Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Rugby en geloof. Jesus ken die mens Johannes 2: 23- 25 “ Terwyl Jesus vir die viering van die paasfees in Jerusalem was, het daar baie mense tot geloof in Hom gekom toe hulle die wondertekens sien wat Hy doen. Maar Hy het Hom nie op hulle verlaat nie, omdat Hy geweet het hoe hulle almal is. Hy het nie nodig gehad dat iemand Hom iets van 'n mens vertel nie, want Hy het self geweet hoe mense is.” As ek so kyk dan is daar vier soorte rugby ondersteuners. Daar is die spelers, en skeidsregters en afrigters. Mense wat direk betrokke is by die spel. Kom ons fokus veral op die spelers. Dit is hulle at hulle lywe op die spel plaas, hulle harte uitspeel week na week. Hulle is passievol oor rugby. Die tweede groep is die toeskouers. Getrou is hulle week na week op die paviljoen om hulle span te ondersteun. Self speel hulle nie maar hulle is daar. En hulle is passievol. Dikwels getooi in hulle span se kleure. Die derde groep is getrou voor die televisie. Hulle mis nie sommer ‘n wedstryd nie. Hulle is dikwels ook passievol. Hulle maak hul week na week gemaklik voor die televisie en kyk in die gemak van hulle lapa of sitkamer na die spel. Van hulle skreeu ook op die skeidsregter en op spelers wat droog maak. Die verskil is net dat hulle bitter min “effort” in sit, min moeite doen vir die spel nie. En hulle ervaar nooi t die atmosfeer nie. Die vierde groep volg rugby in die koerante en elketroniese media. Hulle wil weet wat die telling is en wie het die punte aangeteken en wie het wat verbrou, sodat hulle kan saamgesels en kritiseer. Verder is hulle onbetrokke. Ek wonder hoe sou ‘n mens hierdie vier groeperinge kon indeel in Johannes se meedeling oor Jesus? En dalk in gemeente wees in. Is hier ook vier soorte betrokkenheid? Is daar die wat week na week opdaag om God te ontmoet en die “atmosfeer” wil beleef van die ontmoeting; hulself wil gee en hul self op die spel plaas vir God in die week. Wat orals getuig en goed doen, vergewe en liefhê so goed hulle kan. Geinspireer en gedring deur die Gees nederig opoffer vir die koninkryk van God. En dan die groep wat week na week opdaag en ook die atmosfeer van die erediens beleef maar hulle betrokkenheid eindig daar. En is daar ook die groep wat die erediens beter op die televisie of radio kan volg (sikes, verswakdes en te bejaard uitgesluit). En dit vanuit die gemak van hul huis sonder enige opoffering of moeite. En laastens die wat graag praat oor die nuutte haat van die gemeentes in die media. Maar self total onbetrokke leef. En dan wonder ek of die grootste gevaar vir die gemeentes dalk glad nie die sg post Christendom, of die liberales is nie maar eerder die gebrek aan dissipels, aan “spelers op die veld” en mense wat in die week Christus leef. Mag die Here ons eien as passievol besig om Hom te leef, orals en elke oomblik van ons lewens.