Datum:
Opskrif:
Nuus:
Aankondiging. Goeie dag. Almal vra oor die eredienste. Hierdie is ‘n moeilike besluit en ons het dit van alle kante af gedebateer. Daar is diegene wat nie kan wag dat die kerkgebou se deure weer mag oop, en daar is diegene wat die dienste nog langer toe wil sien twv gesondheidsredes. Die dagbestuur het probeer om albei partye tegemoet te kom en het daarom as volg besluit oor die eredienste. 1. Dit is elke lidmaat se plig om verantwoordelikheid te neem vir sy/haar eie gesondheid. Ons wil hê jy moet daardie reg uitoefen. As jy wil tuisbly omdat jy jouself onveilig ag wat betref die virus, of om welke ander rede, bly asb tuis. As jy nie kan wag om dienste by te woon nie is jy baie welkom om vanaf 7 Junie 2020 na die kerkgebou te kom. Ons versoek jou ernstig dat as jy enige simptome het, al is dit net ‘n verkoue om liefs tuis te bly twv ander (naasteliefde). 2. Ons gaan aan soos ons nou doen met videos en klankopnames van die eredienste wat uitgestuur word op Sondae tot verdere kennisgewing. So kan jy steeds ongeag van jou besluit die dienste volg. 3. Ons hoop om in die komende twee weke “live streamings” op Sondae te probeer doen. Sou dit goed werk sal dit deel van ons eredienste bly in die toekoms. 4. Bykomend sal ons soos per regulasies die eredienste oopstel onder die volgende voorwaardes: a. Elkeen neem verantwoordelikheid vir sy/haar gesondheid en vir jou medemens s’n Ek herhaal maar dis belangrik). Daarmee word bedoel as jy ‘n onderliggende kroniese probleem het, of ‘n hoë risikos is vir die virus moet jy asb tuis bly. As jy nie 100% gesond voel nie moet asb nie eredienste toe kom nie twv ander. Die diens sal beskikbaar wees om 09:00 of op youtube of as stemboodskap uitgestuur of op die webblad. b. Dit is selfdissipline tyd. Hou asb by die regulasies. Ons sal alles doen soos per regulasie vir die voorbereiding van die gebou voor en tussen dienste en weer na die diens. U moet asb saam werk. Help diegene wat aan diens by die deur gaan wees. c. U moet asseblief vooraf by die kerkkantoor bespreek vir die diens wat jy wil bywoon. Omdat getalle beperk word tot minder as 50 sal daar DV ‘n erediens om 09:00 wees en weer een om 10:30. Die dienste gaan korter wees, GEEN SANG, en ons gaan sosiale afstande moet toepas. Geen handdrukke en drukkies nie en geen kuier na die tyd op die terrein nie (eks vreeslik jammer) en ons sit 1.5m van mekaar af. Help ons met die regulasies sodat ons kan oopbly en gesond bly. As jy ongemaklik is hiermee, bly asb tuis. d. Besprekings vir die twee dienste is by 016 3711405 op Maandae en Donderdae tussen 09:00 en 16:30. Geen bespreking, geen toegang. e. Ons sal temperatuur neem en aanteken, die nodige vrae vra oor jou gesondheid, soos vereis, jou volle name en selnommer en adres neerskryf, asook (soos vereis) die naam en selnommer van die persoon wat by jou bly. f. Jy moet asb ten alle tye jou masker dra. Selfs in die diens ook. g. Al die regulasies geld. Werk asb saam. h. Ons sal die situasie monitor en indien nodig nog ‘n diens bywerk of aanpas sou omstandighede of regulasies anders vereis. 5. Ons wil dit weer duidelik stel: Ons doen ons bes om risikos te beperk. Dit is egter elke lidmaat se individuele plig om verantwoordelikheid te neem vir hom- of haarself. Jou gesondheid is jou verantwoordelikheid. Neem ook jou naaste in ag. Ons respekteer jou en jou besluit. 6. Ons het jou lief en ons mis jou. Jou gesondheid is vir ons belangrik en so ook elke ander lidmaat wat ons naas jou lief het. Bly asb gesond en veilig.