Datum:
Opskrif:
Nuus:
Deneysville Wildsfees 2019 Die jaarlikse Deneysville Wildsfees vind plaas op Saterdag, 20 Julie, op die plaas Leeukop net buite Deneysville langs die R716 in die rigting van Vereeniging. Die fees spring aan die gang vanaf 11:00 wanneer meer as 40 stalletjies gaan begin sake doen. Die aanbiedinge van die stalletjies is baie uitlopend en baie interessant. Daar gaan natuurlik stalletjies wees wat uitsluitlik fokus op eetgoed en drinkgoed. Wildsvleisgebaseerde eetgoed sluit in biltong, hamburgers, worsbroodjies, jaffels en krokodil op die spit. Verder gaan daar ook gepluiste varkrolle beskikbaar wees wat baie gesog en gewild is. Drinkgoed sluit in keurige koffie, koeldrank en ’n verskeidenheid drankies van plaaslike vervaardigers soos onder andere handwerkbier (craft bier) en jenewer. Baie speletjies en kompetisies deur die dag belowe pret vir die hele gesin. Die klanke vanaf die musiekverhoog gaan heeldag verskaf word deur die bekende TNT Plofstof orkes, asook die baie gewide sanger Ricky Faber. Die seremoniemeester, Armand du Preez van Deneysville, gaan ook self ’n paar liedjies sing. ’n Spesiale skemer wildsete word vanaf 17:00 tot 18:00 bedien. Kaartjies vir die ete, wat wilde vark op die spit, verskeie potte soos wild, skaap en hoender, bykosse en nagereg insluit, beloop R150 vir volwassenes. Kinders (12 en jonger) betaal R80. Navrae by Frans (083-455-1642) of Ria (082-469-2350)