Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Anders dink. ‘n Aanhaling: “Imagine, brothers and sisters, how different Western history and religion could have been if we had walked as tenderly and lovingly upon the earth as Jesus did. Imagine what the world would be like if we treated others with inherent and equal dignity and respect, seeing ...” Wat as ons anders begin dink? Ons is so gekondisioneer om soos “ons tyd” (die heersende denksisteme vandag) te dink. Ons beeld of idee van God en hoe God is is dalk ook nie so suiwer soos ons dink nie. Ons het dalk net ons eie idee gevorm van bv Jesus. As ek kyk na die mega kerke en hul boodskap dan is dit ‘n toonbeeld van sukses. Duur pakke klere word gedra, eie vliegtuie, duur motors sodat hulle hulle boodskap kan beliggaam: Glo net reg en God sal jou seën. God wil hê jy moet suksesvol wees. Dink terug aan advertensies vir tent-dienste of evangelisasie dienste in die laat 1990ers. Geloofsgenesing is die trekpleister gewees. So onlangs soos drie jaar terug het ek op facebook oa, advertensies gesien vir ‘n kerk wat soos Hollywood drama ontvou met hierdie belofte van krag en mag wat van daar (die kerk/byeenkoms) sou uitgaan. Wat as ek vir jou sê die wêreld hou ook van suksesvolle mense. Van wenners. Die wêreld doen ook die mag en krag spel ding. Wat as Jesus ons nog altyd uitgedaag het om anders te kyk en anders te leef en ons het dit geignoreer? En Paulus het dit ook verkondig: Dink maar net, broers, aan wat julle was toe julle geroep is. Volgens die opvatting van mense was daar nie baie geleerdes of baie invloedrykes of baie mense van aansien onder julle nie. En tog, wat vir die wêreld onsin is, het God uitgekies om die geleerdes te beskaam; wat vir die wêreld swak is, het God uitgekies om die sterkes te beskaam, en wat vir die wêreld sonder aansien of betekenis is, ja, wat niks is nie, het God uitgekies om wat iets is, tot niet te maak. Lees die deel noukeurig deur. En dan weer biddend. En gaan dink jou in die mense se lewens in. Wat leer ons in Handelinge bv van wat God deur gewone mense gedoen het? Om jou vyand lief te hê, om die ander wang te draai is vir die wêreld onsin. Die wêreld sou ‘n Jesus wat die Romeine verslaan en die Fariseers en Familiehoofde verdryf, verstaan het. Hulle sou met lof oor Hom geskryf het. Maar die kruis verhinder hulle want die kruis is vir “losers”, vir ouens wat uitgevang is en deur die sisteem gebreek is. As ons van ‘n ander hoek af in kyk na die vers, die keer vanuit Jesus se woorde dat ons ons vyande moet liefhê en moet bid vir diegene wat ons vervolg sodat ons kinders van ons hemelse Vader kan wees. Dit is so die teenoorgestelde as om vyande vanuit magsposisies te hanteer of net met mag te hanteer. “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen. As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie? En as julle net julle broers groet, wat doen julle meer as ander? Maak die heidene nie ook maar net so nie? “Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.” Bid ons nie soms in magtelose frustrasie dat God ons sal vergeld nie, dat God die wat ons te na kom of dreig sal uitsorteer nie? En as ons dit nie bid nie het ons nie al so ‘n fantasie gekoester nie? Richard Rohr beweer dat die Christendom ietwat verleë is oor die magtelose Een. Oor Jesus wat magteloos aan ‘n kruis sterf. Ons praat van ‘n magsmoment en ons praat van oorwinning aan die kruis, oorwinning oor die dood en oor die Bose. Maar in werklikheid, vir ‘n onpartydige bystander het Hy magteloos daar gehang en gesterf. En in Jesus se eie woorde van God verlate (My God my God, waarom het U my verlaat?) En netso met armoede. Ek luister na gesprekke by die tee na ‘n roudiens hierdie week en hoe ‘n man ogewonde praat van hierdie gemeente wat in ‘n klein kusdorpie oor die 2000 lidmate het en hoe die eredienste gepak is en hulle het ‘n stepdown kliniek (na operasie) en nog dit en dat en en ... Duidelik doen hulle baie. En in Moreletta se “hayday” het almal soontoe gestroom. Want ruik die sukses. En ek vra weer: Is ons verslaaf aan sukses en aan mag en geld? Word ‘n suksesvolle gemeente nie aan twee dinge gemeet nl geld en getalle? Ek sukkel hiermee veral na God ons weereens so ruim geseën het. Ek is God innig dankbaar want Hy en Hy alleen hou ons aan die gang. En terselfdertyd huil ek oor die bywoning van eredienste. En al wat ek ontdek is is dat God sê dat wie jy word is vir my meer belangrik as wat jy bereik. En dat ek mense moet lei om in Hom te word soos Sy Seun Jesus die Christus. Kom ek vat ons na Paulus wat ontdek het (2 Kor 12: 9-10) dat dit oor genade gaan en hoe jy sal ontdek dat as jy/ Paulus swak is is God sterk. Dat God juis dan in sy swakheid met krag deur hom wil werk. En nee, dis nie ‘n resep nie. Dit is ‘n diepe verstaan van ons self. Ek is swak. Ek het niks om te bied nie. Ek hou net aan God vas en volg Sy Seun. Ek het tot die ontdekking gekom (‘n diep gesetelde besef en oortuiging) dat ek, Carlie Schiel, niks het om hierdie gemeente, en hierdie wêreld te bied nie. Niks van betekenis nie. Ek self is van geen betekenis. Hier in my woon Een wat my leer om dit, my niksheid, te bring (dat Hyself dit vul met Homself) na die wêreld sodat hulle Christus kan sien. Richard Rohr wys die weerspreking in ons lewens mooi uit “We worship this naked, homeless, bleeding loser, crucified outside the walls of Jerusalem, but we want to be winners . . . “ Ek beleef dit in myself so. En ek ontdek dat Jesus my al meer rig op ‘n lewe van gebrokenheid. Bv Jesaja 61. Gevolg deur Lukas 4: 18. Weersprekings. In swakheid is daar krag maar as jy die krag begeer en daarom die weg van swakheid kies ontdek jy net swakheid. Kies die Een wat gekies het om magteloos wees en swakheid te kies (teenoor legioene engele inroep om te help) (versoekings in woestyn en gevangeneming/kruis) sodat God se plan kan deurbreek en God verheerlik kan word. Moenie my denke aanvaar nie. Neem die verse wat ek hier gegee het en gaan sit by God daarmee. Bid. Vra. Oor en oor met die vers. Here verstaan ek dinge verkeerd? Here wil U ‘n ander mensheid in my skep? Wedergeboorte. Waartoe word ons wedergebore? Na wat toe of as wat? Na ‘n beter meer effektiewe magtiger weergawe van jouself? Of na Jesus se beeld? Herskep om te kan groei in die word van gelykvormig aan die beeld van Christus (Rom 8: 29; Gal 4:19; 2 Kor 3: 18). Word ons nie gestuur na die armes en die stukkendes en die wat sukkel om God te verstaan? ‘n Laaste aanhaling: “If we look at all the wars of history, we’ll see that God has unwittingly been enlisted on both sides of the fight. It’s easy to wonder what God does when both sides are praying for God’s protection. Trusting Jesus as the archetypal pattern of God’s presence and participation on Earth, I believe God is found wherever the suffering is. I believe this because that is precisely where Jesus goes. He makes heroes of the outsiders and underdogs in almost all his parables and stories. To miss that point is culpable and chosen ignorance. The awakened and aware ones—like Jesus ... go where people are suffering, excluded, expelled, marginalized, and abused. And there they find God. Imagine, brothers and sisters, how different Western history and religion could have been if we had walked as tenderly and lovingly upon the earth as Jesus did. Imagine what the world would be like if we treated others with inherent and equal dignity and respect, seeing the divine DNA in ourselves and everyone else too—regardless of ethnicity, religion, gender, sexual orientation, nationality, appearance, or social class. Nothing less offers the world any lasting future. We must be honest about that—and rather quickly, I think.