Datum:
Opskrif:
Nuus:
NG Gemeente Deneysville Terugvoer aan die gemeente aangaande die finansies tydens die Covid 19 pandemie. Die Covid 19 pandemie het die wereld en Suid Afrika tot in sy fondamente geskud. Die NG Gemeente Deneysville het ook nie sy kloue ontsnap nie en ons gaan ernstig gebuk as gevolg daarvan. Tot op hede was ons in staat om al ons finansiële verpligtinge na te kom, salarisse te betaal en ons kon ook uitreik na hulpbehoewendes. Sou die huidige situasie onbepaald voortduur sal ons nie verder ons weg oopsien nie. Ons huidige vooruitskatting dui op n te kort van ± R 250 000 aan die einde van die finansiële jaar. Huidiglik moet ons reeds van ons maandelikse uitgawes uit ons geldmark fonds finansier en teen die einde van die jaar sal ons dan geen reserwe oor hê nie. Ons is dankbaar dat ons wel in beter jare n reserwe kon opbou. As gevolg van die pandemie het ons dankoffers en erediens kollektes afgeneem en kon ons basaar, wat n baie groot hupstoot in ons begroting is, nie plaasvind nie. Ons is steeds hoopvol dat die wildsfees, of iets soortgelyks, wel later in die jaar kan plaasvind. Beide die basaar en die wildsfees is groot bydraers tot die inkomste in die begroting. Ons uitgawes word steeds baie goed beheer en geen krities noodsaaklike uitgawes word toegelaat nie. Hiermee n verkorte vooruitskatting vir hierdie finanslële jaar: Ons doen n beroep op ons gemeente om ons woekergeleenthede, wat daarop gemik om ons inkomste aan te vul, te ondersteun en daaraan deel te neem. Intussen hou ons nie op om te bid vir ons land en sy mense in hierdie tyd nie, so ook vir ons gemeente en gemaanskap. Ons vertrou dat die HERE ons hier deur gaan lei en ons veilig sal hou.