Datum:
Opskrif:
Nuus:
Tel: +27 (0) 51 406 6719 | Faks: +27 (0) 86 609 2547 | E-pos: kerkinfo@ngkvs.co.za | Posbus 11412 | Universitas 9321 8 Januarie 2018 Alle leraars, voorsitters van kerkrade en lidmate van die NG KERK VRYSTAAT (asook belangstellendes) Beste kollegas, broers en susters BYDRAES VIR VRYSTAAT RAMPFONDS Die jaar begin op ‘n hartseer noot nadat verskeie brande die afgelope naweek groot skade veroorsaak het in die distrikte van Boshof, Dealesville, Hertzogville en Hoopstad. Ongeveer 60 000 hektaar weiding is vernietig en talle diere het ook in die brande omgekom. Daar is regtig groot nood op sekere plekke met veral ‘n groot behoefte aan veevoer. Die Interimkomitee het ‘n rampfonds geïnisieer en gemeentes/belangstellendes wat wil bydra, kan sodanige bydraes in die rekening van die NG Kerk Vrystaat (sien hieronder), maak. Die inbetalings moet duidelik gemerk word vir die “VS Rampfonds”: Hierdie fonds sal baie verantwoordelik en met deursigtigheid deur die Sinode se Bediening: Ondersteuningsdienste geadministreer word om fondse na die regte kanale te allokeer. Ds Gideon Lamprecht wat die leiding geneem het met die droogtehulp, sal ook hierdie hulp koördineer, sy kontakbesonderhede is, sel 082 417 0507 en e-pos gideon.lamprecht777@gmail.com. Ons doen ‘n beroep op gemeentes/belangstellendes om ‘n bydrae te maak en op dié manier uitdrukking te gee aan die woorde in 1 Kor 12:26: As een lid ly, ly al die lede saam. Vriendelike groete in Christus. Dr Pieter van Jaarsveld Ds Riaan van Zyl Dr Carin van Schalkwyk VOORSITTER Bankbesonderhede: ABSA Bank Rek: 470 000 406 Tak: 334 134 NB! VERWYSING: VS Rampfonds