Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Die laaste tyd dink ek baie hieroor.Op watter maniere eer jy God? Vir myself: (en ek sê dit nie asof ek dit elke dag vermag nie) *Ons eer God deur my gebede: gebede van dank, lof en oorgawe. *Ons eer God deur my afhanklikheid van Hom te bely en te leef in afhanklikheid van Hom. *Ons eer God deur musiek: liedere gesing. Aanbidding en lofprysing. *Ons eer God deur mekaar lief te hê en mekaar te vergewe. * Ons eer God deur ons dankoffers. Maleagi is die groot vraag: Waar is die eer wat My toekom, vra die Here? En dan praat Hy van hul offers en dankoffers. * Ons eer God deur hoe ons bestuur en ander vorme van wetsgehoorsaamheid. *Elke aspek van ons lewens behoort God te eer.