Datum:
Opskrif:
Nuus:
PLAASAANVALLE EN PLAASMOORDE Terwyl alle gemeenskappe ly, is ons gedwing om vir die soveelste keer ons aandag te vestig op die aanhoudende vlaag van plaasaanvalle en plaasmoorde, asook die brutale geweld waarmee dit geskied. Ons huil hieroor en aan die ander kant is ons woedend hieroor. Ons evangeliese roeping is om onverskrokke te veg vir die regte, vryheid en menswaardigheid van alle mense en om ons teen enige vorm van onreg te verset. Ons kan nie anders as om die regering weereens hieroor tot verantwoording te roep nie - ons eis daadwerklike aksie! Terselfdertyd roep ons geestelike- en gemeenskapsleiers uit elke sfeer van die samelewing op om sáám met ons, enersyds te bid vir ‘n kultuur van harmonie, vrede, geregtigheid en billikheid onder al ons mense en andersyds, om ‘n doelbewuste samewerking te vestig. Baie boere, asook plaaswerkers gaan die Kerstyd met kommer en vrees tegemoet. Ons wil vir alle boere en plaaswerkers verseker dat ons hulle aan die Here opdra en te alle tye vir hulle veiligheid bid. Ons sal baie graag vanuit ons gemeente-geledere vir hulle wil bystaan. Die genade van ons Here Jesus Christus bly met ons. Vriendelike groete. Dr Pieter van Jaarsveld (Voorsitter) Ds Riaan van Zyl (Ondervoorsitter) Dr Carin van Schalkwyk (Skriba Dr Bertus Celliers (Addisionele lid - STK) INTERIMKOMITEE, MODERAMEN