Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Romeine 14: 7 - 9 Niemand van ons leef tog vir homself nie, en niemand sterf vir homself nie. As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here. Hiervoor het Christus ook gesterf en weer lewend geword: om Here te wees van die dooies en die lewendes. Dit is duidelik dat daar geen verskil tussen voor en na die dood moet wees nie. En natuurlik is daar 'n verskil want Paulus het lank reeks uitgewys (1 Kor 13) dat ons nou maar ten dele ken wat ons eendag ten volle sal mag ken. Ek besef egter dat my alliansie hier aan Christus ten volle moet wees, netso ten volle soos na my heengaan. My lewe hier spoel oor na my lewe ten volle by Christus. So wonder ek hoekom wil mense "eendag hemel toe gaan" as hulle nie hier Christus wil lewe nie? Dit gaan tog duidelik oor Christus. Ek wonder veral omdat Christus en Sy liefde so kosbaar is dat geen regdenkende mens buite dit sal wil leef nie. Ek wil ons almal aanmoedig om ons lewens te deursoek en seker te maak ons bly in Christus, ons leef Christus, Christus alleen!