Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Jesus gee sy laast opdragte aan Sy dissipels. Matteus 28: 16 ev. Die grond van hierdie deel is geloof. Glo is om jou lewe te laat bepaal deur dit wat jy glo. Vra maar vir Jakobus .... as glo nie jou anders maak doen nie, dan beteken dit niks. Ek sou reken dan is dit maar dieselfde as ongeloof, of dan in die taal van Openbaring, koud of lou. So het Jakobus geskryf: 7 So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood. 18 Maar iemand kan miskien sê: “Die een het die geloof en die ander het die dade.” Goed, wys dan vir my jou geloof wat sonder dade is, en ek sal jou my geloof wys uit my dade. (Jak 2) Ek sê dikwels vir mense op ‘n begrafnis dat die persoon was God se geskenk aan hulle en hulle was God se geskenk aan die oorledene. In ons geval vandag, Jesus was en is steeds God se geskenk aan die mensdom. En in die na hemelvaartsprentjie is ek en jy, Jesus se volgelinge God se geskenk aan die mense om ons, aan Deneysville, die Vaaldriehoek en Suid-Afrika. En ons is self ook ons geskenk aan Jesus. Wat my laat wonder of hierdie geskenk van ons aan Jesus nog waarde dra? Die waarde gemeet aan ons vermoë om Sy dissipels te wees en steeds dissipels te maak in Sy Naam. Mag ek vra: Hoe leef jy jou dissipelskap uit?