Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Vanoggend lees ek in 'n artikel oor die nuwe redakteur van die Kerkbode dat hy hierdie gesegde aanhang: "You can't think your way into right acting; you have to act your way into right thinking." Voeg hierby ander artikels, "tweets" ensomeer van die afgelope tyd wat sê 'n mens moet iewers by de punt kom waar jy net begin doen soos Jesus gedoen het en soos Jesus ons geleer het. Byvoorbeeld: Matteus 7 se moenie oordeel nie. Iewers is nit nie meer genoeg om net dit te weet nie, jy moet dit net doen. Hou op oordeel! Jesus sê doen aan ander soos jy aan jou slf gedoen wil hê. So, gaan uit en gaan den ongevraag iets goeds vir ander soveel jy kan. Jesus sê gaan na al die mense en maak hulle my dissipels en leer hulle om alles te onderhou ... Begin gesprekke voer met mense oor geloof. Wees vir hulle 'n voorbeeld van hoe 'n lewe met Jesus geleef kan wees. Help iemand om in geloof en gehoorsaamheid aan Jesus te groei. Jy kan dit nie doen deur te dink nie. Iewers, verkieslik nou reeds, moet ons begin doen wat ons weet. Leef wat ons weet.