? Brandmerke? Blou kolle? Ens. So hoe lyk jou huwelik? Moet ek die welsyn laat kom? Kom ons maak die beeld positief: Wat het ‘n baba nodig om te oorleef? Kos. Aandag. Skoon doeke. Slaap. Jkos. Skoondoeke. Hoe gereeld? Elke dag. En dan dalk meer as een keer per dag. Wat het jou lewensmaat nodig om meer gelukkig te wees as wat hy of sy was toe hul ouers nog vir hulle gesorg het? Hoe gereeld? Mag ek namens die Here hier inkom? Jou lewensmaat, jou gesin, het nodig dat jy 1 Korinthiers 13 vergestalt. Dat jy dit leef. So leef dat dit nie ‘n weerspreek kan woord nie. Ten alle tye. Jou lewensmat het nodig dat jy die liefde is; dat jy geduldig is; dat jy vriendelik is; dat jy nie afgunstig of jaloers is nie, nie grootpraterig of verwaand nie. Ook nie liggeraak en boek hou van die kwaad nie. Maar vergewe en met liefde heel maak. Dit is nou waar jy jou lewe ondersoek, liewers dat jy vir die Heilige Gees vra om vir jou te wys waar is ons nie liefde nie. En dan dit te bely en God te vra om jou so te lei dat ook daardie areas en gewoontes volkome onders Sy beheer kan kom. En jy orals God se liefde vir ander kan wees. Ook in jou huis. Op jou begrafnis, is al wat belangrik was, of jy lief gehad het. Al jou prestasies e opofferings gaan leeg wees as jy nie in liefde dit gedoen het nie. Jou ewe gaan leeg wees as jy nie liefde geleef het nie. Jy gaan net nog ‘n klinkende metaal, ‘n galmende simbaal wees. As jy lief gehad het. Dit sal mense bybly. Dit sal hul dra in moeilike tye. Geloof, hoop en liefde bly. En die grootste hiervan is die liefde.