Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Kom ons wees dapper en kyk 'n bietjie anders na hierdie frase. Daar is baie mense wat dit beskou as 'm "krag-formule". Dalk doen hulle dit nie bewustelik nie maar onbewustelik. Ek onthou hoe iemand my as 'n jongeling nog vertel het jy moet net gllo en jy moet net in die Naam van Jesus vra en jy sal ontvang.Dit werk nie so nie. God gee ons nie "'n kredietkaart" wat ons met hierdie frase kan gebruik vir wat ons ookal nodig ag nie. In die Naam van Jesus is om te vra vir dit wat Jesus sou gevra het in ons situasie. As ons 'n bietjie meer gewaagd wil dink (ons het nog nie in hierdie oordenking nie.) wat van as ons in ons gedagtes raaksien dat ons vanuit 'n plek dit bid? En die plek is reg langs Jesus. In dieselfde spasie as Jesus. Waar ons Hom raadpleeg oor wat gebid gaan word, of gedoen gaan word nog voor ons bid of doen. Kom ons treë dan ten alle tye op soos Jesus sou. Kom ons sien onsself werk en praat en bid vanuit 'n ruimte, bv soos 'n tent, waar ons saam met Jesus is en saam met Hom optree en bid. Kom ons treë op vanuit Jesus se liefde, en ons praat vanuit Jesus se liefde en Sy liefde bepaal dan ook ons gebede. Ek probeer om met hierdie beelde (my verstaan van die Skrif en van Nouwens) te sê in alles moet ons vanuit 'n intieme saam wees met Jesus praat doen dink en leef. Ons sê dikwels vir mekaar dat as ons maar net soos Paulus kan bely dat dit wat ek leef is nie meer ek nie maar Christus wat in my leef. Met hierdie vreemde manier van stel oor die Naam van Jesus, probeer ek juis dit deurgee: In die Naam van Jesus is om Jesus meer gestalte in jou lewe te laat kry.