Datum:
Opskrif:
Nuus:
AANGESTUUR DEUR KOMMUNIKASIE NG KERK VRYSTAAT Goeiemôre almal Algemene Sinode: Dag 4 (Woensdag) AlmatineAlgemene Sinode: Dag 4 Die rol van die kerk in 'n verdeelde samelewing: Dr Almatine Leene van NG Stellenbosch-Wes lei die dagwyding en lees uit Filippense 2:1-5. Sy vertel hoe ons die gemeenskap van die Gees kan ervaar deur medelye, troos en liefde, meelewing en ontferming. Ons almal is gebroke mense en het die troos van Jesus Christus nodig. Ons kies nie mekaar nie, maar in die kerk is ons aan mekaar gegee. Sy haal Henry Nouwen aan wat geskryf het: Ons moet fokus op die armes, nie omdat die armes ons nodig het nie, maar omdat ons hulle nodig het. Diversiteit in die vroeë kerk: Prof Marius Nel praat oor die geweldige diversiteit van die Romeinse Ryk waarin die vroeë kerk moes funksioneer. In die groot stede van die ryk, waar die diversiteit op sy hoogste was, het die kerk die meeste geblom. Hy vra: Wat in die DNS van die vroeë kerk het dit vir hulle moontlik gemaak om te floreer? Die rede is omdat die klem geval het op eenheid eerder as eendersheid. Die unieke bydrae van die kerk is die strewe om soos Christus te word in hierdie gepolariseerde samelewing en om te lewe vanuit God se genade. Tafelgesprekke kyk na: Watter genade het jy ontvang? Wie maak saam met jou die liggaam van Christus heel? Watter polariteit in die samelewing moet jy deurbreek vir ’n Christus-oriëntasie? Wie is jou familie? Etiese onderskeiding: Die Algemene Taakspan Leer en Aktuele Sake lê hulle verslag oor etiese onderskeiding voor. Ds Heerden van Niekerk kyk hoe ingewikkelde etiese kwessies hanteer kan word. Dr Fanie Cronjé praat oor die strewe na geldigheid en vra dat veilige ruimtes vir luister en gesprekvoering geskep moet word. Pieter van der Walt gesels oor Egte Gesprek, ’n raamwerk vir etiese onderskeiding in gemeentes. Hierdie konsep-dokument spreek vyf temas aan, naamlik dialoog, perspektief, konsensus, helderheid en wysheid. Grafika: KerkbodeTeologiese diversiteit en teologiese opleiding: Prof Frederick Marais gee ’n kort inleiding oor die uitdagings van diversiteit en beklemtoon dat ons eenheid in Christus is: Christus regeer sy kerk lewend, persoonlik en aktueel. Hy wys op die belydenis dat die lewende Christus aanwesig is wanneer gelowiges vergader en leiding gee en deurbrake bring. Ons moet dus verwag dat ons uitkoms sal beleef wanneer ons vasgeval raak. Hy gesels oor die geskiedenis van die kerk. Dis nie net kundiges wat namens almal dink nie, alle betrokkenes is deelnemers en medeskeppers. Lees hier verder - met dank aan Danie Mouton van die NG Kerk in Oos-Kaapland (Grafika: Kerkbode). Kerkargiefverslag: Bossie Minnaar wys vir die sinode die argief se webwerf waar daar onder meer soektogte na inligting gedoen kan word. Hy wys op die riglyne van wat gemeentes moet bewaar. Daar is onder meer wetlike bepalinge ter sprake. Hy verwys na die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAJA) wetgewing en die POPI-wet, wat oor die beskerming van persoonlike inligting gaan. Daar is 'n argiefbeleid ontwikkel met riglyne vir die hantering van materiaal, van registers en vir die insameling van argivalia. Die argief in Stellenbosch bedien sedert September 2011 ses sinodes, die Algemene Sinode en VGK en beslaan tans 5.2km se rakspasie. Die toekoms van ons predikantekorps: Cobus van Wyngaard van Taakspan Navorsing verskaf inligting rondom legitimasiesyfers en statistieke rondom die kleiner wordende predikantekorps. Die huidige tendens wys op 'n verlies van 50 poste per jaar. Die wagtyd wat verloop tussen legitimasie en verordening word ook voorgehou. Toeligting word ook verskaf oor hoe jonger predikante aansoek doen om poste regoor die geografiese spektrum vanaf stedelike tot plattelandse gebiede. Lees die volledige verslag hier. Dr Gustav Claassen dedicated the session to the memory and legacy of Professor John Mbiti, who passed away this week. Ecumenical guests brought special messages to the attendees of the 2019 General Synod and their congregations. Peter Langerman of the Church Unity Commission, Isabel Phiri of the World Council of Churches, former president of the World Community of Reformed Churches Jerry Pillay, Zipho Siwa of the South African Council of Churches and Edwin Zulu from the All African Conference of Churches shared their thoughts on the future role of the Dutch Reformed Church within the South African and international context. The consensus was that the church has a monumental responsibility to be a beacon of hope, to find fresh missional approaches and to play a pivotal part in the continued healing of the people of this country. Volg die regstreekse nuusdekking van die vergadering hier. Wees stil en weet: Ek is die Heer. Bly waak en bid; volhard in geloof. Ek is by jou soos Ek beloof... Mooi bly, tot môre... Thea