Datum:
Opskrif:
Nuus:
Goeie more Hier is inligting oor die Sasolburg jeugsorgsentrums se nood en behoeftes. As u kan help sal dit baie waardeer word. As u dalk 'n insamelingsaksie by u werk wil begin en so skenkings insamel sal dit wonderlik wees. Groete Carlie INLIGTING OOR INKOMSTES EN UITGAWES SASOLBURG JEUGSORGSENTRUM (JUNIE 2018): Sasolburg Jeugsorgsentrum het ‘n seunshuis en ‘n dogtershuis wat elk 12 kinders het met ‘n kinderversorger en aflos wat hul versorg. Elke huis het sy eie voertuig en ‘n assistent (wat sorg vir wasgoed en die huis skoon maak) Staatsubsidie dek op paar rand na amper jaarlikse salarisse (40% van totale uitgawes). Ons het ELKE WEEK in ELKE huis die volgende voorrade nodig (oorweeg asb biddend of u nie een van hierdie items eenmalig of weekliks verantwoordelikheid voor wil aanvaar nie): 750g (1 groot blik) koffie; 5kg suiker; 12 liter melk; 100 sakkies gewone tee; verskeidenheid broodsmere (bv. bovril, grondboontjiebotter, stroop, appelkooskonfyt, sandwich spread, nutella); 36 eiers; 2 kg margarien vir brood smeer; Verskeidenheid pappe en kitspappe (bv. 1kg oats per ete, weetbix, maltabella); 2 kg rys; 2kg macaroni; 2 kg spaghetti; 750 ml mayonaise; 750ml tamatiesous; 2,5 kg koekmeel; 10kg aartappels; 15 vrugte per dag; 1,5 kg kookvleis; 1 kg maalvleis; 15 stukke wors; 1kg sopvleis; 2kg hoender; 7 bottels aanmaak koeldrank; 5 liter stasoft; 4 kg waspoeier vir outomatiese masjien; 2 liter skottelgoedseep, bv. sunlight liquid; 750 ml Handy Andy; 1 liter Pine gel Dis ‘n bonus as ons die volgende kan kry: Kaas; 2 minute noodles; blikkieskos; russians; viennas; enige speserye; bakpoeier; hondekos vir seunshuis se hond (dogtershuis se hond se kos word reeds geborg). Vir skoolklere gebruik ons by Fakkelskool grys broeke, grys kouse vir seuns en wit kouse vir dogters; groen truie; groen windbreakers; groen handskoene en serpe (opsioneel). Ons sal ook baie dankbaar wees om klere vir ons kinders in Laerskool Fonteine te kry. Individuele grotes is op aanvraag beskikbaar. Sportdrag en -toerusting vir ons kinders is ook ‘n groot uitdaging, en veral ook ontspanningsdrag vir ons seuns (meer inligting is op aanvraag by versorgers beskikbaar). Ons maandelikse uitgawes: Seunshuis: Dogtershuis: Voedsel en kruideniersware R9625 R9625 Water R3250 R3250 Elektrisiteit R3500 R3500 Telkomfoon belgeld R360 R360 Data vir internet R100 R100 Brandstof R2500 R2500 Onderhoud voertuie R1250 R1250 Seunshuis: Dogtershuis: Medikasie kinders R625 R625 Skoolskryfbehoeftes R417 R417 Ander skooluitgawes, uitstappies R333 R333 Toiletware R1000 R1000 Sekuriteitsfirma R150 R150 Versekering en lisensies R917 R917 Gas vir kook van kos R450 R450 Skoonmaakmiddels R300 R300 Klerasie kinders R1250 R1250 Linne en breekware R625 R625 Kantooruitgawes (papier, drukink) R167 R167 Versekering inhoud huis R423 R423 Onderhoud van toerusting R333 R333 Onderhoud van geboue R2083 R2083 Posgeld R100 R100 Heffings en registrasiegelde R42 R42 Reis en verblyfgeld R1158 R1158 Belangrike opmerkings oor uitgawes: 1. Skenkings van donateurs van bv. kos en produkte gaan af van die begroting vir die item, en maak dus ‘n baie groot verskil. Ons begroot bv. R25 per dag per kind vir kos. 2. Ons eenheidskoste vir water en elektrisiteit is baie hoër as gewone huishoudings, want hoe meer water jy gebruik, hoe hoër is die eenheidskoste, en ons het saam met versorgers 14 mense per huis. 3. Ons maatskaplike werker werk ook by ander jeugsorgsentrums en bly in Heilbron. Ons moet vir haar reiskoste en ook verblyf vir een aand per week betaal. Daar is ook tolgelde as ons personeel Bloemfontein of Kroonstad toe moet gaan vir opleiding of ander sake in belang van ons kinders. 4. Die posgeld is vir die versending van uitgawebewyse na Engo se rekenmeester in Welkom wat maandeliks ons boeke doen 5. Ons het in 2018 drie skoolverlaters wat elkeen R1500 moet ontvang as hulle huis verlaat. 6. Besoek ons gerus vir aktiwiteite en nuwer weergawe van ons behoeftes by https://facebook.com/SasolburgJeugsorg 7. Alle bydraes aan Sasolburg-Jeugsorgsentrum kan direk in die volgende rekening inbetaal word (onthou asb ons is geregistreerde NPO en kan ‘n Artikel 18A-kwitansie uitreik as ons u inligting het): Sasolburg Jeugsorgsentrum FNB, Rek: 626 375 156 12 Tak: 23093600, Sasolburg. 8. Ons verwelkom graag besoekers by ons huise. Ons kinders geniet dit baie as mense in hulle belangstel. 9. Vir meer inligting kan daar gerus direk met die versorgers geskakel word: Seunshuis: Paula Zeelie Tel: 016 976 1284 Sel: 073 306 3188 Epos: 22vlaardingen@gmail.com Dogtershuis: Corrie Muller Tel: 016 976 5670 Sel: 083 296 3016 Epos: 31hansvanrensburg@gmail.com