Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Here Vandag dank ek U vir die kosbare mense saam met wie ons U mag dien. Ek dank U vir hulle liefde e ntrou aan U. Dit is U wat hulle gevorm het en inspireer tot liefde en diens aan U. Dit is U deur U Gees wat hulle (ons) dring na die eredienste en hulle hoor U een kom getrou. Ek loof U. Ek dank U Here vir hulle trou in die gee van dankoffers. Baie doen moeite om dit self in te bring. Ander betaal elektronies in. Maar gee gee hulle uit eerbied en tot U eer. Wat 'n voorreg om dit te aanskou en deel te wees van sulke offervaardigheid. Ek is aangegryp deur die wete dat hulle spontaan hulle bydraes opwaarts aanpas, selfs in moeilike ekonoomiese tye. Dit kan net omdat U hulle harte so verlig. Daarom prys ek U. Daar is soveel meer aan hulle, Here, soos U weet. Dit wat hulle stil stil op baie terreine doen. Ek dink aan die #liefde in emmers projek en ek word stil voor sulke omgee. Vandag verbreek ek my stilte in 'n loflied aan U: ek sien die werke van U hande. Ek sien die Gees van die almagtige aan die werk. Ek sien hoe U Here Jesus, al meer gestalte in hulle kry. en ek loof U Here!! Ek vra ook vanoggend dat U elkeen sal seën en U hand oor hulle sal hou. Wees U altyd by ons Here. Mag ons guns in U oë vind. in Jesus Naam Amen.