Datum:
Opskrif:
Nuus:
NG Gemeente Deneysville Terugvoer aan die gemeente aangaande die finansies tydens die Covid 19 pandemie, soos op 30 September 2020. Die president het onlangs die isolasie inperking na vlak 1 ingekort. Mense het skielik vry begin rond beweeg en geleef of daar nie n more is nie. Nou waarsku kenners teen n tweede vlaag infeksies wat tot gevolg kan hê dat ons dalk weer na ‘n meer ingeperkte vlak ingeperk kan word. Waar laat dit ons as n gemeente ? Dit laat ons waar ons nog die heeltyd gedurende hierdie krisis was. Veilig in Jesus se arms. Al het dit nie altyd so gevoel nie, het HY ons nooit begewe of verlaat nie. Inteendeel, ons is geseën soos selde tevore. Hierdie jaar, wat baie vinnig na die einde toe aanbeweeg het ons voor baie uitdagings te staan gebring. Ons kon nie n basaar hou nie en ons kon ook nie n wildsfees hou nie. Ons kon nie eredienste hou nie en ons kon nie enige gemeentelike aktiwiteite aanpak nie. Ten spyte van al die voorgaande het ons gemeente se finansies nie, soos verwag, in duie gestort nie. Ons is steeds in staat om al ons verpligtinge na te kom, ons kon baie mense van kospakkies voorsien en ons het steeds reserwes beskikbaar in ons Barmhartigheidsfonds. Sonder die HERE se seen sou dit nooit moontliik gewees het nie. Hieronder volg n verkorte weergawe van ons finansiële vooruitskatting soos op 30 September 2020. VOORUITSKATTING Begroot Werklik Verskil Totaal inkomste R1 175 500 R1 008 755 -R166 745 Totaal uitgawes R1 271 068 R1 105 344 R165 723 Surplus / tekort -R95 568 -R96 590 -R1 022 Die handhawing van ons finansiële begroting is n stille getuienis van die harde werk wat hierdie gemeente ingesit het. Hierdie gemeente het nie terug gesit en wag om deur hierdie storm verswelg te word nie. Hierdie gemeente het die storm vierkant in die oë gekyk en hom direk gekonfronteer. Derhalwe beoog die Kerkraad om op 29 November 2020 n Dankbaarheidsdiens aan te bied. Die diens sal gevolg word deur n geleentheid vir U en U gesin om saam met ons te kom kuier en n heerlike ete saam met ons te geniet. Gratis. Bring net U gesin, kampstoel, eetgerei en ietsie vir die dors. Die Kerkraad wil graag op hierdie wyse sy dankbaarheid aan U as n gemeente en ook aan ons Hemelse Vader vir sy Seën en Genade gedurende hierdie uiters beproewende tydperk betuig. Op Saterdag 5 Desember 2020 bied ons n “bootsale” op die kerkterrein aan. U bespreek n staanplekkie vir R 50 by die kerkkantoor en kom verkoop U goedere, of dit nou eetgoed is of wat ook al. Daar is net een voorwaarde : die goedere moet vooraf vervaardig wees en U verkoop dit uit U kar se kattebak. Niks mag op die kerkterrein voorberei word nie. Dit wat U verkoop, is U wins. Kom ondersteun asb. hierdie inisiatief, dit beloof om groot pret te wees. Ons doen steeds n beroep op elke lidmaat om die Covid maatreëls te respekteer, ten alle tye verantwoordelik op te tree en asb gesond te bly. .