Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Psalm 73 Hierdie psalm gryp my aan. Dit gaan oor 'n stukkende gemeenskap waarin kwaaddoeners en oneerlikes floreer. Met tye voel dit sommer eg Suid-Afrikaans. Die digter, Asaf, worstel met die voorspoed van die ouens wat die verkeerde najaag. Hy glo in God maar God maak nie vir Hom sin nie. Die goddeloses dra hulle korruptheid met trots en het geen respek vir God nie. Die keerpun kom toe Asaf weer bitter wou kla en besef maar as hy sy mond sou uitspoel oor alles wat hy dink gaan hy 'n onreg doen aan die mense wat wel aan God behoort en aan God vashou as hul enigste hoop. Hy het diep gaan nadink om iewers tot verstaan te kom maar dit was vir hom bitter moeilik . Dit wil sê totdat hy in die heiligdom van God ingegaan het. In die heiligdom het hy die uiteinde van die goddelose besef en hy kon tot rus kom. As ek dit kan ooor trek na ons konteks. Hy het gesukkel met alles wat om hom gebeur en die welvaart van korruptes totdat hy in die teenwoordigheid van God gekom het. In die teenwoordigheid van God kom die deurbraak. As ons dan vasgevang raak in wat om ons gebeur, breek jou aandag af van alles wat jy sien en hoor en draai na God toe. By Hom lê die uitkomstes en die oplossings. God verander dikwels net ons persepsies, soms die omstandighede, ander kere stuur Hy dinge in 'n ander koers. Die punt is, by God kom daar vrede en hoop. Vertalings verskil, maar die NIV vertaling vertaal vers 25 as daar is niks op aarde wat ek begeer as net vir U, Here. Mag ons in God se teenwoordigheid so vernuwe word dat God al is wat ons na smag.