Datum:
Opskrif:
Nuus:
23 jaar van genade en leiding van die Heilige Gees. Vandag 23 jaar gelede is hierdie gemeente gestig. Deur die genade van die Here. Ons is gemaan vanuit Bloemfontein Sinodale kantore, julle is te klein. Gemeentes smelt saam. Afstigting gebeur nie meer nie. Maar ons het die Here gehoor en ons het die Here gevolg. Want God het anders gedink. Hier is 'n stukkie van God se geskiedenis met ons: • In 1970 lei die Here die kerkraad van Oranjeville om buitedienste een maal per maand in Deneysville te hou. • Op 26 April 1970, na 'n groot poging van die Deneysvillers, word die saal in gebruik geneem. • In 1979 moes daar noodgedwonge met eredienste elke Sondag hier begin word. Die sakramente word vir die eerste keer op Deneysville bedien. • 12 Februarie 1983 word prop Pieter Oberholzer as leraar vir Deneysville-wyk bevestig. • Op 13 Junie 1987 bring die Here prop Carlie Schiel hierheen • En op 17 Junie 1994 stig Deneysville af van Oranjeville. • En op ….......... bring die Here u hierheen. God wag nie op ander nie. God wag nie op mense nie. God neem die insiatief. God werk self Sy plan uit. God gaan na Abraham en sê: Ek wil 'n verbond sluit met jou … God doen dit want Hy weet Abraham en sy nageslagte gaan dit nodig kry. God gaan haal vir Moses. Vir Jeremia. Vir Petrus en Johannes. En God gaan haal Saulus op sy vervolgings-pad na Damaskus. En God gaan haal vir u en my, bring ons tot bekering en kom plaas ons hier saam in Deneysville. En vandag stuur God ons steeds na die wêreld toe om te getuig van Sy liefde en genade. Vandag vier ons met dankbaarheid God se genade aan ons. Dankie Here vir U goedheid en trou. Dankie Here vir U genade en leiding en wonderwerke. Ons loof U troue God! Ons gee ons lewens opnuut weer vir U.