Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Wat maak God se hart vinniger klop? Die antwoord sal jou verras. Lees Psalm 82. Trouens lees die psalmboek. Keer op keer merk ek op dat geregtigheid, die omgee vir swakkes, die opstaan en praat namens hulle wat dit nie self kan doen nie, die beskerming van swakkes en en die dinge is wat God wil sien gebeur. God wil sien ons het lief genoeg om iets t gaan doen vir hulle wat stief behandel word. Wat swaar trek. In Psalm 82 gaan dit oor God wat leiers en stelsels veroordeel en hofuitspraak doen omdat hulle nie omgegee het wat word van die mensies wat weerloos was nie. In Psalm 81 gaan dit oa oor luister. God hoor die volk se geroep en God antwoord maar die einste volk wat Hy bevry het luister nie as God praat nie. Ek is bevrees dat hierdie twee psalms, wat rug ten rug staan by wyse van spreke, ons skerp aanspreek: Raak betrokke. Maak 'n verskil ('n positiewe een). En ja, in die tradisie van hierdie gemeente, gaan maak dit 'n saak van gebed voor die Here.