Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Hoe moet jy jouself in die nuwe jaar lei? Nuwelinge dink leierskap begin by ander mense. Leierskap gaan oor ander mense, maar dit begin by jou. Vra jong leiers wat gedoen moet word en hulle antwoord begin dikwels met: “Hulle …” Jong leiers kla oor ander in plaas daarvan dat hulle hulle eie verantwoordelikheid aanvaar. Die gevaar van gesag is die neiging dat jy meer van ander as van jouself verwag. Word ‘n vaardige leier as jy merkwaardige spanne wil lei Voorbeeld: Jy is verantwoordelik vir daardie vervelige, eindelose vergaderings wat jy lei. Word ‘n buitengewone eggenoot as jy ‘n buitengewone huwelik wil beleef. Word ‘n uitsonderlike moeder as jy jou gesinslewe wil geniet. Die feit dat die eindresultaat nie gewaarborg is nie, is nie ‘n verskoning om nie jou beste te probeer nie. Selfleierskap is wanneer jy meer van jouself as van ander verwag. Fokus op wat jy moet doen en nie so baie op wat ander moet doen nie. Dien as voorbeeld van die gesindheid en waardes wat jy van ander verwag. Aanvaar 100% verantwoordelikheid vir jou en jou span. As dinge nie verloop soos jy verwag het nie, kyk na jouself. Die antwoord begin by jou en nie by ander nie. Daar is nederigheid as leiers selfleierskap beoefen. Hoe kan jy jouself in 2018 lei? Wil jy ander aanspreeklik hou? Word die persoon met die meeste aanspreeklikheid in jou span. Wil jy ander vertel wat om te doen? Nooi iemand in jou span uit om te sê wat jy moet doen. Uiteraard moet dit ‘n senior lid van jou span wees. Wil jy ander evalueer? Onderwerp jou aan die strengste evaluering. Dit beteken nie dat jy jouself moet evalueer nie. Is dit nodig om streng met ander te wees? Vra ander om streng met jou te wees. Hou op om jou te bekommer oor wat jy nie is nie, wat jy nie het nie en die dinge wat jy nie kan doen nie. Fokus op wie jy is, wat jy het en wat jy kan doen. Ekerk.