Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Stilte. Arsenus, het by geleentheid gebid: "Lord, lead me into the way of salvation". en die Here het geantwoord "Be silent". Wees stil of selfs bly stil. Vader Macarius, 'n woestynvader, het na 'n die seën aan die einde van 'n diens by geleentheid gesê vlieg broers, vlieg. Een van hulle het gevra waarheen. Macarius het sy vinger oor sy lippe gesit en gesê vlieg weg van dit! Stilte is waar ons God se stem die beste kan hoor. Soos Elia in die ligte briesie God kon hoor. Stilte want in ons besig wees en in ons geraas gevulde wêreld sal ons nooit iets so sag soos 'n aandbriesie kan hoor nie. Maar daar is 'n ander rede hoekom ek hierdie stories ophaal. Ons wêreld is so gevul met woorde, leë woorde, woorde waarvoor daar more nie pa gestaan sal word nie, soos die van menige politici wat die volgende dag verkeerd aangehaal sou gewees het. Daar is woorde wat seermaak. Woorde wat afkraak. Woorde wat van haat drup. In so 'n wêreld kom ons laat ons woorde min wees. Kom ons laat woorde gelaai wees met liefde en genade en hoop. Stil wees en stil bly keer dat ek sonde doen. Want Jakobus 3 sê ons tong is soos 'n vuur en soos die stuur van 'n skip. Sodat ons nie sonde doen nie, en sodat ons nie ons lewens in koerse stuur weg van God af nie, bly ons meer kere stil. Stil bly, wat ek meen is 'n naloper van stil wees, leer ons om ons tong te beheer. Hoekom voel ek stil wees kom voor stil bly? Eenvoudig. Binne in elke mens woed gedagtes en vrese en emosies en en die heel dag uit. As jy jou oë oop maak in die oggend begin jou brein hardloop. Stil bly raak moeilik omdat dit at storm hier binne uitbreek plek soek en die tong bied dit. Maar as dit stil in jou is, dan is daar niks wat wil uitspoel nie. As in die stiltes in jou nuwe inhoude kom soos liefde en vergifnis, deernis met ander se tekortkominge, jy ander verdra in liefde, dan sou dit uitspoel in woorde sal daar nie seerkry kom of sonde nie. Die stilte in jou kan net kom van stil wees in God se teenwoordigheid. Voor of na jou gewone gebede, sit en stilte by God, bewus van net een gdagte: ek is in God se teenwoordigheid. Verder dink jy niks, beplan jy niks, wees jy stil. En as jy hierdie dissipline oor tyd beoefen word dit stil in jou en kom jy al hoe meer vry van hierdie wêreld en sy dinge. Wees stil sodat jy stil kan bly sodat die sonde nie jou tong kan gebruik en jou verkeerde koerse in stuur nie.