Datum:
Opskrif:
Nuus:
NG Gemeente Deneysville Terugvoer aan die gemeente aangaande die finansies tydens die Covid 19 pandemie, soos op 31 Julie 2020. Nog n maand van isolasie agv die Covid pandemie is agter die rug. Dit was nog n maand waarin ons kon ervaar hoe ver, hoe diep en hoe wyd die HERE se GENADE en LIEFDE vir ons as n gemeente strek. Ons kon weer ervaar hoe hard HY aan die werk is in ons gemeente. Twee maande gelede, op 31 Mei 2020, het ons afgestuur op ‘n te kort van ± R 250 000 vir die finansiële jaar. Toe verlede maand, op 30 Junie het ons gerapporteer dat die geskatte verlies gekrimp het na ± R 90 000. Op 31 Julie 2020 is dit werklik net GENADE dat ek vir U kan sê dat die geskatte verlies verder verminder het na R 44 000. Ek moet egter nie na laat om U te herinner aan die feit dat ons steeds beplan om n groot dankbaarheidsfees later in die jaar, sou omstandighede dit toelaat, te hou. Die bergroting vir die Wildsfees van R 120 000 is steeds in ons vooruitskatting. Sou so n fondsinsameling nie moontlik wees nie, sal die geskatte te kort natuurlik styg tot ± R 160 000. Ons glo egter dat die HERE dit vir ons moontlik sal maak om ‘n dankbaarheidsfees te kan hou. Hieronder volg n verkorte weergawe van ons finansiële vooruitskatting op 31 Julie 2020. VOORUITSKATTING Begroot Werklik Verskil TOTAAL INKOMSTE R1 175 500 R1 041 779 -R133 721 TOTAAL UITGAWES R1 271 068 R1 085 893 R185 175 SURPLUS / TEKORT -R95 568 -R44 113 R51 454 Die verbetering van ons finansiële situasie is die gevolg van die harde werk van hierdie gemeente, en veral die Here se seën op hierdie werk. Die heropening van ons eredienste is baie suksesvol en dis lekker om weer mense in die oë te kan kyk. Ons is natuurlik beperk tot 50 mense per diens, vandaar die bespreking. U sou ook in die parkeerarea in die veiligheid van u motor na die diens kan luister deur in te skakel om FM 90.0Mhz. Sou ons sien dat ons die beperking van 50 gaan oorskry, beoog ons om n tweede diens dan aan te bied. Ons maandelikse padkafee etes oortref ons wildste verwagtinge en daar gaan binnekort weer wildsvleis “patties” beskikbaar wees. Daar is nog ander geregte, soos wildspasteie, by die kerkkantoor te koop. Ons doen ‘n beroep op U om ons fondsinsamelings projekte te ondersteun. Ons beoog om die eerste Vrydag van elke maand n padkaffee te hou. Die geregte wat aangebied word verskil ook elke maand. Dan kan die hengelaars hulle stokke uithaal en kom lyne natmaak op Saterdag 3 Oktober 2020 by die Zwartfontein Hengeloord op die Villierspad. Koste is R 50 per hengelaar en al die inkomste van die dag word aan ons gemeente geskenk. Bring die familie, bring die bure, bring almal wat jy in die hande kan kry en kom geniet die dag saam met ons. Ons doen ‘n beroep op elke lidmaat om die Covid maatreëls te respekteer, ten alle tye verantwoordelik op te tree en bly asb gesond.