Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Stephan Joubert Vandag se Goeie Nuus in Saterdag-Beeld: In 1601 het James Lancaster, ’n Britse skeepkaptein, vir matrose op een van sy vier skepe onderweg na Indië daagliks ’n teelepel suurlemoensap ingegee. Halfpad soontoe was 40% van die 278 matrose op die ander skepe reeds dood as gevolg van skeerbuik, maar almal op die vierde skip was gesond. Lancaster het die Engelse owerhede van sy deurbraak verwittig. Nogtans is die noodsaak van vars groente en sitrus op skepe eers in 1747 amptelik deur die Engelse vloot aanvaar. Tussen 1601-1747 het honderdduisende matrose aan skeurbuik gesterf. Dooie reëls en verstokte mense staan orals in die pad om die regte dinge gedoen te kry. Ook in kerke gebeur dit. Eindelose regulasies, tradisies en gesprekke versper dikwels die pad na nuwe lewe en groei. As ons egter dink ons kan God uit-reguleer, gaan Hy ons systap. Feit is, die Here het ons nie so nodig as wat ons dink nie. Hy kan goed klaarkom sonder al ons vergaderings en ordes. God se primêre werksterrein is sy eie koninkryk. Die kerk is maar net een van die sigbare bewyse van God se koninkryk wat besig is om aan te breek. As kerke in God se pad staan, sal Hy elders in die koninkryk sy doel bereik. Hy wil verlorenes opspoor en Hy wil vir stukkendes ’n God wees. Hy wil nie net vergaderings seën; kerklike begrotings laat klop en eindelose beplanningsessies aanskou nie. God het ons lankal in Sy Woord gewys wat reg is. Kom ons hou op vergader hieroor en doen dit net https://www.netwerk24.com/Stemme/Sielsgoed/vergaderings-is-soms-in-die-pad-van-groei-20180713