Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Ek gesels so twee Maandae terug met 'n oom en ons gesels oor die Here. Hy vertel my, dat sy eerste gebed vir die dag is om sy bed op te maak. Want terwyl hy bed opmaak begin hy dankie sê vir 'n klomp seeninge wat die Here reeds gegee het bv 'n goeie nagrus; warm komberse; veiligheid deur die nag en so kan jy aangaan. Ek leer dat hy met dankbaarheid begin en dit help om dit prakties te koppel aan iets wat jy elke dag doen. Iewers het ek Amerikaanse offiser hoor praat wat sê as jy suksesvol wil wees dan begin jy deur jou bed op te maak. Dan het jy reeds een taak suksesvol voltooi. Dit daag my uit om te dink oor alles in my dag en hoe dit my kan hou by dankbaarheid en lofprysing aan God. 'n Hart gevul met dankbaarheid is tog iets kosbaars om te beleef. Die meeste van ons bid voor ons eet. Vir sommiges is dit 'n rymie wat jy uit gebruik oopsê. Vir ander is die rympie 'n hartsaak gedeel met God en met mekaar. Ander bid dalk spontaan vir dit wat in die bord is. My punt is kom ons brei dit uit na ander handelinge in die dag soos bv as jy bd opmaak. Paulus het ons tog geleer: Bid gedurig. (1 Tess 5: 17) (Kortste vers in die Bybel) Ook in Efes 6: 18.