Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Markus 1: 32 – 39 OORDENKING (Matt. 8:16-17; 4:23; Luk. 4:40-44) 32 Toe dit aand geword het en die son al onder was, het die mense al die siekes en dié wat in die mag van bose geeste was, na Hom toe gebring. Die hele dorp het by die deur van die huis saamgedrom. Hy het baie siekes wat allerhande kwale gehad het, gesond gemaak en baie bose geeste uitgedrywe. Hy het die bose geeste nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle geweet het wie Hy is. 35 Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe gegaan na 'n eensame plek en daar gebid. 36 Simon en dié wat by hom was, het Hom egter gesoek, en toe hulle Hom kry, sê hulle vir Hom: “Almal soek U.” 38 Maar Hy antwoord hulle: “Laat ons êrens anders heen gaan, na die nabygeleë dorpies toe, sodat Ek daar ook kan preek, want daarvoor het Ek gekom.” 39 Hy het toe gegaan en dwarsdeur Galilea in hulle sinagoges gepreek en bose geeste uitgedrywe. Word stil. Vra: Wat lees ek hier? Gaan wees nou Jesus vir ‘n oomblik in Kapernaum. Lees die deel weer. Wat gebeur met Jesus? Wat gebeur om Jesus in Kapernaum? Lees weer vers 35: “35 Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe gegaan na 'n eensame plek en daar gebid.” Jesus gaan eenkant alleen bid. Hy doen dit in die stilte van die vroegoggend. Hy doen dit in ‘n eensame plek. Hoekom? In ons antwoord op die hoekom vraag kyk ons na die verse vooraf en daarna. Vooraf is die druk van die skare. Die hele dorpie het opgedaag om te kyk een hulle siekes en mense wat in die mag van bose duiwels was gebring vir genesing. Daar is ook die druk op “te perform!” Hy moet genees. Hy moet die duiwels uitdryf. Sy reaksie hierop: “ 35 Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe gegaan na 'n eensame plek en daar gebid.” Sy reaksie hierop is om te gaan stilword by God. En dan lees ‘n mens weer hoe Simon en die wat by hom was Hom kom soek het. Hulle het vir Hom gesê “Almal soek U.” Kom ons draai nou na binne. Hoe hanteer jy die druk van die lewe? Wat leer ons by Jesus hieroor? Nee, jy kan dit nie aandraai of afdraai nie. Dit is nie ‘n tegiek nie. Dit is ‘n leefstyl van met God leef, vanuit God leef en jou lewe vir God leef. As dissipels is dit seker die belangrikste les om te leer. Jy gaan na God en vanaf God gaan jy die wêreld in. Toe die dissipels Jesus s dat almal Hom soek , toe was Jesus se antwoord “: “Laat ons êrens anders heen gaan, na die nabygeleë dorpies toe, sodat Ek daar ook kan preek, want daarvoor het Ek gekom.” Dit is ‘n beweging na God en vanaf God na mense. Stilword gaan altyd oor tot dade. Stilword is nooi los van doen nie. Ek meen dat stilword is die brandstof vir dit wat ons gaan doen.