Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Fil 4: 13 is sekerlik een van die mees gebruikte self motiverings verse: "Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee." Ek self het in my basiese opleidingstyd as ons baie rondgejaag is die dag en jy op jou breekpunte kom dit oor en oor vir myself herhaal. Ek is tot alles in staat deur Christus Hesus wat my krag gee. Dalk het jy ook die verse gebruik as 'n soort van gebed om hulp, of net 'n herinnering van wwar ons krag vandaan kom en ons kan deurdruk. Kom ons sit die vers terug in tussen die verse war ons dit uit gehaal het. Sit die sinnetjie terug op haar plekkie: "Ek was baie bly in die Here dat julle na so 'n lang tyd weer gewys het dat julle nog aan my dink. Nie dat julle my ooit vergeet het nie, julle het net nie die kans gehad om iets te doen nie. Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp. Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly. Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. Nietemin het julle goed gedoen deur my in my moeilike omstandighede by te staan." (verse 10 - 14). Skielik gaan dit nie sosser oor my nie maar oor dit wat ek nodig het om te oorkom in my gestuur wees na die wêreld toe. Paulus skryf van sy werk, en dat die dikwels nie maklik was nie, hoe hy honger gely het en ander kere oorvloed beleef het. Hy het geleer om hom in alle omstandighede te behelp. Hy is tot alles instaat deur Hom wat hom krag gee. Nou kan ons moed skep en besef ook ek kan Christus dien en leef. Ook ek kan God se wil leef en doen want ek is deur Christus tot dit in staat. en al kos dit my en bring dit gebrek in my lewe mee, of oorvloed, ek sal ook deur dit kom deur Christus wat my krag gee. As diensknegte van Christus, weet ons die Meester sal ook vir ons die krag voorsien vir ons taak.