Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
Jeugdiens November 2018 Lukas 2: 34 – 35 Ek gaan nie in detail in die verse in vandag nie. Vanoggend gaan ons so ‘n bietjie anders tewerk Daar is blykbaar ‘n paar stories oor hoe hierdie lekkergoed ontstaan het. Ek gebruik vanoggend een om te vertel van Jesus. Okay! Wat het ek hier? Wie het al een geeet? Die lekkerny het ‘n hele preek vir ons. ‘n Preek oor waaroor kersfees regtig gaan. ‘n Lekkergoedmaker in Indiana wou ‘n lekkerny maak wat mense sou herinner aan waaroor kersfees eintlik gaan. Toe maak hy een van die (Wys die lekkerny). En nee kersfees gaan nie oor persente nie. En kersfees gaan ook nie oor baie eet en kuier nie. Kersfees is die tyd waarin ons spesiaal ekstra aan Jesus dink. Aan hoekom Hy gebore is. En aan wat Hy hier op aarde kom doen het. Ons dink aan God wat met ons ‘n nuwe begin kom maak het. Hierdie stukkie lekkerte gaan ons help om dit alles te onthou. 1. Ons begin met die wit. Dis wit en dis hard met ‘n rede. Wit is die kleur van reinheid. Die kleur van onskuld. As jy aan kersfees dink dan dink jy aan die Baba in ‘n krib. Mense sê baie keer ‘n baba is die ewe onskuld. Maar hierdie wit lekkerte gaan oor Jesus wat Sy hele lewe lank hier op aarde nie sonde gedoen het nie. Hy het rein gebly. Skoon aan die binnekant. Die wit staan vir Jesus wat onskuldig was voor God. Die wit trek hierby in dat Jesus die opstanding vir baie mense sal wees. Deur te glo in Jesus word ook ons wedergebore en uit die dood opgewek. Word ons ogv Jesus se dade onskuldig voor God verklaar. Die wit sê dus iets oor elkeen wat glo in Jesus: Ons word onskuldig verklaar. Die lekker is nogals hard. Jy kan jou tande breek op die goed. So wees maar versigtig. Wie wil raai wat die boodskap van die hardheid is? Die hardheid sê Jesus is ons rots. As die grond onder die wêreld padgee dan sou ons nog veilig in Jesus wees. In Psalm 46: al sou die ergste moontlike rampe kan gebeur. Ons is veilig by Jesus. Hy is ons rots. Daarmee sê ons ook die hardheid is netso so solied soos Jesus se beloftes. Jy kan jou lewe bou op wat Jesus sê. Maar die hardheid kan jou breek. So die rots ook. As jy daaroor struikel en val kan dit jou jou lewe kos. Om nie in Jesus te glo is om die harde kant van God te ontdek. Die kant waar daar latr nie meer genade is nie maar net oordeel. En ewige dood. 2. Die buig. Hy het die lekker gebuig sodat dit soos ‘n skaapwagter van ouds se staf moet lyk. Dit herinner ons aan Jesus wat die goeie herder is. Jesus het in Johannes 10 gesê Hy is die goeie herder. Hy het gekom om vir ons die lewe te gee en dit in oorvloed. Jesus het geweet dat dit wat baie mense dink ‘n lewe is, is eintlik so vol twyfel, en seerkry, onsekerheid en haat hier binne in ons is dat ons ander seermaak en op die einde self ongelukkig is. Dan soek ons altyd iets nuuts om ons beter te laat voel. ‘n nuwe foon. ‘n Nuwe club om toe te gaan. En en en en. Die lewe wat Jesus gee is propvol, tot oorloop toe vol van mooi dinge. Dinge soos liefde, vreugde, vrede en vriendelikheid. En Jesus gee jou ‘n goeie hart vol omgee. En Hy bring getrouheid en nederigheid en selfbeheersing in jou lewe in. Alles dinge wat ‘n lewe maak wat die moeite werd is. So die lekker is gebuig in die vorm van ‘n staf om ons te help besef dat kersfees God in ons harte wil bring en dat God ons wil leer hoe om regtig te lewe. Dat God ons nader trek aan Hom soos ‘n herder ‘n skaap wat wegloop nader trek. Nou gaan ek dit omdraai. Wat sien julle? ‘n J. In Lukas 2 vers 35 is gesê so sal die gesindheid van baie mense aan die lig kom. Dit is in die “J”. In of jy Jesus glo of teen Jesus praat. Of jy Jesus volg of teen Hom leef. Jou eie kop volg. Baie mense vergeet skoon waaroor kersfees gaan. Vir hulle is dit net ‘n vakansiedag. Vir ons gaan dit oor Jesus. Jesus as baba gebore om 100% een van ons te wees. Jesus wat met dieselfde tipe goed en moeilikhede as ons moes worstel. En Jesus wat getrou aan God geleef het. Kersfees is vir ons: Jesus. Ons vier ‘n Christusfees. Dis hoekom ons op kersoggend eers erediens toe kom. En dan daarna eers saam met ons families gaan kuier. 3. Die rooi strepie. Kersfees is nie net ‘n mooi storie nie. Dis vol van die harde grootmens wereld. ‘n Keiser in ‘n ver land neem ‘m besluit. En Josef en baie ander, moes baie ver moes loop om te gaan registreer. Dit omdat ‘n keiser in ‘n ver land dit ‘n wet gemaak het. En Maria moes saam. Al was dit nie ‘n goeie idee om sover in haar swangerskap, sover te reis nie. Die wêreld waarin Jesus gebore is was hard en koud soos dit baie dae hier is. Met vreemde mense wat heers. En glo my: die Romeine was wreed. Die dik rooi streep sê dat Jesus Sy lewe opgeoffer het, gegee het sodat God ons nie meer hoef te straf nie. Jesus het ons straf gedra oor ons sondes. Die rooi strepie wys op hoe die Romeinse soldate Jesus stukkend geslaan het. Hoe Hy die kruisbalk deur die strate moes dra en almal Hom gespot het. En dit wys na die kruisiging. Die spykers en Sy dood. Al was dit hoe wreed, was dit omdat Jesus en God ons so baie lief het. So as jy die rooi streep sien kan jy ook aan rooi harte en mooi liefde dink. Kan jy onthou dat al is die wêreld hoe hard en al het jy dalk ook al baie nonsens aangejaag in jou lewe, God het jou baie baie lief. Johannes 13 sê Jesus het ons tot die uiterste liefgehad. Daar was nie ‘n afsny punt nie. Daar was nie ‘n ding van verander eers en dan sal ek jou liefhê nie. Of selfs net ek het iemand anders gekry nie, so ekke gaan jou nie meer lief hê nie. God sal dit nooit aan jou doen nie. God het jou lief. Kersfees is oor God se liefde. En ons wat God nou kan lief hê en ook alles wat God lief het, kan lief hê.