Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Bou op die regte Rots deur Stephan Joubert Al weet jy nie wat môre alles vir jou inhou nie, weet jy Wie dit vashou. Ook weet jy Wie jou vashou. Daarom leef jy nie in trurat nie. Jy is nie ’n gevangene jou eie emosies nie. Jy weet dat wanneer môre aanbreek die Here ook daar sal wees. Hy sal daar opdaag, net soos wat Hy gedoen het by elke ander dag tot op hede. God sal betyds wees vir elke dag wat die naam “vandag” dra. Geen dag wat die lewe aan jou gun sal Sy aandag ontglip nie. Nooit sal die Here afwesig wees op jou pad nie. Hy wat deur Jesus ook jou Vader is, sal nooit te besig wees met ander dringende sake wanneer jy na Hom uitroep nie. Dit het nie gister gebeur nie en dit sal ook nie môre gebeur nie. God hou jou vas in sy handpalm. Jou tye, seisoene en jare maak vir Hom saak. Jou lewe het ewige waarde. Leef vandag en môre tegemoet met ’n vrolike hart met jou hand stewig in die Here S’n. Dan bou jy jou lewenshuis op ‘n ewige Rots. Geen stormwind sal jou van koers waai nie.