Datum:
Opskrif:
Nuus:
NG Gemeente Deneysville Terugvoer aan die gemeente aangaande die finansies tydens die Covid 19 pandemie, soos op 30 Junie 2020. Verlede maand, 31 Mei 2020, het ons berig hoe die land in die wurggreep van die Covid pandemie is en dat ook ons as n gemeente nie die ellende wat daarmee saamgaan kon vryspring nie. Ons het genoem dat ons as gemeente n tekort van ± R 250 000 in die gesig staar vir die finansiële jaar. U as gemeente het weereens gestand gedoen aan die spreekwoord “ when the going gets tough, the tough gets going” . U het as gemeente ingespring en gewys dat alles moontlik is deur God wat ons krag gee. U het gewys hoeveel krag daar in gebed is. U is die bewys dat God ons gebede verhoor het. Terwyl ons glad nie n basaar kon hou nie, het ons reeds meer as R 148 000 ingesamel onder die vaandel van die basaar. Dit sluit in talle woekerprojekte wat ons as gemeente aangepak het. Hierdie harde werk het ons dan hierdie maand in staat gestel om die verwagte te kort af te werk tot n geskatte te kort van R 90 625 vir die finansiële jaar. Die feit dat ons weer dienste hou stel ons in staat om weer erediens kollektes op te neem en ons dankoffer bydraes is ook besig om te verbeter. Hier onder volg n kort opsomming van die vooruitskatting vir die finansiële jaar : VOORUITSKATTING Begroot Werklik Verskil Totaal inkomste R1 175 500 R1 025 915 -R149 585 Totaal uitgawes R1 271 068 R1 116 541 R154 527 Surplus/tekort -R95 568 -R90 625 R 4 942 Die syfers hierbo sluit steeds n begrote bedrag van R 120 000 in vir die Wildsfees. Hoewel die wildsfees in sy huidige vorm nie sal plaasvind nie, beplan ons steeds as die Here so wil, ‘n fees later in die jaar. Dit sal n DANKBAARHEIDSFEES wees. Ons doen ‘n beroep op elke lidmaat om die projekte wat die gemeenye nou aanpak te ondersteun ter aanvulling van ons fondse. In dieselfde asem wil ons aan elkeen van u dankie sê vir u offerbereidheid en harde werk. U liefde vir die Here is groot. Bly asb gesond en treë asb verantwoordelik op in elke opsig. Finansiële voorsitter: Frans Erasmus. .