Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Geen slaaf van sosiale media nie deur Stephan Joubert ’n Paar jaar gelede was Essena O’Neill ’n Instagram sensasie. Met meer as vyfhonderd duisend volgelinge en ’n kwart miljoen ingeskryfdes op haar Youtube platform, was die wêreld aan haar voete. Op 18 jarige ouderdom was Essena skatryk. Maar toe beëindig sy haar sosiale media-lewe. “The addiction of being liked” het haar diep ongelukkig gemaak, soos wat sy sê. Sosiale media haar identiteit geword. Baie mense het gedink Essena het ‘n droom-lewe. Maar syself het besef dat sy het geen eie identiteit oor nie. “I didn’t even know who I was without social media.” Gelukkig het Essena tot haar sinne gekom. Moenie in dieselfde slaggat trap nie. Sosiale media is besig om ‘n moderne afgod te word. Dit neem miljoene mense se lewens oor, maar dit lewer nooit die dividende op waarop hulle hoop nie. Dit maak mense nie minder alleen of meer gewild nie. Afgode is steeds wat dit nog altyd was- slegte substitute vir God. Dit beloof lewe, maar gee leweloosheid. Dit waarborg vryheid, maar bring nuwe verslawings. Dien die lewende God, nie afgode nie. Nee, jy hoef nie alle sosiale media te verban nie; breek net hulle greep oor jou lewe in die Here se Naam.