Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
1 Petrus 1: 13 – 25 Ek gaan probeer om die essensie van die teks met ‘n beeld te verduidelik. As ek so om Johannesburg ry in die rigting van die lughawe dan is daar hierdie reuse advertensieborde. Ek het dikwels gewonder hoe kry mens die goed gelees as jy daar verby snel – tot ek in die verkeer vasgesit het – toe het ek baie tyd om fyn te kyk. Dieselfde gebeur as jy die tv aansit: advertensies … of ‘n tydskrif oopmaak … advertensies en selfs op die radio. God is ook in die advertensie bedryf. Soos ek die advertensiebedryf verstaan werk dit so. Jy het ‘n opdrag gewer. Die persoon of maatskappy huur ‘n agentskap om ‘n advertensie daar te stel. Hy / sy lig hulle in wat die produk is en wie die teikenmark is. Die agentskap trek dan ‘n stel idees op wat gemik is op die teiken mark wat deur die opdrag gewer aangedui is. Dan gaan hulle terug na die opdrag gewer om te hoor of hulle van die idees hou of nie en eers dan word die advertensie gemaak en uitgestuur. Die opdrag gewer teken nooit ooit die finale sê oor die advertensie af nie. Dis iets wat ons moet verstaan. God teken nooit Sy sê op wat ons lewe af nie.! God is besorg oor die kwaliteit van ons lewe want dit raak direk die kwaliteit van Sy advertensie in ons huise en op straat en in besighede. Wat en hoe ons leef kan Sy beeld baie skade aandoen. Daarom behoort ons te onthou: Ons is ‘n advertensie wat steeds totaal van Sy goedkeuring afhanklik is. Dit beteken 1) Vra elke dag of dit wat jy beplan om uit te sit daar buite – dit wat jy beplan om vir ander te sê, of aan ander wil doen, strook met God se beleid of beeld. Ek dink dis een van die groot sokkersterre, Remaldo?, wat sy borgskap van Nike kan verloor …. Oor dinge wat hy in die verlede sou aangevang het. Nikes is begaan oor hulle beeld. God ook. Daarom is dit vir God baie belangrik hoe en wat jy uitleef – dit kan nogal God se produk skade berokken – daarom moet jy eers terug na Hom en vra: Here is dit reg as ek so leef of so praat of daardie mens vir wie jy kwaad is so presies met gevleuelde vreemde woorde vertel waar David die wortels opgegegrawe het? En natuurlik werk dit in die Koninkryk van God effe anders as in ons advertensie wêreld. God is die Opdragewer. Die genade wat Jesus met Sy dood en opstanding moontlik gemaak het is die produk. En ja, ons is die advertensie van die produk. Maar ons is ook iets meer. Ons is in ‘n sekere sin ook die agentskap wat die advertensie vervaardig. Ek meen wie besluit wat jy op ‘n gegewe oomblik gaan kwyt raak? Net jyself! En wie besluit oor wat jy nou net hierna gaan doen? Jyself. Wie is verantwoordelik vir jou dag tot dag dinge? Net jy! En in daardie “ek – besluit – self” is jy die agentskap wat beheer neem oor die advertensie. Moet net nie dink dis jou reg om te besluit – dat jy die finale sê het oor dit wat ander gaan sien en beleef in jou nie – dis God se reg. Die finale sê – die besluit oor wat ons uitsaai – dis God s’n. U sien: Iets het gebeur in jou lewe. God het jou op jou skouer getik en gesê ek wil jou My kind maak. Ek wil jou lewe so nuut maak dat mense na jou sal kyk en My in jou kan sien. Ek sal al jou foute en sondes vergewe. Ek sal jou gedagtes nuut maak en jy sal soos ‘n ander mens wees – ‘n nuwe mens. Beter. Aangenamer, nie meer oppervlakkig nie, iemand met oneindig meer diepte. En ons het dit met dank aanvaar. En God het ons dit gemaak. Nou moet ons daardie nuutheid – daardie anders-as-wat-ek-van-te-vore-was – uitstal vir mense om te sien. Ek moet God se “Billboard” op die snelwee van mense se besiger lewens gaan wees. En ek moet God se advertensie breek in die sepies van ander se lewens gaan wees. Kom ek spel dit nader uit: Aangesien jy ’n kind van God geword het, kan jy nie maar jou natuurlike geaardheid vrye teuels gee nie. Jy kan nie maar net doen waarvoor jy lus het nie. Jou lewe moet wys dat God jou sy kind gemaak het, dat jy daarom wil leef soos jou Vader in die hemel dit wil hê. God stel nou vir jou die standaard wat jy moet lewe. Jy neem besluite en reageer ogv God se standaarde en nie meer met jou gewete, of jou natuurlike geaardheid, of ander mense of selfs die feit dat ons dinge van Van Riebeeck se tyd af so doen nie. Die standaard is: Wees heilig soos God heilig is. Mense moet iets van God se liefde en vergifnis en omgee beleef in hoe jy praat en in wat jy doen. Jy moet soos iets wees wat nie allerdaags is nie maar een kant gesit is omdat dit spesiaal is. Heilig beteken afgesonder, eenkant gesit vir besonderse gebruik. In die lig van ons advertensebeeld: Eenkant gesit om ‘n lewende 24 uur 7 dae week 365 dae ‘n jaar advertensie van God. Wow! Mens wil dalk sê: Maar ek kan nie! Kyk vir my weer na vers 13. Die oproep om heilig te wees, om ‘n advertensie vir God se nuutmakende vermoens te gaan wees begin met die woordjie:”daarom”. Dit beteken: Omdat iets in jou lewe gebeur het ... in ons geval: omdat God jou nuutgemaak het ... daarom kan jy as nuwe mense leef. Daarom kan jy anders wees. Jy hoef dit nie te word nie. Jy is dit reeds. Gaan wees net wat God jou reeds gemaak het. Gaan wys jy is wedergebore. Gaan wys hoe geniet ‘n kind van God sy haar lewe sonder die krukke wat baie mense gebruik om te probeer dinge te geniet of te oorleef. En as jy ooit gewonder het wat is die sin van jou lewe, of dalk gewens het God kan iets bruikbaars met jou doen. .... Besef dan: Hy doen dit reeds. Hy adverteer deur jou. Jy is dalk al wat iemand oor God lees. Geleentheid vir stilgebed.