Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Dit is Paasfees. 'n Naweek om briek aan te draai en rustig te raak en stil te word by God. Dit is nodig want ons leef al hoe meer gejaagd. En dit is ook so dat gejaagdheid die dood van die siel is. Gejaagdheid dryf ons dikwels al verder weg van God se bedoeling van ons lewens en dikwels is dit ook 'n teken dat ons toenemend inkoop in die "ratrace" in. Of dieper daarin gedwing word. Gebruik dan hierdie naweek om stilte in jou lewe te bring. Die tipe stilte wat jou innerlik kan voed. Paasnaweek is ook die tyd van die jaar wat ons baie meer bewus is van Jesus as ons Verlosser. Ons fokus op Sy lyding en uiteindeike selfprysgawe aan die kruis. Op 'n manier probeer ons Sy laaste aardse week skadu en net saam met Hom "stap". Tot by die kruis waarna ons stukkend en seer oor wat ons Hom gekos het wag op Sy opstanding. En op Paassondag kan ons uitjubel die Heer het opgestaan! Hy lewe! En ons lewe met Hom! Mag hierdie paasfees vir jou en jou gesin 'n kosbare tyd wees. Geseënde Paasfees