Datum:
Opskrif:
Nuus:
Die kerkraad is besig met 'n proses van selfondersoek omdat ons wil groei in ons gehoorsaamheid aan die Here en ook besef dat die wêreld soos ons dit geken het nie meer bestaan nie. Ons ondersoek ons self veral op die volgende terreine: 1. Diensbaarheid. 2. Onderlinge verhoudinge 3. Verhouding met God (sentraal in ons ondersoek). 4. Eksterne faktore Daar is by ons in hierdie proses geen "hulle" of "julle" nie; ons blameer of soek nie nou die fout elders nie. Ons is vir nou besig met ons self. Eerlik en opreg en oop voor God en mekaar. Ons gaan u uitnooi om deel te word van hierdie proses. Baie dankie.