Datum:
Opskrif:
Nuus:
Vanaf die finansiële kommissie die volgende: Die finansiële posisie van die gemeente soos op 31 Desember 2019: Inkomste R1 060 085 Uitgawes R1 037 758 Surplus R22 327 Ons het begroot vir 'n tekort van R144 252 vir die jaar. Kom ons dank die Here vir wat Hy vermag het hierdie jaar. Van myself af: 'n Groot dankie aan almal vir hulle dankoffers, donasies, hulp en tyd. Dit word opreg waardeer. Dankie here vir U genade aan hierdie gemeentetjie van U. Ons loof en prys U en bly op U alleen vertrou. Ek vra ook, Vader, dat U U kinders sal bly seën volgens U wil. In Jesus Naam , Amen.